By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

1 Desember 2018

Die Transoranje Mark het nou ‘n Aanlyn-Winkel waar ‘n mens pragtige geskenke kan koop. Gaan kyk gerus op transoranjemarket.co.za.

‘n Kersmark word gehou van 30 November - 8 Desember in Polokwane. Die kontakpersoon is Daleen: 082 650 8811.

Die Kroonheuwel Kersmark vind plaas op 4 & 8 Desember in Kroonstad. Vir meer inligting, skakel die nommer op die skerm: 083 635 2851.

‘n Vertoning met Touch Of Class word op 6 Desember by Die Boer teaterrestaurant in Durbanville gehou. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

Nog ‘n Kersmark vind plaas van 7-9 Desember in Alberton. Vir inligting gaan kyk op die web by albertoncraftmarket.co.za.

En laastens is daar ook ‘n Kers-Kunsmark van 14-23 Desember in Parys. As jy meer hieroor wil uitvind, skakel vir Winnie: 082 958 6312.
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site