By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

9 September 2017

‘n ‘Afrikaans in die Wolke’ feestelikheid vind plaas op 16 September by Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp. Vir besonderhede skakel die skool by (011) 954 – 1032 .

Die Dolosfees word gehou van 22-24 September by Alkantstrand in Richardsbaai. Vir meer inligting bel Elize: 083 635 5358.

Die Luister!FM-Fees vind plaas van 22-24 September by Londt Park Sportklub in Port Elizabeth. As jy meer hieroor wil uitvind, stuur ‘n epos aan fees@luisterfm.co.za.

Hoërskool Louis Trichardt hou Matriekreünie vir hulle klas van 1965 op 23 September. Die kontakpersoon is Lido: 072 018 7923.

Die Heidelbergse Onderwyskollege vier sy 50-Jaar Herdenking na Afsluiting op 24 September by die Voortrekkermonument in Pretoria. Rig navrae aan Susan: 072 124 1076.

En laastens is daar die Freshpak Fiksheidsfees wat op 30 September in Clanwilliam plaasvind. Vir besonderhede gaan na die web by freshpakfitnessfestival.co.za.
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site