By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Die dekonstruksie van Retta Blom

geskryf deur Zelda Bezuidenhout

Die dekonstruksie van Retta Blom

Jare lank al is Lauretta Blom ’n gedienstige huisvrou in haar beige paleis, die eggenoot van Tobias Blom, ’n suksesvolle sakeman met belange in Johannesburg én die Kaap. Maar met hulle seunskinders wat nou groot en uit die huis uit is, begin die stilte en die pynlike netheid van Lauretta se praghuis in die Johannesburgse sekuriteitslandgoed haar vasdruk. En sy wonder oor al die dinge wat sy nié gedoen het nie en hoe dit haar lewe gevorm het.

Wanneer sy boonop begin vermoed dat Tobie vir haar iets wegsteek, besluit sy dat dit tyd is om dié dinge te doen wat sy nooit tevore aangedurf het nie. Eerste op die lys is ’n road trip Kaap toe saam met haar hond, Charlie, en haar kunstenaarsvriendin, Leigh. Die reis lei na die ontwaking van ’n nuwe Retta op ’n kleinhoewe buite Bethulie en na onthullings in die Kaap wat haar hele lewe omverwerp. 

Wildlife of Namibia, A Photographic Guide

geskryf deur Nikos Petrou en Neil Macleod

Wildlife of Namibia, A Photographic Guide

Namibië is ’n pragtige land van konstraste waar vloedvlaktes, moerasse en die wêreld se oudste woestyn bydra tot ryk biodiversiteit. Hierdie boek is ’n gids vir die land se bekendste soogdiere, voëls, reptiele, ongewerwelde diere en plante. 

Dit word toegelig met volkleur foto’s van elke spesie, saam met kaarte waar dit voorkom. Hierdie boek is beslis ideaal as jy ’n kuier in Namibië beplan. 

Suiker Britz: Dossier van 'n Speurbaas

geskryf deur Annemari Jansen & Stefaans Coetzee

Suiker Britz: Dossier van 'n Speurbaas

Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van ’n era aangebreek – ’n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse in die bekamping van misdaad. In sy luisterryke loopbaan as polisieman en speurder, en as hoof van die Suid-Afrikaanse Polisie se Moord en Roof-eenheid, was Britz as ondersoeker betrokke by misdade wat die samelewing tot in sy fondamente geskud het. In die land se oorgangstydperk na demokrasie het hy, in opdrag van verskeie kommissies van ondersoek, duisterhede help opklaar rondom polities-geïnspireerde moorde.
 
In hierdie boek probeer die skrywers ’n beeld van die man agter die legende kry deur die soeklig op sake waarby hy betrokke was, te laat val. En die beeld wat na vore kom is dié van ’n passievolle speurder wat uitsonderlike prestasies in sy loopbaan behaal het, maar hy was ook ’n gewone mens met unieke tekortkominge. Britz het dikwels onder fel kritiek deurgeloop oor die manier waarop polities sensitiewe sake hanteer is. 
 

’n Redelike Hoeveelheid Moeilikheid

geskryf deur André Kruger

Na militêre diens in drie oorloë en ’n loopbaan in die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie, is majoor Robert Ferreira ontnugter. Hy besef dat mense se idees van reg en verkeerd gruwelik gemanipuleer word deur diegene met mag. Tog, om persoonlike redes, aanvaar hy een laaste sending en vir die soveelste keer waag hy sy lewe. Dié keer koop hy homself vry, beloof hy homself. Dis tyd om sy uniform uit te trek en sy eie reëls te maak, maar in die wêreld van internasionale spioenasie is dit nie so maklik nie.

Smag

geskryf deur Yolanda Wessels

Smag

Dit vertel die verhaal van Nika, ’n vrou wat ’n slagoffer raak van haar omstandighede, maar dan besluit om ‘n ‘survivor’ te wees. Die boek is ’n ontdekkingsreis van seer, berou en woede, maar dra ook die sterk boodskap dat jy eers jouself moet aanvaar en liefhê voor jy dit van enige iemand anders kan verwag. Dis ’n lekkerlees roman wat jou boei van begin tot einde en ’n storie wat jou diep sal raak. 

Zola: 'n Roman

geskryf deur Johan Jack Smith

Zola: 'n Roman

"Johan Jack Smith het die soort verwronge, donker verbeelding waarvan ek hou."  – Martin Steyn
 
“Zola is ’n boeiende piknagdonker speurverhaal uit die swartse hart van ons land se geskiedenis en haar gevaarlikste stad.”  – Jaco Adriaanse
 
Die hel is los in Johannesburg se strate. Iemand is besig om jong meisies wreed af te maai en die bloedspoor wat hy agterlaat, sê: “Reeksmoorde”. Die stapel slagoffers raak kaptein David Majola en adjudant Jason Basson se gemors.
 
Kaptein Majola: ’n man deurmekaar met wit lyne en opgerolde geldnote wie se ma en suster steeds in die township sit en krepeer. Adjudant Basson: die tipe polisieman wat veel eerder die Mag jare gelede vaarwel moes roep.
 
Terwyl koerante en politici blaf en die taxibase met ’n verwoestende staking dreig, moet Majola en Basson duiwels in ’n malse stad trotseer.

Wanneer woorde ontbreek

geskryf deur Braam Klopper

Wanneer woorde ontbreek

Braam Klopper, ’n predikant van Kemptonpark-Oos is ’n pastorale terapeut en spits homself toe op die hantering en verwerking van rou. 

Hierdie boek gee praktiese riglyne oor rou, wys spesifieke routake uit wat deurgevoer moet word en sit die sake uiteen wat na ’n geliefde se dood afgehandel moet word. Braam bekyk ook wat die impak van selfmoord of die dood van ’n kind op die rouproses het. 

Rugby

uitgegee deur Lapa

Rugby

Hierdie volledige eenstopgids vir rugby is volgepak met alles wat jy moet weet: van die Sesnasies- tot die Rugbywêreldbeker-toernooi. 

Die boek is propvol warm wenke, prettige feite en beroemde gesigte. Rugby is ’n moet-hê gids vir enige jong rugbyondersteuner en is die perfekte strydgenoot vir die opkomende Wêreldbeker.

Sushi en shosholoza

geskryf deur Erns Grundling

Sushi en shosholoza

In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Spaanse Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, skiet Erns Grundling en ’n klein TV-span ’n nuwe reeks – dié keer in Japan, die land waar die Rugbywêreldbeker in 2019 en die Olimpiese Spele in 2020 plaasvind.

Sushi en shosholoza is Erns se verslag oor hierdie reis. Tussen pelgrimstogte soos die Kumano Kodo, die Camino se sustersroete, die uitklim van Mount Fuji en onderhoude met SA rugbyspelers (en sendelinge) in Japan – ook met Dan Carter én Jake White – kry lesers nes in Elders terugflitse na Erns se jeug. Van ’n laaitie wat OP se wedstryde op die ou Boet Erasmus-stadion ademloos volg tot vandag se Erns wat in sy Brave Blossoms-trui stomgeslaan sit en kyk hoe Japan nou éintlik ’n rugbywedstryd hanteer. (Wenk: Dis nie Loftus dié nie!) Hy vier ook Halloween in Osaka, drink groentee in Kyoto en raak stil in Hiroshima se Vredespark.
Kom stap nog ’n slag saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners in 2019 die Bokke gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!

Die groot Jaco Jacobs storieboek

uitgegee deur Lapa

Die groot Jaco Jacobs storieboek

Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus! Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! 

Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, ’n geheimsinnige meermin, ’n superheld-boetie, ’n baie stink poets en ’n klomp raserige dinosourusse!

Landbouweekblad Hart tot Hart

geskryf Ds. Kobus van der Westhuysen

Landbouweekblad Hart tot Hart

Vir die afgelope 49 jaar skryf ds. Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. 

Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van ’n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.

Wild flowers of the Cape Peninsula

geskryf deur Hugh Clarke en Corinne Merry

Wild flowers of the Cape Peninsula

Hierdie boek is ’n vinnige gids om die mees algemene wilde blomme rondom Tafelberg, Silwermyn en Kaappunt te identifiseer. 

Hierin is 100 verskillende blomspesies gelys met duidelike foto’s en die belangrikste inligting oor die verskillende blomme beskikbaar. 

Die blomme word gelys volgens kleur om te help om dit vinnig na te slaan ’n mens kry selfs kaarte van die gewildste staproetes in die Peninsula omgewing hierin. 

Die VLV-kookboek

saamgestel deur die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Die VLV-kookboek

In hierdie boek kry jy die heel beste resepte van lede van regoor die land, ter viering van die VLVK se 90ste bestaansjaar. In die ‘Toe’-afdeling sal jy ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud kry en in die ‘Nou’-afdeling is daar maklike hedendaagse disse om te probeer. Met al dié beproefde staatmakers, elk uit ’n VLVK-lid se kombuis, kan jy en jou gesin lekker en eg-Suid-Afrikaans eet. 

Vet pret op die plaas / Vet pret met wilde diere

uitgegee deur NB

Vet pret op die plaas / Vet pret met wilde diere

In hierdie fassinerende klankboeke kan kinders verskillende plaasdiere en wilde diere leer ken. Die realistiese klanke en interessante feite op elke bladsy sal enige kind lank vermaak. 

Get Me To 21

geskryf deur Gabi Lowe

Get Me To 21

After an extraordinary four-year battle, Gabi Lowe lost her beautiful, talented 20-year-old daughter, Jenna Lowe, on 8 June 2015 to pulmonary arterial hypertension, a rare degenerative lung disease, following a double lung transplant.

Jenna was young, bright and articulate. She was LEAD SA’s Youth Hero of the Year in 2015. Her death was mourned by thousands of people whose lives she had touched. During her short but full life, Jenna and the Lowe family raised much-needed awareness around this rare and devastating disease, highlighting the dire need for access to medication and organ donors locally. Although desperately ill, Jenna became the face for organ donation in South Africa through the hugely successful #GetMeTo21 campaign in which she invited all South Africans to attend her twenty-first birthday celebration by clicking on a link to become an organ donor. Tragically, Jenna died four months before reaching her milestone.

Brilliantly written, riveting in all its terrible truth and pain, in this brutally honest memoir Gabi Lowe shares her family’s desperate fight to save Jenna’s life. Get Me to 21 will inspire us to believe that the ability to face even the darkest, and most unimaginable, lives deep within us all.

Liefde agter tralies

geskryf deur Carla van der Spuy

Liefde agter tralies

Hoekom raak mense verlief op misdadigers? 

Johann Nel, die Skierlik-moordenaar, gevonnis tot 168 jaar gevangenisstraf, vind liefde. Die jong vrou trou met hom, teen alle raad...

Dit is ver van die enigste geval van so 'n verhouding. 

Van diewe tot geweldsmisdadigers - selfs moordenaars - vind liefde agter die tralies. 

Sulke mense word dikwels as monsters beskou, maar vir diegene wat op hulle verlief raak is hulle 'die liefde van hul lewe' , of word hulle soos familie vir mekaar.

Die topverkoperskrywer Carla van der Spuy gesels met mense wat hierdie onwaarskynlike soort liefde self ervaar het.

Daar is die bruid in boeie, tot sewe jaar gevonnis vir moord; die swendelaar wat sy lewe omgekeer het met die steun van sy nuwe liefde; mense in die tronk wat verstom is om liefde te vind op onverwagte plekke.

Carla gaan klop ook aan by kenners en kyk na wat sulke verhoudings agter tralies dryf.

Die stil pad

geskryf deur Tina Jooné

Die stil pad

Die lewenservaringe van ‘n dowe persoon. 

Hierdie boek is ’n kykie in die dag tot dag lewe, met al die lesse en ondervindinge, van ’n dowe mens. Tina het geleidelik haar gehoor verloor van 13-jarige ouderdom en op 35 was sy heeltemal doof. In die boek vertel sy van die frustrasies, verleentheid, stille hartseer en eensaamheid van ’n dowe mens. 

Die boek plaas basies die horende persoon in die skoene van ‘n dowe mens en ons leer hoe hulle sekere situasies en omstandighede beleef. Gelukkig is nie alles sleg nie. Tina vertel ook van die goeie tye, die lekker lag oomblikke en die wonderlike ondersteuning van haar familie en vriende. 

The Bosasa Billions: How the ANC sold its soul

geskryf deur James-Brent Styan

The Bosasa Billions: How the ANC sold its soul

Hierdie boek ondersoek die bewerings wat tydens die Zondo kommissie van ondersoek aan die lig gekom het oor Bosasa en hoe hulle hooggeplaaste regeringsamptenare met braaipakke, ontwerpershandsakke en sakke kontant omgekoop het om staatskontrakte te bekom. 

Hierdie boek stel die hele verhaal bloot van hoe een maatskappy dit reggekry het om hebsugtige en korrupte politici en burokrate om te koop om ’n tender-netwerk daar te stel wat tot by die hoogste punt van die regering strek. 

op weg na kû

geskryf deur Breyten Breytenbach

op weg na kû

op weg na kû is in vele opsigte 'n gesamtkunstwerk, soortgelyk aan Katalekte in 2012. Die gedigte word begelei deur 'n verskeidenheid foto's, hetsy van landskappe of van Breyten se eie en ook ander kunstenaars se skilderye. Die manuskrip bevat 'n rykdom  bepeinsings, gedagtes, digterlike hoogtepunte en kort-kortverhale, en eindelik word die teks meer as die somtotaal van vers en beeld. 

In die woorde van Andries Visagie: "Dit word 'n sintese van artistieke talent sonder weerga. Al die elemente in Breytenbach se literêre arsenaal - die voëls, die honde, die maan, die liefde, ballingskap, die metapoëtiese nadenke oor die woord en skryf - is hier aanwesig. Opnuut kan 'n mens net in verbystering staan oor die oorweldigende digterlike idiolek wat die skrywer ontwikkel het."    

Field Guide to Mushrooms and other Fungi of South Africa

geskryf deur Gary B. Goldman & Marieka Gryzenhout

Field Guide to Mushrooms and other Fungi of South Africa

’n Sampioen is nog ’n plant, nog ’n dier, en verteenwoordig ’n unieke groep organismes. Hulle kom voor in baie verskillende vorms en groottes en indentifisering kan soms baie moeilik wees. 

Hierdie kompakte en goed geillustreerde gids is dus net wat jy nodighet as jy graag sampioene in die veld soek, soos ek ook van hou om te doen. 

Hierin is 200 van die mees identifiseerbare en opvallende sampioene van Suid-Afrika opgeneem. 


Hoe werk dit? 33 projekte vir slimkoppe

geskryf deur Carol Vorderman

Hoe werk dit? 33 projekte vir slimkoppe

Projekte vir nuuskierige kinders! Weet jy van kinders wat daarvan hou om probleme op te los? Wonder hulle oor hoe dinge werk? Het hulle al daarvan gedroom om kreatiewe projekte aan te pak? 

