By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

22 April 2017

Die NG Kerk Warden hou sy 100-Jaar Feesvieringe op 6 & 7 Mei. Vir meer besonderhede skakel die kerk: (058) 643 – 0553.

Laerskool Skuilkrans het ‘n Graad een Opedag vir 2018 op 10 Mei in Murrayfield, Pretoria. Rig Navrae aan Janet: (012) 803 – 7103.

Laerskool Wierdapark vier 40 jaar met ‘n ‘Kom Stap Die Roete Van Toe Tot Nou...’ op 10 Mei. As jy meer hieroor wil uitvind, stuur ‘n epos aan die skool by wpsafari@wierdas.co.za.

‘n Bruidsmark vind plaas op 13 Mei by die Bona Bona Game Lodge tussen Klerksdorp & Wolmaransstad. Skakel die nommer op die skerm vir Navrae: (018) 451 – 1188.

Hoërskool Hugenote hou  Matriekreünie vir hulle klas van 1987 op 2 September in Springs. Die kontakpersoon is Frik: 083 391 6302.

En laastens is daar ook Hoërskool Swartland se reunie vir hulle klas van 1975 op 22 & 23 September in Malmesbury. As jy een van hulle was en wil bywoon, laat weet vir Amor: 083 301 6968.
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site