By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

17 Junie 2017

Die Beefmaster Nasionale Veiling vind plaas op 6 Julie by die Afridome Skougronde in Parys. Rig navrae aan Helga: (056) 817 – 2404.

‘n Elite Trofeewild- en Vlaktewildveiling word gehou op 14 Julie by die Sheldrake Game Ranch in die Soutpansberg-area. Vir meer inligting skakel die nommer op die skerm: (015) 491 – 3141.

Die toneelstuk, Koöperasiestories, is van 19-22 Julie by die Vrystaatse Kunstefees in Bloemfontein te sien.  Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

‘n ‘Night of Praise and Worship’ word op 28 Julie by die Maragon Privaat Skool in Ruimsig gehou. Vir meer besonderhede skakel Sanita: 081 458 4834.

Hoërskool Dr Malan hou Matriekreünie vir sy klas van 1977 op 2 September in Meyerton. Die kontakpersoon is Erline: 082 789 6590.

En laastens is daar Hoërskool Bergsig se reunie vir sy klas van 1977 van 13 - 15 Oktober by die Blaauwpoort venue en lodge. As jy dit wil bywoon, laat weet vir Rachel: 084 598 5985.
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site