As die antwoord “ja” is op al die vrae, is jou kind dalk ’n ingenieur-in-wording. Hierdie is die perfekte boek om kinders nuuskierig oor die ingenieurswese te maak. 

Die boek bevat allerlei projekte wat kinders help verstaan hoe die wêreld werk. Die materiaal vir die projekte kan tuis gevind word en die projekte is maklik om self te voltooi. 

Die inspirerende stories van Leonardo da Vinci, Mae Jemison en Elon Musk is ook by die boek ingesluit.

Food Plants of the World

geskryf deur Ben-Erik van Wyk.

Food Plants of the World

Hy is ’n professor in Botanie aan die Universiteit van Johannesburg en in hierdie boek ondersoek hy al die plante wat ons veilig as kos kan eet. 

Nie alleen sal jy die inligting van al die gewone vrugte, groente en bessies vind nie, maar ook inligting oor minder bekende eetbare plante. 

Elke inskrywing word toegelig met duidelik kleurfoto’s en die belangrikste inligting oor die spesie. 

Pieksel

geskryf deur Fanie Viljoen

Pieksel

Vossie de Vos is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mevrou Moerdyk, het ’n humeur soos ’n dreigende donderstorm. En Vossie het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie. 

Maar Vossie is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op ’n dag besluit hy om vir hom ’n maat te bou. Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters. 

Die oomblik toe Pieksel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Vossie se hele lewe. Pieksel is ’n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer. 

Saam met Pieksel is elke dag ’n avontuur, en Vossie hoef nooit weer alleen te wees nie! Maar hoe lank sal hulle maats kan bly?

In ’n land sonder voëls

geskryf deur Harry Kalmer

In ’n land sonder voëls

Dit was die vyftiende jaar van ekonokrasie. Vyftien jaar nadat ons ons demokrasie vir die Korporasie verruil het. Die politiek is geprivatiseer. Nes ons polisiediens en hospitale, dekades vroeër. Danksy tegnologie, die stygende reënval, die veranderende klimaat, kon die land aan derduisende yskoue, dankbare Amerikaners en Kanadese blyplek bied. Vir beide die aankomelinge én die gevestigde inwoners het voorspoed en ’n beter lewe aangebreek. So het ons geglo, of so is aan ons vertel. Maar nou leer ek ’n nuwe taal. Die taal van onthou. En dit maak my gevaarlik.
 
Wanneer ’n mediese dokter die aandag van die Sentinels trek, moet hy deur ’n verwoeste landskap vlug. In ’n wêreld waar ’n skynson lig verskaf, raak hy ’n pion in ’n komplot waarvan hy onbewus is. Selfs die verdwyning van sy kind tydens die chaos en die kosopstande voor die Wending kon hom nie hierop voorberei nie.
 
In ’n land sonder voëls is ’n verdoemende ondersoek na die impak van ’n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.

Halley se komeet

geskryf deur Hannes Barnard

Halley se komeet

'n Treffende grootwordverhaal gedurende 'n onstuimige era...

Dit is 1986 in Suid-Afrika. Pete de Lange, 'n sestienjarige Afrikaanse seun vanaf Dannhauser, 'n klein dorpie in Natal, se lewe is in flarde. Ná 'n insident tussen hom en Rudie, 'n Indiërmeisie met die naam Sarita, en Petrus, 'n plaaswerker, het sy jaar verander, asook sy lewe. Wat gaan die psigopatiese Rudie doen om sy lewe nog meer hel te maak?

Rudie was die een was wat alles veroorsaak het. Sal hy betaal vir sy sondes ná wat hy aan Sarita gedoen het? Moet Pete na die polisie toe gaan? Sal hulle hom ooit glo? Ook: Waarmee is Sarita se pa, Venny Naidoo, besig gedurende sy geheime tweerigtingradiogesprekke laat in die nag? So baie drama vir 'n tiener wat net wil eerstespanrugby speel en sy droommeisie, Renate, se hart verower.

'n Onwaarskynlike vriendskap ontwikkel tussen Pete, Petrus en Sarita, waar hulle elke Sondagmiddag in die geheim bymekaar kom by Venny se winkel. Pete het gevoelens vir Sarita, maar dit kan nie, sy is dan 'n Indiërmeisie. Die spanning is snaarstyf in die Republiek waar onreg om elke hoek en draai skuil. Sal hulle vriendskap dit oorleef? Sal hulle vir Rudi oorleef? Of gaan die sondes van hulle vaders hulle inhaal? Dit alles gebeur gedurende 1986, die jaar waartydens Halley se komeet 'n draai kom maak.

Die spanning om die uiteinde te vind, loop hoog en dryf die leser enduit. Dis 'n belangrike debuut wat kop en skouers bo soortgelyke verhale uitstaan.  

Gedeeltelik bewolk

geskryf deur Ruan Kemp

Gedeeltelik bewolk

George Moore is gebore toe Jan Smuts dood is, word op ’n plaas in die Noord-Kaap groot, dien in ’n aaspeloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhof-bende in Duitsland, werk as joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, en weldra word hy ’n saboteur, ’n skaapsmokkelaar, ’n mal man, ’n boemelaar. 

Tussendeur kul en koggel George prokureurs, kopdokters, en vroue.

Sondes van die vaders

geskryf deur Lerina Erasmus

Sondes van die vaders

Topspeurder Danny Hector is terug en warm op die spoor van ’n geweldenaar. Hansie Roodt, wat in die 1980’s as tienerseun galgdiens moes doen, neem nou wraak op die nasate van destyds se sondaars. 

Hy is ’n reeksmoordenaar wat volgens heeltemal nuwe reëls speel, dus moet kreatiewe maniere gevind word om hom te vang. 

Hoe gaan dié saak Danny se verhoudings beïnvloed – veral met haar dogtertjie, oor wie haar eksman toesig wil kry? En kan sy in sulke omstandighede ware liefde vind? 

Die Eggenotes agter die Afrikaner Politieke Leiers

geskryf deur Ockert Geyser

Die Eggenotes agter die Afrikaner Politieke Leiers

In hierdie boek hanteer dié gesoute geskiedskrywer ‘n ‘ongeskrewe hoofstuk’ in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis. 

Hy skryf deernisvol en met bewondering oor baie van die vroue, maar hy skroom nie om die skadukant van sommige te belig nie. 

En al val die klem op die vroue agter die leiersfigure, bevat die boek ook heelwat insiggewende inligting oor die leiers self, veral oor hulle lewens binne die huwelik- en gesinsverband. 

Zinzi en Saffraan-reeks

uitgegee deur NB

Zinzi en Saffraan-reeks

Dit sluit in: ‘Drake en Malvalekkers’, ‘Monsters en Muf’, ‘Meerperdjies en borrels’, ‘Katjievlinders en ys’, ‘Paddas en plante’ en ‘Towerponies en kieme’. 

Hierdie unieke reeks boeke sal, veral jong meisies, se belangstelling in die wetenskap prikkel. Dit bevat stories oor magiese diere, monsters, avonture en raaisels vermeng met interessante feite en wetenskaplike eksperimente. 

Zinzi is die speurder, bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. 

100 Bushveld Trees

geskryf deur Megan Emmett Parker

100 Bushveld Trees

Hierdie boek stel lesers bekend aan die 100 mees besondere bome van die Bosveld, wat die noordelike en oostelike dele van Suid-Afrika insluit. 

Die boek bevat nie net pragtige kleurfoto’s van elke boom nie, maar ook nabyfoto’s van die takke, vrugte, sade en blare.

Dis ’n uitstekende gids vir enige iemand wat in bome belangstel met interessante feite en kenmerke oor al die bome. 

Die vrou van die klippesee

geskryf deur Meg Vandermerwe

Die vrou van die klippesee

Kreefsmous Hendrik dog hy yl toe hy ’n beseerde jong vrou op ’n verlate strand aan die Weskus kry, want waar haar bene moet wees, groei ’n visstert, sterk en stewig soos ’n tuna s’n.
 
Miskien is die wese een van die watermense waaroor sy vrou Rebekkah gepraat het voordat sy vir ewig die see in verdwyn het. Of dalk is sy dit wat die ou Xhosamense ’n “mamlambo” noem.
 
Hendrik se lewe verander handomkeer wanneer hy die watervrou huis toe neem. Is dit sy seer hart wat sy oe so bedrieg, wonder hy, of lê hier ’n leidraad wat kan sê wat van sy vrou geword het?
 
Gou besef Hendrik daar loop ’n haarlyn tussen dit wat hy kan sien en dit wat hy moet glo.

Kry styl - Jesus s'n!

geskryf deur Stephan Joubert

Kry styl - Jesus s'n!

Hoe bereik ons ander mense vir die Here? Hoe kan ons uitreik sonder om mense af te sit? Hoe kan ons mense van God se liefde en omgee oortuig? Ons uitdaging is om vars te dink oor hoe ons ons geloof uitleef. 

Maar denke alleen is nie genoeg nie. Inligting ook nie. Ons kort ’n nuwe styl – Jesus s’n. 

Bekroonde teoloog Stephan Joubert, skrywer van meer as 60 plaaslike en internasionale boeke, daag ons met hierdie boek uit om anders te dink – en te doen. 

Doodsengel

geskryf deur Madelein Rust

Doodsengel

Is dit 'n vergeldingsdrang wat iemand laat moor, of kan dit die psigologiese nagevolge van traumatiese kinderjare wees? Magdalena Bakkes moor vir die derde keer in haar lewe en kies om te vlug, gedring deur die moeras van molestering en geweld wat haar kinderjare gekenmerk het. Niemand behalwe die onbekende vrou wat haar help wegkom, weet van die verkragting nie. En niemand sal weet dat Magdalena haar aanvaller se lewe geneem het nie. 

Sy sal nooit weer in 'n sel sit nie, al kos dit wát. Sy veg om 'n fasade van normaliteit te behou, help haar beskadigde kliënte en bied vir 'n groep ewe beskadigde elfjarige weeskinders Sondagskoolklasse aan terwyl sy haar blinde ma ondersteun en poog om die psigologiese nagevolge van die verkragting en moord te verwerk. Is daar onheil by die kinderhuis? 

Hoe diep en wyd strek die boosheid? Is haar ma werklik in die greep van demensie, of is daar iets anders, iets erger aan die gang? Sal die groep vigilantes daarin slaag om haar moord toe te smeer, of sal die groot polisieman sy woord gestand doen en die moordenaar aankeer? 

Doodsengel is Rust se 6de boek met 'n splinternuwe hoofkarakter.

'Op die pad’ Kinderboekreeks

uitgegee deur NB

'Op die pad’ Kinderboekreeks

Dit sluit in: ‘Op pad met Vakansie!’, ‘Op pad werk toe!’, ‘Op pad in die stad’, en ‘Hulp is op pad’. 

Hierdie plakkerboeke, wat spesiaal vir klein handjies gemaak is, leer kinders speel-speel meer oor allerhande soorte voertuie. 

Boonop help die boeke kinders om hule waarnemingsvermoë en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel deur in te kleur en die korrekte plakkers te kies te plak. Dit sal jou kleuter ’n hele rukkie besighou. 

Vywervrou trilogie 1: Lira

geskryf deur Chanette Paul

Vywervrou trilogie 1: Lira

Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. 
Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om 'n ma te wees nie. 

Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het.

Sy beland op Vywerbaai waar sy 'n winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko's wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade - upcycle gaan sy haar lewe upcycle.

Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van 'n vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar - een met 'n sterwende vrou en 'n kind wat Lira haat.

Die legende van die vywervrou van Vywerbaai word die tema van Lira se winkel, maar hou ook ? waarskuwing in: Ter wille van sy kinders, sal 'n man sy taaibosspies deur 'n vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat hulle kan eet.

Maar soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie fokken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Met die Vywervrou-trilogie, keer Chanette weer terug na vroue se lewensuitdagings. Die Vywervrou-legende word die stramien vir respektiewelik Lira, Mirre en Corali se verhale.

Veldiep

geskryf deur Fanie Viljoen

Veldiep

Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme YouTube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar Facebookblad. 

Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 

'n Toevallige ontmoeting in die skadu's van die landgoed waar hulle albei woon, lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim die skadu-meisie se ware skoonheid kan raaksien?

Bos

geskryf deur Jaco Wolmarans

Bos

Bloedbroers. 'n Vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese pseudo-operasies. Carlos Viyera, die veteraan met 'n duister, gewelddadige verlede. Tex Texeira, sy talentvolle protégé.

En toe is die oorlog verby. Of is dit?

Hoekom, na jare van donker geheime, het Carlos nou die grens oorgesteek as renosterstroper in Mosambiek? Die gevreesde, onaantasbare Kalingono, dood verklaar na 'n duister operasie … nou moordend terug? 

Militêre Inligting soek antwoorde. En Tex Texeira is die enigste operateur wat dit naby hom kan waag. As hy die skietdood van sy eie vrou kan verwerk. En die gevoel van 'n lokval wat hy nie kan afskud nie.
Bos is 'n spanningsverhaal propvol aksie en intrigue.

Forgotten Tracks and Trails of the escarpment and the Lowveld

geskryf deur Gerrit Haarhoff

Forgotten Tracks and Trails of the escarpment and the Lowveld

Hierdie mooi koffietafelboek is goed nagevors uit argiefbronne en historiese literatuur en vertel die storie van al die vergete paaie van Mpumalanga, asook die oorsprong en ontwikkeling van vele dorpe in daardie omgewing tydens die negentiende eeu. 

Die boek is ook opgeneem in die Brenthurst Library of Africana en is ’n baie akkurate gids oor die geskiedenis van hierdie mooi deel van ons land, toegelig met pragtige foto’s. 


My Storiekis

geskryf deur Leon Rousseau

My Storiekis

Ontdek 'n wonderwêreld van sprokies, fabels, feëverhale en dierestories in hierdie skatkis van 21 geliefde verhale vir kinders. Versamel en oorvertel deur bekende skrywer en storiemeester, Leon Rousseau, is hierdie pragtige bundel ideaal vir voorlees of vir kinders wat self lees. 

Van klassieke sprokies soos 'Aspoestertjie', tot volksverhale soos 'Die gulsige seekoei' wat vermaak met herhaling, ritme en rym, tot fabels soos 'Die leeu en die muis' wat morele kwessies aanraak - hier is iets vir elkeen. 

Linki Lutz se toweragtige illustrasies beeld elke verhaal kleurvol en verbeeldingryk uit. 'My Storiekis' is 'n kosbare versameling wat vir jare se storieplesier sal sorg.

Om tot verhaal te kom

geskryf deur Lizette Rabe

Om tot verhaal te kom

Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom.

Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Dis die wese van skryfterapie - of journalling. En dis waarmee hierdie boek jou wil help: om deur jou gebrokenheid jouself te vind.

Skryfterapie is 'n bewese manier om deur verlies en trauma te werk, ongeag wat die aard of omvang van jou trauma is - om amper letterlik “tot verhaal te kom”, selfs al dink jy jy kan nie skryf nie.

