By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

18 Maart 2017

Die kroning van Mej. & Mnr. Hartbeespoort word gehou op 25 Maart bo-op Magaliesberg met die Harties Kabelspoor. Vir meer inligting oor dié glansgeleentheid kontak Lorna: 082 443 5387.

'Bark For Life' vind plaas op 25 Maart by die Kolonnade Retail Park en die kontakpersoon is Shari: 084 399 7157.

Die Yskor Pensioenarisvereniging se Algemene Jaarvergadering word gehou op 29 Maart in Pretoria. Rig navrae aan Piet: 082 556 2723.

Die Klipwerf Orkes het ‘n Optrede op 31 Maart by die Klipspruit River Resort. Besprekings kan by Barbara gedoen word: 076 150 5154.

Hoërskool Zeerust se reünie vir sy klas van 1967 word beplan vir November. As jy dit wil bywoon, laat weet vir Bets: 084 621 6610 of André: 082 698 2407.

En laastens beplan die Paarl Handelskool ook ‘n Matriekreünie vir sy klas van1967 hierdie jaar. Skakel Magriet as jy een van hulle was: 073 191 8359.
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site