Of jy jou werk verloor het, of deur 'n egskeiding moes worstel, of die slagoffer van misdaad was, of met 'n ernstige siekte gediagnoseer is, of 'n geliefde verloor het. Hierdie is alles lewensveranderende, traumatiese ervarings. Die antwoord oor die pad vorentoe lê in jouself: skryfterapie.
Dis boonop iets wat jy in jou eie tyd kan doen, en op verskillende maniere, van letterlik 'n dagboek hou op papier, net vir jou eie oë bedoel, tot 'n digitale dagboek soos 'n aanlyn blog. Of selfs dig, of krabbel op papier ... Of dalk selfs jou memoires skryf. Alles help jou “om tot verhaal te kom”. Hierdie boek is jou praktiese journalling-gids met van inspirasie uit die werk van vele skrywers tot praktiese “Maar hoe skryf ek?”-wenke.

Dis die eerste boek in Afrikaans oor skryfterapie. Rabe, 'n bekende in die media, skryf vir die eerste keer hier in boekformaat oor die selfdood van haar seun, waaroor daar al wyd berig is.

How to succeed in the African Market

geskryf deur Winfred Oppong-Amoako

How to succeed in the African Market

Hierdie boek is ’n gids vir sakemense en beleggers om hulle te help wanneer hulle besighede of beleggings in Afrika wil maak. 

Afrika, ten spyte van al sy uitdagings, bly steeds ’n gewilde beleggings-bestemming en meer as 75% van alle maatskappye wat in Afrika belê, is suksesvol. Hoekom? Wel, hierdie boek gee jou meeste van die antwoorde en maak jou ook bewus van die risiko’s, uitdagings en geleenthede wat die Afrika-mark bied. 

Hekel en word heel

geskryf deur Nadia de Kock & Hilda Steyn

Hekel en word heel

Hekel ’n pad na genesing. Hier is ’n hekelboek met ’n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. 

Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van ‘n kind tot emosionele en fisieke mishandeling. Een-en-twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning. 

Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op ’n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees. Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories. Ons het ’n motief vir elkeen van hierdie een-en-twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. 

Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry. Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak. 

Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik. 

Smit Motors

geskryf deur Réney Warrington

Smit Motors

Jou buurman dink hy besit die polisie... Petra Smit erf onverwags haar oupa se ou werkswinkel in 'n klein Vrystaatse dorpie. Daar is gelukkig kopers wat tou staan vir die gebou, maar Petra gaan, heel nuuskierig, kyk na hierdie eiendom waarvan sy nie glad nie geweet het nie. 

Daar aangekom, ontdek sy die erf vol motorwrakke wat aan die plaaslike slagter behoort. Dié einste slagter is ook die buurman, hy is ’n vroueslaner en hy skeep sy seun, Monty, af, maar hy het kontant en staan gereed om Smit Motors te koop. 

Petra, wat baie lief was vir haar oupa, wil nie die erflating aan so ’n persoon verkoop nie en ’n mini-oorlog breek uit. Dinge word nog moeiliker toe Arno, ’n reus van ’n man met die psige van ’n kind, aan haar deur kom klop. 

Hy wil help. Die reus maak homself tuis en word vriende met die slagter se seun, Monty. 

Petra hoort nie in hierdie dorp nie. Sy mis haar mooi meisie en die roman wat sy wil skryf, bly tweede kom in die oorlog met die slagter. Die slagter hoort wel op die dorp. Hy ken die polisie en intimideer almal. Sal die vreemde Petra en haar twee nuwe maats, Arno en Monty, die oorlog kan wen?

Die boek word uit verskeie perspektiewe vertel. Petra is een perspektiefkarakter, so ook is die Johanna, Monty se oppasser. Aan die ander kant van die wêreld bly Susan, 'n kunstenaar, vasgevang in 'n luukse Sweedse kunstepark, nog ’n perspektiefkarakter.

Wat het hierdie vroue met mekaar in gemeen? Hoe bind Smit Motors hulle almal?

Smit Motors is toeganklike literêre fiksie. Réney Warrington slaag daarin om die spanning snaarstyf te hou, terwyl die leser die speurwerk moet doen, wetende dat iemand se bloed sal moet vloei. Die vraag is: Wie s’n?

Ons raaiselpad met alzheimersiekte

geskryf deur Elise Nel

Ons raaiselpad met alzheimersiekte

Elise se eens briljante man raak aggressief en vergeetagtig, en tree heeltemal anders op as wat sy hom ken. Sy het ’n vae vermoede wat die probleem is, maar uiteindelik word haar ergste vrese bewaarheid: haar geliefde man het Alzheimer se siekte. 

Hy vra haar in ’n oomblik van helderheid om tot die einde na hom om te sien, wat sy doen. Elise vertel hierdie intieme en aangrypende verhaal met deernis vir haar man en elke persoon wat aan alzheimers ly. Sy gee ook praktiese raad vir versorgers en tekens waarna mens moet oplet.

Wreed én mooi is die dood

geskryf deur Tobie Wiese

Wreed én mooi is die dood

Al is die dood ’n feit soos ’n koei, vermy die meeste van ons dit om daaroor te dink of te praat. Hierdie boek probeer om dié stilte te verbreek.

In Wreed én mooi is die dood deel bekende Afrikaanse skrywers hulle verhale oor verlies en heling. Dit bied insig in hoe om die trauma van ’n geliefde se dood te hanteer en jou eie sterflikheid te konfronteer.

Só skryf Marita van der Vyver roerend oor haar babaseun se dood, terwyl Valda Jansen beskryf hoe sy aanvanklik lamgelê is deur die nuus dat sy kanker het en Kerneels Breytenbach vertel hoe sy vrou se sterwe hom tot selfkennis gelei het.

’n Jong paramedikus berig oor sy gereelde ontmoetings met die dood en ’n sterwensbegeleier vertel hoe dit moontlik is om hierdie wêreld blymoedig te verlaat. Daar is selfs ’n bietjie humor . . . soos die storie oor die jong dominee wat in ’n leë graf beland het en Annelie Botes se lang lys voorskrifte vir haar begrafnis.

Die dood is wreed ja, maar dit kan – verrassend genoeg – ook mooi wees.

Kaap, kerrie & koesisters

geskryf deur Fatima Sydow en Gadija Sydow Noordien

Kaap, kerrie & koesisters

In Kaap, kerrie & koesisters neem die tweelingsusters Fatima en Gadija ons op ’n Kaaps-Maleise kosreis wat terselfdertyd ook ’n lewensreis is, want die resepte word saamgesnoer met herinneringe aan hulle kinderjare op die Kaapse Vlakte. 

Die twee glo aan huiskos en resepte wat vinnig, maklik en bekostigbaar is. Maklik, maar nooit eentonig nie.  

Vrae en feite vir nuuskierige agies: Vir kinders van alle ouderdomme

geskryf deur Adinda Vermaak

Vrae en feite vir nuuskierige agies: Vir kinders van alle ouderdomme

Is jy ’n nuuskierige agie wat wil weet...
 
... waar sjokolade vandaan kom? Of wat die ergste epidemies is wat die wêreld nog getref het? Dalk wil jy weet waarom ons elke jaar op 5 November Guy Fawkes vier, of waarom Afrika as ’n unieke kontinent beskou kan word. Of jy wil weet watter produkte of uitvindings eg Suid-Afrikaans is, en of honde werklik slim is.
 
Dalk soek jy net wenke oor hoe om jou spelling en skryfwerk te verbeter, of hoe om goeie toesprake te maak...
 
Hierdie inligting en nog vele meer, oor die interessantste onderwerpe onder die son, is alles in die boek! Met jou indrukwekkende kennis oor alles en nog wat kan jy almal se monde laat oophang.
 
Vyftig hoofstukke propvol antwoorde, riglyne en wenke vir kinders van alle ouderdomme! 

André P. Brink en die spel van liefde

geskryf deur Leon de Kock

André P. Brink en die spel van liefde

André P. Brink en die spel van liefde is die heel eerste biografie van 'n Suid-Afrikaanse skrywer wat gedurende sy leeftyd in dieselfde asem as Gabriel García Márquez, Peter Carey en Aleksandr Soltzjenitsen genoem is, en wie se romans in meer as 30 tale vertaal is.

In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer. Brink het meer as 50 jaar lank sy ervarings en gedagtes pligsgetrou opgeteken: hierdie notaboeke, waartoe De Kock eksklusief toegang verkry het, word nou vir die eerste maal bekend gemaak.

Die spel van liefde is 'n omvangryke biografie wat die leser 'n openhartige, onverbloemde blik gee op Brink se gedagtes en gevoelens - oor homself én ander. Brink beskryf die hoogte- en laagtepunte van sy vyf huwelike asook sy verskeie verhoudings met 'n groot aantal vroue - 'n onderwerp wat hy in sy memoir, 'n Vurk in die pad, maar slegs vlugtig bespreek. Gedurende sy leeftyd het Brink hom nie net teen die politieke bestel verset nie, maar veral ook teen tradisionele seksuele sedes. 

In hierdie biografie van 'n skrywer aan wie die Nobelprys vir letterkunde byna toegeken is, bekyk De Kock Brink se persoonlike, outobiografiese aantekeninge vanuit 'n kritiese, literêre oogpunt. Daarmee saam vergelyk hy die dagboeke met akademiese en ander, alledaagse bronne, waaronder getuienisse deur Brink se vriende, familie, eggenote en minnaresse. Die spel van liefde is 'n unieke, belangrike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse lettere, maar veral ook tot navorsing oor Brink se lewe en skryfwerk.

Suurlemoenseisoen

geskryf deur Amanda de Lange

Suurlemoenseisoen

'Die lewe is 'n lied. Reg? Maar dis beslis nie altyd Beethoven se Maanligsonate nie. Soms is die enigste lied wat ons hoor een van hartseer, rou en doodloopstrate. Ek noem sulke tye in ons lewe 'n suurlemoenseisoen. My hoop is dat die boek jou sal help deur hierdie moeilike tye'.

In Suurmemoenseisoen deel Amanda de Lange, lewensafrigter en joernalis, 52 werkstukke wat on leer om anders na ons omstandighede te kyk. 

Sy help ons om te besef dat daar in Hom altyd 'n oplossing is vir selfs dit wat ondraaglik lyk. Omskep die pynlike van die lewe in iets soets en leef volledig en met oorgawe.

Honey Tales Afrika

geskryf deur Carol Honey

Honey Tales Afrika

Hierdie twee kinderboekies bevat ’n verskeidenheid van poësie-prosa-gediggies en illustrasies wat nie net prettig is nie, maar ook opvoedkundig. 

Dit stel kinders bekend aan rymwoorde, verbreed hulle woordeskat en leer hulle van diere en goggas.
   

The Last Elephants

geskryf deur Don Pinnock en Colin Bell

The Last Elephants

Na aanleiding van ’n Afrika-wye olifantsensus in 2016, blyk dit dat ons olifant-populasie besig is om skerp af te neem. 

Daar word gereken een olifant word elke 15 tot 20 minute dood gemaak. In hierdie boek ondersoek die skrywers hierdie krisis deur die oë van meer as 40 navorsers, bewaringspesialiste, aktiviste en boswagters. 

Die boek bevat ook pragtige foto’s deur Afrika se beste natuurfotograwe wat dit beslis iets besonders maak om aan te skaf. 

PresiesAnders 3: Somerskool en Spoke

geskryf deur Cecilia Steyn

PresiesAnders 3: Somerskool en Spoke

Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. 

Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol. 

En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna 'n groot ramp veroorsaak nie. Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?


  

Wie Gaan in 2019 Regeer?

geskryf deur Jan-Jan Joubert

Wie Gaan in 2019 Regeer?

In die plaaslike verkiesing van 2016 is die ANC bloedneus geslaan toe hy drie metrorade aan die opposisie moes afstaan. Gaan die verdeelde regerende party onder Cyril Ramaphosa kan verenig en in 2019 ’n meerderheid by die stembus behaal? Of gaan die DA en die EFF hul groot ideologiese verskille kan oorkom om die ANC uit die kussings te lig?

Sedert Jacob Zuma as president bedank het, het Suid-Afrika se politieke landskap dramaties verander. Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na alle moontlike scenario’s en neem die leser agter die skerms na waar die geheime politieke smouswerk plaasvind.

Hy oorweeg al die beskikbare opsies vir politieke partye in die aanloop tot die volgende verkiesing. Sal die ANC ’n koalisie vorm om in beheer te bly? En wat is die kans dat dié party na die EFF sal draai om meer steun te werf?

Een ding is seker - ooreenkomste sal aangegaan word. Die uitslae van plaaslike en tusenverkiesings wys vir Joubert dat die volgende verkiesing die eerste in 25 jaar kan wees waarin geen party ’n volstrekte meerderheid behaal nie.

In eksklusiewe onderhoude deel politieke leiers ook hul standpunte oor die belangrikste kwessies wat burgers en partye verdeel – of dalk kan verenig.

My bielieboek vol getalle, woorde, kleure!

uitgegee deur Human & Rousseau

My bielieboek vol getalle, woorde, kleure!

Met hierdie kartonboek word kinders aan die wêreld van getalle, woorde en kleure bekendgestel! Helderkleurige illustrasies, eenvoudige woorde en teloefeninge help kinders om speel-speel te leer, syfervaardighede te ontwikkel en te kleure in hulle wêreld te ontdek. 

'n Lewe voor God

geskryf deur Stephan Joubert

'n Lewe voor God

’n Lewe voor God bestaan uit 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Stephan help ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van alledaagse temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak. 

Jan, Piet, Koos en Jakob

geskryf deur Loftus Marais

Jan, Piet, Koos en Jakob

Dié derde bundel van Marais ontgin opnuut bekende temas uit die digter se oeuvre: verbruikerskultuur, manlike identiteit, tuis/ontuis wees in SA, dikwels met 'n vlymskerp humorsin en 'n nog skerper visuele ingesteldheid. Die verse word saamgeryg in 'n eenheid wat neig na 'n naamlys, of selfs na 'n portretuitstalling. Met dié verse vestig Marais hom as een van die mees behendige beoefenaars van die hedendaagse digkuns.

Smulkos

geskryf deur Esther Malan

Smulkos

Dié resepteboek is ’n splinternuwe versameling uit Esther se gewilde Vat Vyfreeks wat elke week in Huisgenoot verskyn. 

Die resepte wissel van geurige idees vir Ontbyt, terte en pasteie, braai, hoender, straatkos en kaggelkos tot vinnige en gesonde slaaie. Watertand poedings en gebak bly ook nie agterweë nie. 

Alles is getoets in Huisgenoot se toetskombuis wat versker dat dit keer op keer werk. 

Developing future Executive leaders

geskryf deur Dr. Deon Els, Prof. Chris Adendorff en Des Collier

Developing future Executive leaders

Hierdie boek is ‘n praktiese leierskap handleiding geskoei op die mees onlangse wêreldgebeure met 6 Youtube videos wat via slimfoon gekyk kan word teryl jy die boek lees. 

Daar is byvoorbeeld ‘n “barcoded snapscan” video op bladsy 93 wat ‘n lesing insluit oor hoe om stres te ontlont. 

Die boek word hoog aangeskryf deur Besigheidskole met die voorwoord geskryf deur Thuli Madonsela waarin sy bevestig hoe belangrik emosionele intelligensie is.

Kanker Schmanker!

geskryf deur Madelein Rust

Kanker Schmanker!

Die oorlewingstog van 'n dapper vrou...

“ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.”

In hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewêreld van dié wat teen die siekte veg.

Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.

Ek wens, ek wens

geskryf deur Zirk van den Berg

Ek wens, ek wens

As lykbesorger by White Lily Funerals het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, bene gekonnekteer en wasbleek gesigte gegrimeer vir die laaste besigtiging deur roubeklaers. 'n Mens het jou werk en jy doen dit, dit help nie om vir ander goed te wens nie, of hoe?

Nietemin wens Seb wel af en toe vir die een of ander ingryping om hom los te ruk uit sy saai bestaan - nie net by die werk nie, maar ook tuis waar hy, sy vrou en tienerkinders verby mekaar leef. Eendag, toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, begin Seb tog in wense glo . . . 

“'n Fabel vir moderne tye. 'n Heerlike verhaal.” - Kerneels Breytenbach.

Kainsmerk

geskryf deur Annelie Botes

Kainsmerk

Kainsmerk is 'n versameling stories wat meestal as kortverhale en vervolgverhale in tydskrifte verskyn het. In hierdie verhale vertel Annelie Botes van mense wat as brose wesens dikwels 'n teken van vervloeking (Kainsmerk) in hul siele ronddra wat hulle vir die wêreld wil verberg. Lesers maak kennis met verskeie karakters wat telkens op die Damaskuspad beland as gevolg van die seerkry wat hulle ervaar.

'n Boervrou se ouderlingman verrinneweer haar en sy begin drink, en droom van die dag dat sy haar man se lyk in die put op die werf afgooi. 'n Ander boervrou bou 'n padstal en werk haar tot eelte, terwyl sy haar man afskeep. Totdat sy op 'n dag tydens 'n vloed op die dak van die padstal vasgekeer word.

Nog 'n plaasvrou het geen behae in haar huwelik nie. Een nag beleef sy en haar man 'n plaasaanval en is hulle nét op mekaar aangewese. 'n Vrou wat tronkstraf uitgedien het vir diefstal, beland as huishoudster by 'n hoogaangeskrewe man met 'n rare obsessie. 'n Mevrou- dominee gaan soek rus en heling in 'n grot op haar geboorteplaas.

Hierdie is maar enkele van die karakters waarmee Botes Suid-Afrikaanse tydskriflesers deur die jare meegevoer het. Nou word dié juwele vir die eerste keer byeengebring in een band. As spesiale bonus is die immergewilde “Duiwelsbrood”, wat geruime tyd reeds uit druk is, ook in Kainsmerk opgeneem.    

Geld praat met Kinders

geskryf deur Hannelie Warren

Geld praat met Kinders

Leer jou kinders van geld – niks in die lewe is verniet nie...

“Een van die belangrikste goed wat jy jou kinders kan leer is hoe om met geld te werk. Niks in die lewe is verniet nie en hulle moet dit van jongsaf weet. Na my mening moet dit as deel van die onderwys-kurrikulum aangebied word.”

Hierdie is nie woorde wat jy eintlik uit die mond van ‘n bekende aktrise en stemkunstenaar verwag nie, maar Hannelie Warren, bekend vir veral haar rol in die televisiesepie, Binnelanders, het pas ‘n handboek vir kinders en ‘n handleiding vir leerkragte gepubliseer om kinders van Graad 5-7 te leer om oor geld te dink en daarmee te werk.

Hannelie se boek ‘Geld praat met kinders’ is pas in die eerste skool in gebruik geneem en ander skole volg hopelik binnekort.

“Vir my is dit logies dat kinders hierdie kennis van jongsaf moet hê. Dié handboek plaas geld in perspektief en gee kinders ‘n deeglike begrip van wat seker die belangrikste deel van hul volwasse lewens gaan wees – geld,” sê sy.

The Ultimate guide to Retirement in South Africa

geskryf deur Bruce Cameron en Wouter Fourie

The Ultimate guide to Retirement in South Africa

Hierdie boek bied ’n volledige oorsig van die mees belangrike dinge wat jou aftrede kan beinvloed. Dit sluit in dinge soos belasting, beleggings, gesondheidsorg, eiendom en natuurlik waar om te bly wanneer jy aftree. Dit bevat praktiese wenke vir jou aftrede en is ’n onmisbare gids as jy begin dink aan aftrede... en hoe vroeër ’n mens die beplanning begin doen, hoe beter natuurlik.

Karaktermoord

geskryf deur Carina Diedericks-Hugo

Karaktermoord

Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was ’n maalkolk wat sy huwelik en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer Malan haar lyk langs sy motor vind ná ’n helse uitval in sy kantoor, bou die afwaartse spiral momentum op.
 
’n Paar dae later maak ’n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat ’n dekade gelede tydens ’n drinkparty op ’n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek.

Kuier om die kole: Weg! se lekkerste braairesepte

geskryf deur Aletta Lintvelt

Kuier om die kole: Weg! se lekkerste braairesepte

Weg! is een van Suid-Afrika se gewildste reistydskifte – nie net weens hul uitstekende kampwenke en foto’s van eksotiese bestemmings nie, maar ook weens hul heerlike, betroubare resepte.

In Kuier om die kole bring ons Weg! se beste braairesepte en -idees byeen: geregte wat perfek is vir die kampvuur of tuis-braai. Die gewilde foodie en Weg! se kosredakteur Aletta Lintveld het dié tydskrif se lekkerste braairesepte gekies – alles nou in een band byeen. Kuier om die kole is sonder fieterjasies, met heerlike kosidees vir 2019.

Koshuis

saamgestel deur Erns Grundling

Koshuis

Laat jou terugvoer na die jare van inbly-naweke, studentepret, huis-toe-verlang en troospakkies beskuit onder die enkelbed. 

Koshuis, saamgestel deur Erns Grundling van Elders-faam, bevat heerlike lekkerlees-vertellings, komies, verspot én roerend, oor die koshuislewe – op skool én universiteit, selfs oorsee – deur ’n verskeidenheid bydraers, insluitend reisskrywer Dana Snyman, geliefde Weg!-joernalis en -aanbieder Toast Coetzer, akteur en komediant Schalk Bezuidenhout, Huisgenoot-redakteur Yvonne Beyers, oudredakteur van Die Burger Bun Booyens, bekroonde romansiers Harry Kalmer en Kerneels Breytenbach, skrywers en joernaliste soos Celesté Fritze, Theunis Strydom, Leroux Schoeman, Marnus Hattingh en Pieter van Zyl, en vele meer.

Skink ’n koppie koffie, onthou weer die liedjie wat gespeel het toe jy by jou eerste huisdans gesoen is, en laat die jare terugrol!

Vind Uit -reeks

uitgegee deur Lapa

Vind Uit -reeks

Dit sluit in, Vind Uit Aarde, Kodering, Wetenskap, Haaie, Robotte en Ingenieurswese. Hierdie ongelooflike reeks boeke help kinders om kenners op die gebied van hul gunsteling nie-fiksie temas te word. 

Elke boek bevat asemrowende foto’s, pretiige vasvrae en hope relevante inligting. Leer was nog nooit soveel pret nie, dis verseker. Die boeke sal jou kinders ure lank besig hou. 

Field Guide to Wild Flowers of South Africa

geskryf deur John Manning

Field Guide to Wild Flowers of South Africa

 Hierdie boek dek meer as 1100 Flora-spesies met die fokus op die mees algemeenste, mooiste en bekendste plante in die streek. 

Elke spesie word in detail beskryf, toegelig met ’n duidelike kleurfoto sowel as ’n kaart waar ’n mens die spesifieke spesie kan vind. 

Daar word ook aangedui wanneer die plant in blom behoort te wees. Inderdaad ’n baie handige gids as jy in die pragtige veldblomme van ons land belangstel. 

Die Heimat Projek

geskryf deur André de Villié

Die Heimat Projek

Konrad werk vir DMK, ‘n Duitse vervaardigingsonderneming in Darmstadt. Hy ontvang opdrag om as deel van ‘n vakansiereis in sy Heimat (tuisland), ‘n voorlopige ondersoek na twee moontlike investeringsgeleenthede te doen.

Hy en sy vier metgeselle beleef ‘n nostalgie-belaaide reis deur Suid-Afrika. Hy ontmoet verteenwoordigers van die San en Khoen-Khoen gemeenskappe. Die besonderse natuurskoon en die interessante geskiedenis van sy geboorteland, beïndruk hom weereens. Sy belangstelling in gholf en stoomlokomotiewe dra by tot ‘n genotvolle reis. Daarby is een van sy reisgenote ‘n aantreklike mediese dokter en sy skep vir hom ‘n liefdesdilemma, want tuis het hy reeds iemand.

Die projek neem ‘n onverwagse wending. By sy terugkeer in Darmstadt wag daar verrassings uit sy verlede. Hy moet ‘n kopskuif asook moeilike besluite maak.

Duinhuis

geskryf deur Isabella Niehaus

Duinhuis

In Duinhuis nooi Isabella Niehaus jou uit om te kom aansit om die Langtafel op die Duin. Kom vind uit waar haar kosfilosofie vandaan kom, wie haar manier van kook beïnvloed het en leer die mense ken wat haar kosloopbaan rigting gegee het. 

Die kookboek sluit haar uiters bekende Duinmossels en -oesters, en menige geregte uit haar reise soos Spaanse platbrood, tarte tatin en coq au vin in. Met bydraes deur bekendes in koskringe soos Reuben Riffel, Louis Jansen van Vuuren en Hardy Botha, Carmen Niehaus, Nina Timm en Karen Hart asook hartsvriende.

Briljant! Opwindende eksperimente vir jong wetenskaplikes

geskryf deur Robert Winston

Briljant! Opwindende eksperimente vir jong wetenskaplikes

Opwindende eksperimente wat jy buite kan doen! 

Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak ’n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak ’n wurmplasie en kyk hoe wurms in die grond ronddolwe, of bou ’n vlieër en ontdek die sleutel tot aërodinamika. 

Met fantastiese foto’s, duidelike stap vir stap illustrasies, en gedetailleerde instruksies sal jong slimkoppe sommer uit die staanspoor nie kan wag om weg te spring met die eksperimente nie. Elke aktiwiteit bevat ’n duidelike Hoe werk dit?-verduideliking, wat die fassinerende wetenskap agter die eksperiment verduidelik, asook voorbeelde uit die regte lewe gee om alledaagse wetenskaplike beginsels in aksie te sien. 

Hierdie boek is propvol opwindende projekte wat jong wetenskaplikes en buitelug-entoesiaste sal inspireer en hulle die buitelewe laat verken sodat hulle hul wêreld beter kan leer verstaan. Dit is ’n moet-hê-boek vir elke jong wetenskaplike wat nuuskierig is oor die wêreld. 

Afrikaner-kapitalisme

geskryf deur David Meades

Afrikaner-kapitalisme

Saam met die sterwe van die ou Suid-Afrika het ook “Afrikaner Volkskapitalisme” gesneuwel, wat veral gekenmerk is deur die einde van die eens magtige Sanlam en sy eweknie in die Noorde, Volkskas, wat eers deel van Rembrandt en toe later deel van Barclays van Brittanje geword het. Hierdie twee organisasies het vir dekades die dinamo van Afrikaner-sake aan die gang gehou.
Terwyl Afrikaner-kapitalisme oor die laaste dekade of wat byna krampagtig gesoek het na nuwe suurstof om te kan oorleef, is daar stil-stil ’n nuwe grondslag gelê vir ’n nuwe geslag Afrikaner-kapitaliste. Nuwe mijardêrs is orals geskep deur aandele-pryse wat ten hemele gejaag is en in die proses het dit in die jongste tyd begin lyk of van hierdie bate-spirale op baie dun ys gebou is en dalk ook groot sarsies bedrog.
Hierdie boek bespreek die huidige ekonomiese klimaat op ‘n interessante en toeganklike manier.

David Meades het diep spore getrap in die Suid-Afrikaanse sakejoernalistiek oor die jare. Hy het in 1970 die eerste sakeredakteur van Rapport geword en kort daarna was hy by die Rembrandt-groep as redakteur van die destydse Afrikaanse nywerheidsblad, Tegniek, wat later Finansies en Tegniek/Finweek geword het. Hy was assistant-redakteur van Beeld toe hy die aandelewêreld betree het. Hy was ook twaalf jaar lank een van die beoordelaars van die Sanlam-prys vir Sakejoernalistiek. In 2001 trek hy af Kaap toe as bestuurder van die nuwe aandelemakelaarsgroep van Sanlam, SPI. Hy is afgetree en woon tans sop Somerset-Wes.

Pienk is nie vir sissies nie

geskryf deur Christien Neser

Pienk is nie vir sissies nie

Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inmekaar, en wat hulle uitvind toets hulle geloof in hulle medemens, en hulle eie waardes.

Healing the soul of a Woman

geskryf deur Joyce Meyer

Healing the soul of a Woman

Hierin bespreek dié gewilde Amerikaanse skrywer hoe vroue hulle emosionele wonde kan oorkom en sterker anderkant uitkom. Sy vra die vraag, kan ’n vrou wat haar lewe lank emosioneel of fisiek mishandel is, verwerp is of met ongekende pyn moes saamleef weer leer om lief te hê en te vertrou? En die antwoord is ja! Joyce praat uit ondervinding, want sy was self vir jare onderwerp aan mishandeling en verwerping en in hierdie boek help sy vroue om met behulp van die Bybel weer heel te word. 


Ja vir God, nee vir die kerk?

geskryf deur Kobus Kok

Ja vir God, nee vir die kerk?

Volgens ’n internasionale studie gaan al hoe minder mense kerk toe en dit tel vir Suid-Afrika ook. Maar kerkverlaters skryf nie noodwendig vir God af nie. Hulle is bloot klaar met ’n instelling wat nie meer tot hulle geestelike groei bydra nie en in sommige gevalle selfs hulle geloofsreis kniehalter. Ons het dringend antwoorde nodig, want ons moet verstaan wat die probleem is sodat ons ’n manier kan vind om die neiging om te keer en dis presies wat hierdie boek probeer doen... antwoorde kry.

2019 Sky Guide Africa South

uitgegee deur Struik Nature

2019 Sky Guide Africa South

Dié boek is ’n nuttige astronomiese handleiding vir Suidelike Afrika, spesifiek vir 2019. En enige iemand wat selfs net ’n klein bietjie belangstel in die sterre en die hemelruim sal dit baie interessant vind. Ster-kaarte vir elke seisoen wys byvoorbeeld vir jou waar sekere sterre tydens sekere tye van die jaar gaan wees en die boek bevat ook baie inligting oor die son, maan, planete, komete, meteoors en die helderste sterre.

Lang pad Onnetoe

geskryf deur Jason Reynolds en vertaal deur Nathan Trantraal

Lang pad Onnetoe

Will is vyftien jaar oud. Hy het ’n pistool. Sy broer Shawn is pas vermoor. Will ken die reëls. Jy huil nie. Jy dra nie stories aan nie. Jy neem wraak. Hierdie woedende, briljante jeugroman word in kort, vurige staccato versvorm vertel om ’n rou, eerlike blik op vuurwapengeweld te bied, soos net Jason Reynolds dit kan doen. Nou is dit boonop fantasties in Afrikaans vertaal deur die bekroonde skrywer en digter Nathan Trantraal, wat dit vir Suid-Afrikaanse lesers soveel meer aktueel en herkenbaar, soos vanoggend se koerantopskrifte, maak. 

Daar’s ’n Engel in my koskas

geskryf deur Willie Strauss

Daar’s ’n Engel in my koskas

In dié feestelike kos-memoir gaan die kunstenaar, Willie Strauss, terug na die nostalgiese plaaslewe van sy Boesmanland-kinderjare en herleef hy die beste tradisies van grootword. Met plat-op-die-aarde bestanddele help Willie jou om ’n verstommende verskeidenheid watertand-etes blitsvinnig op te tower net om die engele in jou koskas te laat sing.

Kampioene-reeks

uitgegee deur Lapa

Kampioene-reeks

Dit is boekies oor die lewe van sommige van ons grootste sporthelde en sluit in, Siya Kolisi, ons Springbok-rugbykaptein, Wayde van Niekerk, Olimpiese 400-meter kampioen, Hashim Amla en AB de Villiers, albei voormalige Protea-krieketkapteins en ook Caster Semenya, wêreldkampioen in die 800 meter. Dié boeke is geskryf vir kinders van nege jaar en ouer en vertel die lewensverhale van hierdie vyf sportsterre wat uit verskillende agtergronde kom en hoe hulle almal supersterre geword het. 

Saklys van Suid-Afrikaanse Inheemse bome

saamgestel deur die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika

Saklys van Suid-Afrikaanse Inheemse bome

Hierdie bondige lys van inheemse bome is ’n onmisbare hulp vir almal met ’n belangstelling in die ryk boomflora van ons land en omstreke. Hierdie boekie is al die vyfde uitgawe en bevat 1666 boominskrywings, waarvan die meeste geillustreer is. Verspreidingskaarte toon ook waar bome op die subkontinent voorkom, terwyl simbole hulle bewaringstatus aandui. 

Retoer, Pretoria – Provence

geskryf deur Marita van der Vyfer

Retoer, Pretoria – Provence

Hierdie boek is ’n bundel van haar beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. Met haar kenmerkende skerp sin vir humor, deernis en eerlikheid skryf sy oor die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariërs en die verskriklike vrees vir ‘verdagte knoppies’. 

Haar woordkuns neem die leser van die alledaagse na die eksotiese, van die skreeusnaakse na die hartverskeurende en van die lyflike na die geestelike. Die boek sal jou hardop laat lag en jou trane in jou oë gee... alles in een – ’n meesterstuk deur Marita... soos altyd. 

Selfies, Seksklets & Slimfone, ’n Internet-oorlewingsgids vir Tieners

geskryf deur Emma Sadleir en Lizzie Harrison

Selfies, Seksklets & Slimfone, ’n Internet-oorlewingsgids vir Tieners

As jy ’n tiener in vandag se dolle aanlynwêreld is, dink jy dalk jy het alles mooi onder beheer, maar selfs jy weet nie van al die wetlike slaggate, verskuilde gevare en toekomstige implikasies van alles wat jy aanlyn doen, sien en plaas nie. 

Hierdie boek ondersoek belangrike kwessies in die digitale era, soos kuberboelies, seksklets, reputasie, internetveiligheid, privaatheid, pornografie, angstigheid, verslawing en depressie. Ek dink selfs grootmense sal dit nuttig vind om te lees. 

Uit die Beek 2019

geskryf deur Barend Vos

Uit die Beek 2019

Die tekskeuse vir elke dag is grootliks op die ‘Revised Common Lectionary’ gebaseer en die boek bestaan uit 365 dagstukkies wat geskik is vir ’n mens se persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens of Bybelstudiegroepe. 

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

geskryf deur Charl-Pierre Naudé

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

Op ’n dag in die vroeë sewentigs bemerk ’n afgeleë Noord-Kaapse gemeenskap ’n gebou in hul midde waar voorheen net ’n stuk braakgrond was. Drie weke later verdwyn die gebou... Lees ook oor die vreemde werklikheid van mense wat meer as een maal lewe, oor die jong man wat so skaam is dat hy nie op foto’s kan vertoon nie, en oor die intense liefdesverhouding van ’n paartjie wie se lewenspaaie net vir ’n paar sekondes gekruis het.

Trompie en Saartjie

deur NB Uitgewers

Trompie en Saartjie

Dis amper vakansietyd en dis altyd goed om ’n mens se kinders aan te moedig om te lees, so vandag het ek hierdie twee goue oues... Ons almal ken die Saartjie en Trompie reekse. Saartjie is geskryf deur Bettie Naudé en Trompie deur Topsy Smith en hierdie twee 3 in 1 omnibusse van dié klassieke verhale is nou herdruk en die ideale manier om jou kind aan die lees te kry. Die avonture van Saartjie en Trompie vermaak al kinders oor dekades... wie van ons het dit nie gelees nie? 

Dwaalgedagtes op ’n Fiets

geskryf deur Pieter Loots

Dwaalgedagtes op ’n Fiets

Dié boek handel oor ’n man wat op 75 jaar dae aaneen lang afstande met sy fiets ry en sy vrou wat hom in hul ryhuis vergesel. Die ritte van Kimberley na Langebaan, en van Windhoek na Hermanus strek oor 26 dae, maar die gedagtes en herinneringe dek baie jare... met ’n beskrywing van elke dag se rit en die herinneringe wat dié skof oproep. Van sy vrae het nie antwoorde nie en van sy stellings het nie bewyse nie, maar hy bied deurentyd iets om oor te dink en te wonder. 

Die Tronkgesprekke

geskryf deur Willie Esterhuyse en Gerhard van Niekerk

Die Tronkgesprekke

Dié boek onthul dat PW Botha reeds in 1984 opdrag gegee het dat sy minister van justisie, Kobie Coetsee, gesprekke met Nelson Mandela in die tronk voer... alles natuurlik hoogs geheim en in die proses het Coetsee en Mandela spanmaats geword in ’n ingewikkelde proses op soek na ’n skikking, boonop sonder die kennis of toestemming van die kabinet. Hierdie boek is ’n skatkis van nuwe inligting en die volledige verhaal word vir die eerste keer onthul. 

Armand Kook Kaal

saamgestel deur die akteur Armand Aucamp

Armand Kook Kaal

Meeste mense sal begeer om so ’n mooi lyf soos Armand Aucamp te hê en as mens na hierdie boek kyk, dan weet jy hoekom hy so lyk. Naas toneelspel is kosmaak sy groot liefde en in hierdie boek gee hy 100 oorspronklike en gesonde resepte wat alles in lyn is met die sogenaamde ‘Banting’ of ‘Keto’ leefstyl. Selfs Professor Tim Noakes sê oor die boek: Die resepte is pragtig saamgestel en maklik om te maak. Alles in hierdie boek lyk watertandlekker’.

Kraak en Snak

geskryf deur Rouxnette Meiring

Kraak en Snak

Hierdie twee boeke is gemik op die tienermark en speel af in die jare 2315 tot 2317. Aan die voet van Leeukop, aan die suidpunt van Chinafrika, lê die koepelstad, HuiGaeb, met lugskepe, gondels, gragte en die ou kasteel. ‘n Virtuele koepel beskerm die inwoners teen die gitige see en die gevaarlike, onbekende buitewêreld. Hierdie twee boeke waarvan Kraak die eerste boek is en Snak sy opvolg, beskryf die avonture van ‘n paar kinders in hierdie futuristiese fantasiewêreld. Dis vernuwend, opwindend en ‘n nuutjie in Afrikaans. 

The Amaryllidaceae of Southern Africa

geskryf deur Graham Duncan, Barbara Jeppe en Leigh Voigt

The Amaryllidaceae of Southern Africa

Hierdie boek is ’n volledige gids van al die bekende spesies Amarillas in Suidelike Afrika. Die inligting word toegelig met pragtige waterverf botaniese tekeninge en foto’s. Dit is ’n pragtige boek vir enige iemand wat in dié pragtige blomme belangstel. 

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk

geskryf deur Jean Oosthuizen

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk

Hierin kyk Jean krities na die NG Kerk se geskiedenis sedert Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap, tot waar die kerk vandag is. In sy bestaan van meer as 350 jaar het die NG Kerk en die Nasionale Party so verstrengel geraak dat die kerk as die ‘Nasionale party in gebed’ bekend gestaan het. As instelling wat apartheid uit die Bybel geregverdig en verdedig het, het die kerk se vernietigende invloed nie alleen gemeenskappe in Suid-Afrika van mekaar vervreem nie, maar ook lidmate wat kritiese vrae gestel het, veroordeel. 

Wit Terroriste, Afrikaner-Saboteurs in die Ossewabrandwagjare

geskryf deur Albert Blake

Wit Terroriste, Afrikaner-Saboteurs in die Ossewabrandwagjare

In hierdie boek, vertel Blake die dramatiese ware verhale van Afrikaners wat hulle tot terreur gewend het. Onder hulle tel die sanger, Steve Hofmeyr, se oupa en die latere eerste minister John Vorster, asook die wêreldbekende stoeier, Johannes van der Walt. Wat het hulle gedryf? Waarvoor het hulle baklei? Was hulle verraaiers of was hulle ware patriotte? Dié boek bied ’n fassinerende blik op ’n hoogs aangrypende deel van die Afrikaner-geskiedenis. 

101 Grappe Reeks

geskryf deur Jaco Jacobs

101 Grappe Reeks

Hoe weet jy daar het ’n sneeuman in jou bed geslaap? Die lakens is sopnat en daar is ’n wortel op jou kussing... Dis maar net een van die lawwe grappies in hierdie vier boekies geskryf deur Jaco Jacobs. Dit sluit in: 101 Lawwe Grappe, 101 Pouse Grappe, 101 Dieregrappe en 101 Klop-klop Grappe... hierdie boekies waarborg om jou kinders vir ure besig te hou en te laat giggel... selfs vir jou...

The Sperrgebiet, Nature’s Parched Masterpiece

geskryf deur Graham en Francoise Williamson

The Sperrgebiet, Nature’s Parched Masterpiece

Die Sperrgebiet is ‘n bekende landmerk in Namibië. Dit huisves nie net van die wêreld se waardevolste diamante nie, maar ook ander sierstene, sowel as fossiele uit die dinousourus-era en natuurlik ongelooflike aanpasbare fauna en flora. In hierdie boek sal jy alles wat jy wil weet oor die Sperrgebiet kan uitvind asook die skrywers se persoonlike ervarings.

The Mind Connection

geskryf deur Joyce Meyer

The Mind Connection

In hierdie boek bespreek Joyce die manier waarop ons denke ons gemoedstoestand, gedrag en besluite kan beinvloed. ’n Mens se denke kan soms lukraak en betekenisloos voorkom, maar dit hou direk verband met jou welstand elke dag. Wat jy dink, beinvloed jou woorde, houding, besluite en emosies. Dit bepaal ook jou verhouding met ander mense en met God, maar die goeie nuus is dat God ons toegerus het om beheer te neem van ons denke om sodoende gelukkiger mense te wees. 

Die Avonture van Anna Atoom

geskryf deur Elizabeth Wasserman

Die Avonture van Anna Atoom

Die lewe op ’n eiland in die Indiese Oseaan is op die oog af idillies, maar Anna Atoom is nogal eensaam. Haar ma is heeldag aan die werk in die laboratorium, van waar sy die aarde monitor vir dreigende omgewingsrampe. Dis juis so ’n krisis wat Anna van haar eiland na die verste uithoeke van die planeet neem... en net sy kan die wêreld red. Hierdie 3 in 1 omnibus is ’n vars toevoeging tot die genre van wetenskapfiksie en skep ’n gulde geleentheid om kinders omgewingsbewus te maak.

Landbou Boerekos – van die plaas na die tafel

geskryf deur Arina du Plessis

Landbou Boerekos – van die plaas na die tafel

Daar is een ding wat Suid-Afrikaners se harte warm laat klop, en dit is boerekos en in hierdie boek deel Arina die gewildste resepte uit Landbou Weekblad se trefferkostydskrif, Landbou Boerekos. Die wye verskeidenheid resepte word met alledaagse plaasprodukte voorberei en sluit smulgeregte met appels, aspersies, beesvleis, druiwe, hoender, kool, koejawels en pampoen in. Dis ideaal vir boerekosliefhebbers, haastige kokke, werkende ouers en bedrywige huisvroue... ag sommer enige iemand. 

Speelmaats reeks

uitgegee deur Lapa

Speelmaats reeks

Dit sluit in: ‘Beer leer om te Deel’, ‘Eekhoring is Hartseer’, ‘Hondjie leer goeie maniere’, ‘Katjie leer om te luister’, ‘Krokodil is Kwaad’, ‘Hamster leer om te help’, ‘Skaap is bang’ en ‘Seekoei is Gelukkig’. 
Al hierdie boekies is spesiaal geskryf vir jong kinders wat leer om hulle emosies te begin verken en dit sluit ook wenke in om gesprekke rondom die verskillende temas aan te moedig. 

Death & Taxes, How SARS made hitmen, drug dealers and Tax dodgers pay their dues

geskryf deur Johann van Loggerenberg

Death & Taxes, How SARS made hitmen, drug dealers and Tax dodgers pay their dues

Die gesegde lui, niks in die lewe is verseker nie, behalwe dood en belasting... en in hierdie boek vertel die skrywer hoe van Suid-Afrika se grootste kriminele deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ondersoek en vervolg is. Hy werp ook lig op wat by die SAID na 2014 aan die gang was.

Die Vertes in

geskryf deur Zirk van den Berg

Die Vertes in

Die verhaal speel af in Duits Suidwes-Afrika tydens 1905, ’n tyd van oorlog en beroering. Siegfried Bock kom na die kolonie om te wys hy’s ’n man. Lisbeth Lowenstein, ’n arm jodin, moet met ’n Duitse Setlaar trou wat sy skaars ken. Mordagai, ’n Damara-man ontsnap uit ’n konsentrasiekamp en ’n dokter se pseudo-wetenskap word in twyfel getrek deur ’n Nama Leier. Al die karakters se lot word op spannende wyse vervleg en stuur af op ’n ontknoping wat hul menslikheid tot die uiterste beproef. 

Kieme: Boosaardige bakterieë, woeste virusse en vieslike fungusse

geskryf deur Steve Mould

Kieme: Boosaardige bakterieë, woeste virusse en vieslike fungusse

Nou ja, onshoef seker nie verder uit te brei oor waaroor die boek gaan nie... behalwe om te sê dat dit baie prettige, leersame inligting bevat om kinders van aangesig tot aangesig met die wonderwêreld van piepklein wetenskap te bring. Die jong wetenskaplikes onder ons sal hierdie boek nie kan neersit nie.

Richtersveld, the Enchanted Wilderness

geskryf deur Graham Williamson

Richtersveld, the Enchanted Wilderness

Dit is die tweede hersiene uitgawe van dié mooi koffietafelboek en hierin word die geskiedenis en die mense van die Richterveld in detail bespreek. Dit is ook ’n handige gids vir die unieke fauna en flora wat daar voorkom en die boek sluit ‘n kaart van die Richtersveld in wat handig te pas sal kom as jy ’n besoek daarheen beplan.

Lam ter Slagting

geskryf deur Madelein Rust

Lam ter Slagting

Doktor Renata Malan en haar span word aangestel om ’n reeks grusame moorde op te los. Die spoor is koud. Hierdie boek vertel die verhaal van korrupsie, georganiseerde misdaad, gierigheid en ongekende magsdrang. Voeg daarby die donker bedrywighede van ’n kultus en die geheimhouding van die Vrymesselary en die tafel is gedek vir ’n end-uit naelbyt storie. 

Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse

geskryf deur Herman Lategan

Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse

In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm word. Herman kies telkens ’n woord en bou ’n storie om dit en hy is nie bang om sosiale kommentaar te lewer nie. Van die stories handel oor verlies en verlange en ander is sommer net laf of selfs katterig. Die stories is afkomstig uit die ‘Woorde wat wip’ rubriek wat tweeweekliks in Rapport verskyn en sal selfs die mense met die stroefste Hallelujagesigte opkikkers. 

What makes them great, 50 ways to become the industry leader

geskryf deur Douglas Kruger

What makes them great, 50 ways to become the industry leader

In hierdie boek ondersoek Kruger die vraag waaroor baie van ons wonder, naamlik watse eienskappe moet ’n mens hê om die leier van jou bedryf te word? Is dit charisma? Is dit ongeëwenaarde kennis oor jou vakgebied? Is dit jou vermoë om jouself te bemark? Kruger gee ook 50 praktiese stappe om te volg as jy beoog om die leier van jou bedryf te word.

Vuurwarm

geskryf deur Jan Braai

Vuurwarm

Suid-Afrikaners vier elke jaar Nasionale Braaidag op 24 September. ’n Dag vir al die burgers van Suid-Afrika om lekker te ontspan en rondom die braaivleisvure te kuier met hul vriende en familie. Die dryfkrag agter hierdie inisiatief is ’n man bekend as Jan Braai.
 
In sy tweede boek, Vuurwarm gaan Jan verder as algemene raad oor vuurmaak en die braai van steak, tjops, hoender en wors: Hy daag ons uit om ook sy heerlike kerrie-potjies, pannekoek, hoender-mayonnaise broodjies, malvapoeding en appeltert op ’n oop vuur te probeer!
 
Vuurwarm spog ook met maklike instruksies, volkleur foto’s en Jan se kenmerkende braaihumor. Dié pragboek is gepak met meer as 80 lusmaak-resepte, wat alle braaiers – van beginners tot dié wat wéét – sal inspireer om vriende en familie te nooi vir smulkos en samesyn.

Bruistablette vir die lewe

geskryf deur Susan Coetzer

Bruistablette vir die lewe

Bruistablette vir die lewe is ’n praktiese en opbouende dagstukkieboek met daaglikse teksverse en gebede om die lewe se uitdagings met ’n oemf te kan aanpak!

Ons almal is op soek na iets wat ons nie net ’n paar uur woema sal gee nie, maar wat ons daagliks sterker en kragtiger sal maak te midde van uitdagings, teleurstellings en ontnugterings. In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat ons meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.

Oor die Outeur

Susan Coetzer is bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Haar roman, Oros vir die siel, het meer as 30 000 eksemplare verkoop. Die afgelope paar jare maak sy naam deur voor hoofsaaklik vrouegehore op te tree. Sy woon in Johannesburg en het een seun en een kleinseun. Bruistablette vir die siel is ‘n dagstukkieboek om meer te bruis en minder te brul in die lewe.

Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand

geskryf deur Izak du Plessis

Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand


Lê hy dood iewers in ’n mynskag? Of het hy die hasepad gekies terwyl aanklagte van bedrog en diefstal teen hom opgehoop het? Dié vrae hang in die lug nadat Ralph Haynes, die “mafiabaas” van die Wes-Rand, op 21 Januarie 2011 spoorloos verdwyn het. Nadat hy op daardie dag in ’n helikopter geklim het, is hy nooit weer gesien nie.
 
Haynes se vriende, wat berugte karakters soos Ferdi Barnard en Corrie Goosen insluit, onthou hom as ’n vrygewige Robin Hood wat armes van groente en geld voorsien het. Sy slagoffers, daarenteen, onthou hom as die meedoënlose skelm wat hulle uit groot bedrae geld en besittings geswendel het. Vandag wonder sy eksvrou wat met haar sal gebeur as Haynes onverwags sy opwagting sou maak.
 
Joernalis Izak du Plessis stel ondersoek in na die lewe en verdwyning van dié enigmatiese grootkop van die onderwêreld.

This is South Africa

geskryf deur Peter Borchert

This is South Africa

Dis ’n koffietafelboek oor ons land met pragtige kleurfoto’s en interessante brokkies. Dit wys Suid-Afrika se asemrowende natuurskoon die diverse fauna en flora, die besige stede en natuurlik ook die vele kulture van ons mense – werklik ’n boek wat in elkeen van ons se huise hoort.

Hoezit! Die wonderwêreld van Natuurrampe

geskryf deur Jaco Jacobs en Fanie Viljoen

Hoezit! Die wonderwêreld van Natuurrampe

Wat veroorsaak ’n Tsunami? Hoe vinnig waai die wind binne-in ’n tornado? Wat gebeur in binne-in ’n vulkaan? En waar kom die meeste aardbewings voor? Kry antwoorde op al hierdie vrae in dié boek vir laerskoolkinders propvol fassinerende feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite.

Die Tale wat ons Praat

saamgestel deur Danny Fourie

Die Tale wat ons Praat

Hierdie boek het sy ontstaan te danke aan die gewilde RSG radioprogram met dieselfde naam. Afrikaans is uniek en deurspek van interessanthede wat jy in geen ander taal kry nie, byvoorbeeld ‘Smutsies’ en ‘Hertzoggies’ verwys na die koekies wat gebak is om dié voormalige eerste ministers te vereer. Maar het jy geweet die Moeslemvroue van die Bo-Kaap het ’n proteskoekie genaam ’n ‘Tweegevreetjie’ geskep toe Hetzog sy belofte om stemreg aan bruin mense toe te staan, verbreek het.

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie

geskryf deur Pieter Odendaal

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie is ’n opwindende en verweefde debuut uit ’n jong digter se pen. Met ’n eietydse en aktuele aanslag skryf Odendaal oor die politiek van verskil in ’n multikulturele samelewing, die natuur en ons ekologiese voetspoor, verganklikheid, menswees, die liefde, asook die onlangse studentepolitiek. Ten einde vra hy: Re mang? Wie is ons? En wie is hulle? 

Wat het geword van Dinsdag?

geskryf deur Tinus Horn

Wat het geword van Dinsdag?

Joe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. Nie rêrig nie. Hy ontmoet ook vir Michael, ’n verloopte Suid-Afrikaanse Jood met absurde drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink. Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag?. Dis ’n roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman ’n terugblik op drie onstuimige dekades in Johannesburg, en andersyds ’n verhaal van een man se leuens wat hom inhaal – oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan onthou, maar bowenal oor Nina. ’n Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.

Storie vir Pikkies en Peuters

geskryf deur Gertie Smit

Storie vir Pikkies en Peuters

Hierdie boek bied vir kinders van een tot drie jaar oud 'n versameling ouderdom- en onderwerpgepaste stories. Dit is saamgestel volgens die nasionale opvoedkundige vereistes vir 1-3 jaar en dit is 'n onmisbare hulpmiddel in speelskole, en 'n staatmaker op die tuisboekrak. Die 40 kort stories is ingedeel volgens die seisoene, met illustrasies deur 4 verskillende kunstenaars. 

Field Guide to Fynbos

geskryf deur John Manning

Field Guide to Fynbos

Hierdie boek, wat vir die eerste keer in 2007 gepubliseer is, is nou bygewerk om meer as ‘n 1000 spesies fynbos te beskryf en pragtige kleurfoto’s maak dit maklik om die plante te identifiseer. Dié boek is ’n baie goeie gids tot Fynbos in die Kaap en enige een met ’n belangsteling in hierdie besondere plantspesie sal die boek gebruiksvriendelik en informatief vind. 

Ta-Da! Die beste uit die Tuis-kombuis

geskryf deur Johané Neilson

Ta-Da! Die beste uit die Tuis-kombuis

As jy jou gaste wil beïndruk, maar nie ure voor die stoof wil deurbring nie, is Ta Da! net die kookboek vir jou.

Tuis, Suid-Afrika se voorste dekor- en tuingids, se resepte is ewegewild as hulle mooimaakplanne. Dié tydskrif se kosredakteur, Johané Neilson, het die resep vervolmaak om met maklike truuks indrukwekkende kos voor te sit. Sy deel handige wenke vir hoe om die ta-da! in ’n gewone dis te sit en dit moeiteloos soos ’n gourmet-maal te laat lyk.

Die boek is ingedeel volgens die seisoene en bevat alles van ligte somersmaaltye tot koesterende winterskos, resepte vir bykosse en liplekker nageregte. Daar is alles van kerrieviskoekies en potgebraaide bief met spek en biltong tot botterskorsie-rolkoek en klapperkoek.

Dit was nog nooit so maklik om jou geliefdes te beïndruk nie!

Die Groot Aanhalingsboek

Uitgegee deur Lux Verbi

Die Groot Aanhalingsboek

“Die woord is oneindig magtiger as die swaard en wie dit kragtig en met wysheid gebruik, is magtiger as konings,” het Jeremias Gotthelf gesê. Die Groot Aanhalingsboek is ’n onontbeerlike gids vir die regte woord op die regte tyd en dit bevat meer as 3 000 aanhalings, wyse woorde, heildronke, spreuke en teksgedeeltes oor meer as 350 onderwerpe vir die leser met ’n Christelike lewensbeskouing. 

Onderwerpe sluit van aanbidding tot ywer in, en daar is ook spesiale woorde vir spesiale geleenthede soos verjaardae. Daar is woorde vir motivering en inspirasie, troos en bemoediging, vir spesiale vriende, ’n geliefde of vir ’n romantiese geleentheid, aanmoediging vir enige groot onderneming of lewenstaak, vrolike heildronke vir feestelike dae en spreuke uit verskillende lande. Die skrifgedeeltes vir naslaan vir noodsituasies verskaf troos uit God se Woord op die regte tyd.

Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome

geskryf deur Naas Grové

Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome

Dit is die eerste volledige streekgids oor inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom. 

Dit sluit in: 
  • Beskrywing van meer as 170 spesies inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom georden volgens FSA-nommer;
  • Familie- en genusbekrywings van die boomspesies;
  • Oorsprong en verklaring van wetenskaplike name en die beskermingstatus van bome;
  • Afrikaanse streekname wat 'n ryk taal- en kultuurerfenis verteenwoordig;
  • Boomname in Afrikaans, Engels en / of in Setswana of isiZulu;
  • Meer as 350 kleurfoto's;
  • Interessante boomstories, ekologiese inligting en allerlei nuttige praktiese wenke oor die gebruik en aanwending van inheemse bome;
  • Opgedateerde wetenskaplike en gewone name.

Dankie Generaal

geskryf deur Nico Moolman

Dankie Generaal

Hierdie pragtige kleurboek bevat meer as 100 rare foto's uit die Anglo- Boereoorlog waarop Nico die afgelope paar jaar in sy 'speurtogte' as leke-historikus afgekom het. Die foto's bied 'n intieme blik op Boerekrygers en Britse soldate en bevat detail oor praktiese werklikhede van die oorlog. Tussendeur vertel Nico die verhale van sy ontdekkingstogte oor die jare, van die dagboek van 'n Boerekrygsgevangene wat op ‘n DBV vullishoop gevind is tot die oorlog-slagveld wat hy herontdek het. Geskiedenisliefhebbers sal mal wees oor die boek. 

How to get a SARS refund

geskryf deur Daniel Baines

How to get a SARS refund

Die titel van die boek verduidelik reeds waaroor dit gaan. Dit is nou belastingseisoen is, en baie van ons krap seker kop oor hoe om die minste moontlike belasting wettig te betaal... wel, dan kan hierdie boek jou beslis help... 

Bloedbande

geskryf deur Wilhelm Verwoerd

Bloedbande

Wilhelm Verwoerd keer na jare in Ierland terug na Suid-Afrika om vrede te maak met sy familie en geskiedenis. In die Verwoerd-Strandhuis hang ’n gesinsfoto waarop sy oupa, HF Verwoerd, hom as baba teer vashou. Hoe versoen hy dié menslike oupa met die gehate onderdrukker van so baie. In sy soektog na begrip, kom Wilhelm op ouma Betsie se private dagboeke af en voer hy soms ongemaklike gesprekke met mense wat sy van as vloekwoord onthou. So ontvou ’n geskakeerde blik van wat dit beteken om vandag in Suid-Afrika te leef. 

Ek plak en speel

uitgegee deur NB Uitgewers

Ek plak en speel

Hierdie boekies bevat 40 selfklewende plakkers wat die kleintjies dan heerlik kan plak in die boek en ook inkleur. Elke bladsy bevat ’n aktiwiteit en as beloning kan jy ’n pandagesiggie onderaan elke bladsy plak. Dit sal jou kleuters vir ’n hele rukkie besighou.

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie

geskryf deur Jaco Jacobs

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie

Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie. In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat ’n fotoboek oor windpompe wil publiseer. Dis sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het. Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana wat sonder dat sy dit weet hom oortuig om ’n skaap te steel. Hierdie humoristiese, hartroerende tienerboek sal jou anders laat kyk na die dinge wat die lewe die moeite werd maak.

Sielskos: Stories van verlange en hoop

geskryf deur Koos van der Merwe

Sielskos: Stories van verlange en hoop

Hierdie bundel is saamgestel uit hoogtepunte van die laaste 15 jaar se ‘Laaste sê-rubrieke’ deur die skrywer in Sarie-tydskrif. Koos weef meesterlik met woorde en het die vermoë om diep betekenis uit alledaagse situasies te haal. Hy vertel van mense, en hulle soeke na hoop, maar ook ons almal se verlange na die Een wat ons nooit sal laat gaan nie. 

Ek is Liza

geskryf deur Liza Smit saam met Raquel Lewis

Ek is Liza

Hierdie boek vertel die verhaal van Robert en Jeanne Smit wat op 22 November 1977 koelbloedig vermoor is. Liza is hulle dogter en was maar dertien toe sy en haar broer wees gelaat is deur dié polities gemotiveerde moorde. Dekades later weet hulle steeds nie wie het opdrag daarvoor gegee het nie. Liza se verhaal word afgewissel met uittreksels uit die WVK-verslag, maar hierdie is baie meer as net ’n storie oor die ongure onderwêreld van die destydse Suid-Afrika, dis ook die verhaal van ’n jong vrou wat haarself uit ‘n persoonlike hel probeer red.  

Fishes of the Okavango Delta and Chobe River, Botswana

geskryf deur Mike Bruton, Glenn Merron en Paul Skelton

Fishes of the Okavango Delta and Chobe River, Botswana

Hierdie boek is ’n volledige gids oor die visse van daardie omgewing. Dit sluit in agtergrond-inligting oor die diverse akwatiese habitat van die streek, asook inligting oor die visse se voeding, teling en oorlewingsstrategieë. Elke vis word in detail beskryf met ’n kleurfoto daarby sodat ’n mens dit maklik kan uitken. So as jy ’n visserman of hengelaar is, dis vir jou. 

Rand en Sent

geskryf deur Suzaan Steyn

Rand en Sent

Rand en Sent, gegrond op die gewilde gelyknamige RSG-program, is ’n onontbeerlike gids tot goeie persoonlike finansiële bestuur. Suzaan Steyn bring die kundigheid van kenners van gerespekteerde finansiële instellings hier op ’n toeganklike wyse bymekaar. Die boek is ideaal vir lesers wat nie noodwendig toegang tot die dienste van finansiële adviseurs of konsultante het nie. Raad word verskaf oor hoe om ’n begroting behoorlik op te stel – en te laat klop. Mense wat hulle in die dryfsand van skuld bevind, kry waardevolle wenke oor hoe om uit dié aaklige spiraal te ontsnap en te begin spaar. Alles wat ’n mens oor eiendomsbeleggings, algemene en aanlynbeleggings behoort te weet, is hierin vervat. Inligting oor hoe om die maksimum opbrengs uit polisse te verseker, word gegee, en skuiwergate wat ’n mens op die finansiële pad kan laat struikel, word uitgewys. En nog vele meer. Noodsaaklike leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat ernstig oor hul geldsake is.

Ys

geskryf deur Rudie van Rensburg

Ys

Kassie en Rooi is nou in die Spesiale Spookeenheid – ’n elite SAPD-groep. Maar as oud-stasiespeurders word hul vaardighede ernstig bevraagteken deur hul nuwe bevelvoerder. Wanneer ’n Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit ’n gulde geleentheid om hul staal te wys, tussendeur ’n Washington-gekonkel, ’n oud-Pollsmoor-gevangene op vrye voet in Kaapstad en duisterhede in hul bevelvoerder se persoonlike lewe. En dan’s daar die man met Die Drang . . . en sy kettingsaag. 

Madiba Magic

Uitgegee deur NB

Madiba Magic

Die gewilde Madiba Magic, wat spesiaal vir die Mandela-vieringe in Engels in ’n nuwe formaat uitgereik is, bevat ’n versameling stories so oud soos Afrika self, wat deur die eeue heen om aandvure oorvertel is. Dit sluit in magiese oerverhale van die San en ander inheemse groepe, tot verhale van die vroeë seevaarders wat met hul seilskepe ook stories met hulle saamgebring het. Die jong leser word verder ook bekendgestel aan die slim planne en onnutsige streke van die wesens wat hierdie ruwe, veeleisende kontinent bevolk – hulle diep menslikheid, ruim harte en spontane humor. Die Jakes Gerwel Stigting en Tafelberg-Uitgewers herdenk vanjaar saam Nelson Mandela se honderdste geboortedag op 18 Julie 2018 met die heruitreiking van Madiba Magic. Madiba se versameling geliefde kinderstories sal by vyftien skole regoor die land bekendgestel word.  Ervare storievertellers sal by skole in die Oos-Kaap, Gauteng en die Wes-Kaap stories uit die boek op vindingryke manier vir jong leerders toeganklik maak deur voordrag, dans en musiek. Skole waar daar min blootstelling is aan boeke en lees, word ingesluit by hierdie projek. Benewens die interaksie met die leerders skenk Tafelberg-Uitgewers ook boeke aan die skoolbiblioteke wat besoek word.

Steinhoff en Die Stellenbosse Boys

geskryf deur James-Brent Styan

Steinhoff en Die Stellenbosse Boys

Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot 'n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel.

Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir 'n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en 'n blinkswart Jaguar vir 'n ou universiteitskoshuis.

Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld? Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en in- dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dít wat die groep oor jare probeer wegsteek het.

Steinhoff en die Stellenbosse Boys is 'n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.

Kweek kinders met heel harte

geskryf deur Hettie Brittz

Kweek kinders met heel harte

Ouers staan vandag, met die werklikheid van sosiale media en die internet, voor groter uitdagings as ooit. Die vertroude ouerskapkenner Hettie Brittz verduidelik hoe ons, terwyl ons ons kinders beskerm teen die dinge waarvoor hulle nog nie gereed is nie, hulle ook weerbaar kan maak teen seerkry en gevare. Met liefde en begrip kan ons ons kinders se selfbeeld, emosionele intelligensie en goeie karakter help bou. Kweek kinders met heel harte is ’n praktiese en inspirerende gids vir dié groot taak.


SAUK 1936 – 1995

geskryf deur Wynand Harmse

SAUK 1936 – 1995

Die geskiedenis van die eerste 59 jaar van die SAUK se bestaan; vanaf 1936 tot 1995. Die ontstaan van openbare uitsaai, die missie en doelwitte daarvan en waarom dit hersien moet word.

Die politieke element word bespreek: Watter soort stut was die SAUK vir apartheid? Watter rol het die SAUK gespeel as sleutelspeler in die transformasieproses? Daar word gekyk na politieke inmenging en aanstellings wat direk uit die Uitsaaiminister se staatsdepartement gemaak is.

Die SAUK se sleutelrol in geskiedkundige gebeure: Die vrylating van Nelson Mandela en die vryheidsverkiesing van 1994. 

Die boek behoort nie net die wye publiek nie, maar ook akademici, historici en politici te interesseer.

Good Capitalism, Bad Capitalism – the Role of Business in South Africa

geskryf deur Prof. Raymond Parsons

Good Capitalism, Bad Capitalism – the Role of Business in South Africa

This book by Prof Raymond Parsons offers new perspectives on many of the decisions and events that have shaped the country’s recent economic history South Africa has entered a new era. Will President Ramaphosa and his administration, together with social partners such as business and labour, be able to turn the economy around and at last satisfy the aspirations of millions of people who for decades have been promised better lives? Will South Africa be able to hold its head high again in Africa and the world and see its long-cherished vision of socio-economic transformation becoming a reality instead of dissolving into another disappointing mirage? And what role should business and organised business play in all of this? Although it is the main driver of the economy, business has for years been a passenger in economic policy-making. Organised business, in turn, has found it increasingly difficult to be an effective voice for the constituencies it is mandated to serve. What should business now be doing to adapt to, and above all influence, the changing political and economic landscape in the country?

Good Capitalism, Bad Capitalism – the Role of Business in South Africa offers new perspectives on many of the decisions and events that have shaped the country’s recent economic history, including what institutions and individuals have (and have not) done to eradicate the legacy of apartheid and bring South Africa to where it is today. South Africa has the opportunity to learn from its history, both good and bad, and to embrace ‒ as Ramaphosa promises ‒ a ‘new dawn’. New thinking and a large dose of pragmatism are needed to build a more productive and united country, with entrepreneurship and transformational leadership among the keys to results-driven economic policy-making and business planning. 

Good Capitalism, Bad Capitalism is the work of prominent economist, Prof Raymond Parsons from the NWU Business School. Given his extensive experience in organised business in South Africa, and his keen grasp of South Africa’s political economy, Professor Parsons is uniquely qualified to write a book of this nature. In a powerful narrative, he arrives at some unexpected yet insightful conclusions about the South African economy and the role of business that, while perhaps not resonating with everyone, will demonstrate how challenging it is to govern and do business in South Africa. All those who are concerned about the economic well-being of South Africa will find Professor Parsons’ latest book both absorbing and thought-provoking.

The Coffee Route 2018 - A guide to Cape Town's Hottest Coffee Spots

geskryf deur Nicky Elliot & Yvette Wilsenach

The Coffee Route 2018 - A guide to Cape Town's Hottest Coffee Spots

Hierdie boek, is soos die naam sê, 'n gids tot die beste koffiewinkels in en rondom Kaapstad. Dit is al die vierde opgedateerde uitgawe wat 'n mens op hoogte hou van die opwindende en ewig veranderende koffiewinkels in die Kaapse omgewing. Koffiewinkels is die plek waar mense ontmoet met vriende, waar hulle eposse opvang of lees of selfs net die uitsig en die wortelkoek geniet en sit en tob oor die lewe.  Die winkels is geografies gegroepeer met 'n handige kaart daarby in elke omgewing. Die inligting sluit in watse tiepe koffies bedien word, of daar elektriese punte is, wifi, hoe maklik parkering is en wat nog 'n mens in die omgewing kan doen. 

Huppelkind

geskryf deur W.O. Kühne

Huppelkind

Die klassieke Huppel-stories is weer beskikbaar in een pragtige bundel. Wie onthou die Slaapkouse en die Nuuskierige Agies wat moet help dat Storieman sy storie vertel in Wip-Huppel-Wip? In Vrolike Huppelkind besoek hy saam met Fiefman die Land van Wol en Hare, en wanneer Huppel verjaar, kry hy 'n regte koekoek in 'n klok! Die kleurvolle, komiese karakters en die vrolike Huppel, tesame met Dorothy Hill se bekoorlike illustrasies, steel kinders se harte sommer gou weer in 2018.

Dors

geskryf deur Marinda van Zyl

Dors

In die loop van 1876 kom verskeie groepe Transvalers by die samevloei van die Krokodil- en Maricoriviere aan met die idee om na Damaraland te trek. ’n Land wat hulle net uit die stories van jagters ken. Om daar te kom, moet hulle ’n stuk waterlose Kalahari, bekend as die Dors, oorsteek. Maar die magstryd tussen die voormanne van elke groep om die hoofleier van die trek te wees laat die trek op ’n ramp afstuur, lank voor hulle die Dorsland binnegaan. Anderkant die dors wag daar nie ’n land van melk en heuning nie, maar koors, tsetsevlieë, olifante en leeus. ’n Land vir mense wat uit hardekool se hout gesny is. ’n Land vir mense wat die dood kan vat en kan doodmaak sonder om ’n oog te knip.

Noupoort

geskryf deur Pieter Bonthuyzen

Noupoort

Hierdie boek vertel die verhaal van Angelique Muller wat wegloop na ’n kinderlewe vol seerkry en pyn en haar ’n paar jaar later in die kloue van drank en dwelms bevind wat byna haar lewe eis. Sy beland by Noupoort, die rehabilitasiesentrum in die Noord-kaap en daar word sy omring deur hartsmense wat haar bystaan en haar lewe weer sin gee. En sy besef gou dat vergifnis net op een plek verkry kan word... Anderkant die nou poort. 

The Madiba Appreciation Club, A chef’s story

geskryf deur Brett Ladds

The Madiba Appreciation Club, A chef’s story

Brett was Madiba se chef vanaf 1994 tot 2000 en het ook vir Thabo Mbeki kos gemaak by die Presidensiële Gastehuis. Sy boek handel oor sy tyd daar en wie hy almal ontmoet het, van Koningin Elizabeth en Tony Blair tot Fidel Castro, Naomi Campbell en Quincy Jones. Hy gee ook insae in die ongelooflike man wat Nelson Mandela  was en van watse kos hy die meeste gehou het. Hierdie boek gee ’n mens ’n lekker blik in die lewe agter die skerms by die Presidensie. 

Voetstappe in die bos

gekryf deur Rian Swiegers

Voetstappe in die bos

In dié boek deel Rian sy ervarings oor die Bosveld en spesifiek die Krugerwildtuin. Rian het vir baie jare gereeld op staptogte in die Kruger gegaan en dié boek is ’n samevatting van al sy onthou-oomblikke. Die avontuur en opwinding sluit nie net konfrontasies met die Groot Vyf in nie, maar as gevolg van ’n opregte belangstelling in die natuur, word elke tree in die bos ’n onvergeetlike ervaring deur Rian se oë. En ’n gedeelte van die opbrengs van die boek word geskenk aan SANParke se Ereveldwagters. 

Die rooikop en die redakteur en ander stories

geskryf deur André P. Brink

Die rooikop en die redakteur en ander stories

Dekades voor hy beroemdheid verwerf het as internasionaal bekroonde skrywer van meer as 25 romans, het André P Brink gedurende die vyftigerjare sy brood en botter verdien met die skryf van stories vir gesinstydskrifte. In dié bloemlesing verskyn daar vir die eerste keer ooit ’n keur van die liefdesverhale wat hy as student in die destydse Die Brandwag en ook  Die Huisgenoot gepubliseer het.

 In dié dosyn verhale oor eertydse jintelmans en koppige heldinne wat nie huiwer om hul sê te sê nie, word dit gou duidelik hoe die vroeë Brink sy skrywerstem geslyp het, en andersyds kan ’n mens onmiddellik ’n kern van sy latere, volwasse skrywerstem bespeur. Die landskap van Parys, ’n boekeredakteurskantoor, die onmoontlikheid om tussen twee liefdes te moet kies: Leitmotifs wat jare later, hoewel meer vervorm, steeds sou weerklank vind in Brink se werk.

Die rooikop en die redakteur en ander stories kombineer Brink se eiesoortige humor met ’n tikkie nostalgie – perfek vir ’n ouer én nuwe geslag lesers. Dit is saamgestel deur Cecilia van Zyl, voormalige verhaleredakteur van Huisgenoot.

Ingrid Jonker 'n Biografie

geskryf deur Petrovna Metelerkamp

Ingrid Jonker 'n Biografie

Ingrid Jonker, begaafde jong digter, loop op 19 Julie 1965 die see in by Drieankerbaai en verdrink. Sy laat haar familie en vriende agter met meer vrae as antwoorde. Gedurende die afgelope 50 jaar het sy ’n ikoon van die Afrikaanse en Suid- Afrikaanse letterkunde geword. In so ’n mate, dat haar lewe en veral haar dood soms haar werk en die belangrike bydrae wat sy tot die literêre beweging van die Sestigers gemaak het, oorskadu.
 
Haar politieke sieninge, soos uitgedruk in haar poësie en haar passie en die droefheid van haar onstuimige liefdesverhoudings met onder andere Jack Cope en André P. Brink het al tot baie besprekings gelei. Sy het weer onder die publieke oog gekom toe oudpresident Nelson Mandela in sy inhuldigingsrede in 1994 in die Parlement een van haar gedigte aangehaal het. Hy het haar gedig: “Die Kind” voorgelees en gesê: “Sy was beide ’n digter en ’n Suid-Afrikaner.” Sedert haar dood is daar vele bespiegelings oor haar lewe en tragiese einde. Van dié vrae word beantwoord in hierdie eerste omvattende biografie. Petrovna Metelerkamp doen al jare navorsing oor Jonker. Sy neem die leser saam deur Ingrid se grootwordjare, digterslewe, liefdesverhoudings en die laaste paar jaar van haar lewe.
 
Metelerkamp bring nuwe inligting aan die lig wat sy neem uit onbekende nuwe briewe en dagboekinskrywings, o.m. uit die dagboeke van Jack Cope. Talle nuwe onderhoude met mense wat Jonker geken het, word in die biografie opgeneem. Sy weerlê ook die beeld van Jonker as ’n ongebalanseerde kunstenaar wat haar houvas op die werklikheid verloor het in hierdie toeganklike biografie oor een van Suid-Afrika se aangrypendste kunstenaars.

Ter wille van die vaders

geskryf deur Marzanne Leroux-Van der Boon

Ter wille van die vaders

Henok kry ’n verrassing wanneer sy vrou laat weet dat sy in Israel kom kuier. Waar die Cohens Erev Shabbat vier, is dit duidelik dat Re’uven en Shlomit se pyn oor hul eersgeborene se dood nog vlak lê. Dit laat Marc wonder of hy Adonai sal kan liefhê as dit met hom sou gebeur. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.

Slymboek: alles wat jy moet weet om perfekte slym

uitgegee deur Lapa

Slymboek: alles wat jy moet weet om perfekte slym

Meer as 30 glibberige, glyerige, grillerige, kleurvolle resepte wat die jongklomp wys hoe maak jy ... slym!

Rek, trek, druk en speel met hierdie fantastiese, eenvoudige resepte wat van goedkoop, maklik bekombare en veilige alledaagse produkte gebruik maak. Maak jou eie Monsterslym met oë binne-in, koes vir die uitbarsting van Vulkaanslym, en lek jou lippe af vir heerlike, eetbare Sjokoladeslym!

Al die projekte word met behulp van duidelike stap vir stap foto’s verduidelik. Vind ook in die feitekassies meer uit oor die wetenskap agter jou slymerige skeppings, en eksperimenteer met verskillende variasies van die resepte. Die nuutste aktiwiteitsgier vir kinders is klewerig, klouerig – en tonne pret. So, waarvoor wag jy – begin maak jou eie slym!

Al die slymresepte in die boek is boraksvry.

'n Luiperd in my bed

geskryf deur Annelize Slabbert

'n Luiperd in my bed

Annelize Slabbert was ’n joernalis in Johannesburg en haar man, Gerard, ’n apteker. Doodgewone stedelinge. Toe word hulle moeg vir die lewe in die stad, die spitsverkeer en die gejaag, en verhuis sak en pak na Botswana. Hier, in die son en sand van die Sentraal-Kalahari, gaan hulle ’n luukse vierster-lodge bestuur.

Min het hulle geweet wat wag.

Tussen die luiperdwyfie in die slaapkamer, die dansende Russe en “wilde diere” in die swembad, sal ’n Luiperd in my bed jou laat lê van die lag . . . en jou twee keer laat dink voor jy jou eie landelike idille aandurf.

50 Prutpot Geregte

uitgegee deur Lapa

50 Prutpot Geregte

Hierdie boek wys vir ons hoe om met behulp van jou prutpot of slow cooker en minimale voorbereiding heerlike bredies, sop, sappige braaistukke en selfs poeding gaar te maak, terwyl jy aandag aan belangriker dinge skenk. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik by jou plaaslike supermark bekombaar is... en al wat jy basies moet doen is dit bymekaar gooi.

Kop in die Wolke in Kromkieriefontein

geskryf deur Milan Murray

Kop in die Wolke in Kromkieriefontein

Dié boek is die derde een in hulle gewilde idioomreeks en perfek vir selflees en saamlees. Die storie gaan oor Dahlia, Bella, Tienie en Tamara wat op ’n avontuur gaan om te wys hoe wonderlik ’n wêreld vol drome en verbeelding kan wees. Die boek is pragtig geillustreer deur Marisa du Toit. 

My Lewensreis

geskryf deur Dawie de Villiers

My Lewensreis

De Villiers was Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber en gesinsman. Hy is een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het. Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis.

Around Africa on my Bicycle (Oudioboek)

geskryf deur Riaan Manser

Around Africa on my Bicycle (Oudioboek)

Dié oudio-boek vertel die storie van hierdie epiese reis wat Riaan onderneem het. Hy het 36500 km deur 34 lande gery en dit het hom presies twee jaar, twee maande en vyftien dae geneem. Dit is ’n storie van bloed, sweet en trane, maar ook van triomf en om voort te gaan al is die situasie hoe moeilik. Dit is nou die eerste keer wat hierdie topverkoper-boek van Riaan as ’n oudio-boek uitgegee word, kry hom beslis vir ‘n  lekker luister in jou motor wanneer jy op reis is... 

Knip, verf, plak: 50 prettige kunsprojekte

geskryf deur Susie Brooks

Knip, verf, plak: 50 prettige kunsprojekte

Hierdie pragtig ontwerpte handwerkboek wys jong kunstenaars hoe om vingerafdrukke, voetafdrukke en alledaagse dinge te gebruik om inspirerende, goedkoop en ekovriendelike kuns te maak. Dis ‘n versameling eenvoudige maar uitdagende handwerkprojekte wat ideaal is vir ouers met min tyd en skole met ’n beperkte begroting, en wat hergebruik en herwinning bevorder. Die boek is pragtig geïllustreer met stap vir stap instruksies en fassinerende kunswerke. 

Die Afrikaners

geskryf deur Herman Giliomee

Die Afrikaners

In dié boek vertel hy die dramatiese storie van die mense wat hulself mettertyd Afrikaners sou noem. Hierdie boek is ’n verkorte weergawe van sy boek ‘Die Afrikaners: ’n Biografie’ wat verskeie toekennings gewen het toe dit in 2008 verskyn het. Dié weergawe vat die kern van die oorspronklike vas en werk nuwe gegewens by. Gilliomee se vars styl laat die kleurryke verhaal van die Afrikaners met al sy drama, ironieë en patos leef. 

Mieke en die Meerminne reeks

geskryf deur Miranda Jones

Mieke en die Meerminne reeks

Die drie boekies in die Mieke en die Meerminne reeks sluit in, ‘Geheime onder die see, Avonture in die dieptes en Die koningin se konsert. In hierdie reeks betowerende stories maak die leser kennis met Mieke en haar meerminvriende en saam beleef hulle allerlei opwindende onderwater-avonture. Lekker boekies vir beginnerlesers. 

Blood Money

geskryf deur Johan Raath

Blood Money

Johan is ‘n oud-Recce wat sy lewe op die spel geplaas het om BBP’s en ingenieurs in Irak te beskerm wat moes help om hierdie land na die oorlog op te bou. Hierdie boek gee vir die eerste keer insae in wat dit verg om in een van die wêreld se mees oorloggeteisterde lande te werk en daar was nie net een nie, maar hoevele kere wat hy net-net oorleef het.  

Stroomop

geskryf deur Harald Pakendorf

Stroomop

Hoekom bel ’n boosaardige eerste minister ’n koerantredakteur skuins na sonop by sy huis? Waarom wil ’n kabinetsminister ’n verslaggewer met die vuiste bydam? En hoe kry ’n Afrikaanse koerant dit reg om tydens die apartheidsjare volledig oor ANC-beleidstandpunte te rapporteer?
 
Harald Pakendorf beantwoord dié vrae, en nog vele meer, in sy herinneringstog deur ’n onstuimige tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis. Die grootkoppe van apartheid kon hierdie “liberale” redakteur van Oggendblad  (1972–1979) en Die Vaderland  (1980–1986) met moeite voor hulle oë verdra. Pakendorf moes John Vorster en PW Botha se woedebuie telkemale trotseer.
 
Vandag sal lesers hul koppe in ongeloof skud oor die scenario’s wat tydens apartheid se hoogbloei in die voorkamers van politieke mag afgespeel het. Maar vir die politieke base van destyds was Harald Pakendorf sy tyd ver vooruit. Só ver dat hulle hom sonder meer uit sy redakteurstoel verwyder het. ’n Fassinerende, persoonlike terugblik wat lesers sal boei.

God, Gay, Genade

geskryf deur Retha Benadé

God, Gay, Genade

In hierdie boek vertel Retha oor haar lang pad tot aanvaarding as gay vrou en haar stryd met die kerk en die Bybel. Daar is soveel vrae waarop gay mense nooit antwoorde sal vind nie en Retha poog met hierdie boek om die leser hoop en insig te gee... en om die wonder van seksuele diversiteit te ontdek en te besef dat die verwerping van gay mense niks met God te make het nie, maar dat dit mensgedrewe en dat jy nie jou geloof moet verloor oor wat mense en die kerk sê nie. 

Daar in die ou Kalahari... Gewilde Ghanzi Resepte en Verhale

uitgegee deur die Ghanzi Vroueklub

Daar in die ou Kalahari... Gewilde Ghanzi Resepte en Verhale

Ek het vandag ’n spesiale resepteboek, ‘Daar in die ou Kalahari... Gewilde Ghanzi Resepte en Verhale, in die weste van Botswana waar ’n gemeenskap Afrikaners hulle gevestig het. Die vroue van daar het hierdie boek bymekaar gesit met ’n bietjie Geskiedenis en interessante verhale van Ghanzi ingesluit. Met die opbrengs van die boek wil hulle graag die dorpie verfraai en die straatkinders ophef. Die resepte hierin is lekker boerekos, van voorgeregte en sop tot koeke, terte, beskuit en vleisgeregte... een van daardie juweelboekies om in jou rak te hê. 

Punt versus Komma

geskryf deur Claudine Venter

Punt versus Komma

Hierin vertel Claudine van haar stryd teen kanker wat begin het toe sy in 2011 op die ouderdom van 26 gediagnoseer is met Graad 4 Non-Hodgkins Limfoom en hoe sy geleer het dat elke asemteug en elke nuwe dag net genade van God is. Sy deel haar kankeroorlog en alles wat daarmee gepaard gaan, al die terugslae tot by remissie, in ’n poging om hoop te gee aan mense wat dieselfde paadjie moet stap. 

Stuarts’ Field guide to National Park & Reserves of South Africa

geskryf deur Chris en Mathilde Stuart

Stuarts’ Field guide to National Park & Reserves of South Africa

Hierdie baie handige gids is presies wat ons almal nodig het wanneer jy een van die land se beste bewaringsareas besoek. Dit sluit in, inligting oor die geskiedenis, ligging, landskap, geologie, plantegroei en wildlewe van elke park met gedetailleerde kaarte wat ’n mens wys waar al die belangrikste wildkykplekke is. Beslis die boek om aan te skaf as jy beplan om hierdie skoolvakansie in die bos deur te bring.  

Gifbeker

geskryf deur Irna van Zyl

Gifbeker

Die storie skop af met ’n dramatiese toneel waartydens ’n omstrede kosblogger in een van die spoggerigste restaurante op Hermanus dood neerslaan – moontlik weens vergifting. Speuradjudant Storm van der Merwe is op die toneel en is kniediep in ’n wêreld wat sy nie ken nie: een van foodies... Wat sy wel weet, is dat die blogger nie die enigste slagoffer is nie en dat die dodetal styg op die vooraand van ’n gala-ete om die land se topsjefs te vereer.

Lees en Luister reeks

Uitgegee deur NB uitgewers

Lees en Luister reeks

Twee kinderboeke in die Lees en Luister reeks, die Diere Klankboek en die Eerste lesse klankboek. In hierdie slim boekies is daar 45 prentjies wat praat. Druk op elke prentjie en luister na die dier se naam en die geluide wat hy maak. Die realistiese klanke en interessante feite sal enige kind lank vermaak.

Gevaarlike Lopies & Duskant die Doodlyn

geskryf deur Jaco Jacobs

Gevaarlike Lopies & Duskant die Doodlyn

Hierdie kinderboek bevat twee aksiebelaaide sportstories wat ’n mens lekker sal laat naels kou. In Gevaarlike Lopies ontaarde ’n heerlike kriekettoer onverwags in ’n nagmerrie toe die spelers se paaie met dié van ’n gevaarlike skurk kruis en in Duskant die Doodlyn gebeur vreemde dinge met Werner-hulle se rubyafrigter en dit lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie... Lekker verhale om kinders aan te moedig om te lees... 

Polemieke Bekgevegte in Afrikaans

geskryf deur Gabriël J. Botma

Polemieke Bekgevegte in Afrikaans

Hierin gee die skrywer ons ’n blik op bekende en byne vergete woordtwiste wat die Suid-Afrikaanse geskiedenis help slyp het. Die waarde van gesprekke in die aanloop en nadraa van geskiedkundige gebeure soos rebellies, opstande en oorloë kan nie onderskat word nie en in hierdie boek kyk Botma na alles, van slawerny in die Kaap, die Groot Trek en Afrikaners Nasionalisme tot die Voëlvry beweging en plaasaanvalle. 

Vital Remains

geskryf deur Amos van der Merwe

Vital Remains

Hierdie boek is die verhaal van Winston Wicomb, broer van Randal Wicomb, wat as seuntjie nie wit genoeg was nie en sy ouers se pogings om die effek van apartheid vry te spring, bedreig het. Hy moes dus in die kas wegkruip wanneer die inspekteurs by die huis opgedaag het, maar ten spyte van hierdie politieke en sielkundige uitdagings het Winston saam met professor Chris Barnard mediese geskiedenis gemaak... ’n ware inspirasie... 

Stormkind

geskryf deur Riana Scheepers

Stormkind

Jana is net drie jaar oud toe haar ma spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so ’n stormnag ontmoet Jana vir !X’uri − ’n klein dogtertjie, bruin soos klip, met net ’n velletjie om haar heupe en ’n wit stringetjie krale om haar nek. !X’uri kom uit ’n gat in die grond waar die groot olienhoutboom se wortels eens was. !X’uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.  Stormkind is ’n betowerende, liriese verhaal oor verlies, vergifnis en die kulturele erfenis van die Boesmans.
    

Spieëlbeeld

geskryf deur Franz Marx

Spieëlbeeld

'n Spieël is 'n vreemde ding, want in 'n spieël leef 'n koue leuen; alles is andersom, verkeerdom en plat. Regs is links en links is regs. 'n Spieël lieg, dink hy, want jy kan jouself nie regtig sien nie, nes mens jouself nie kan kielie nie. Tensy jy natuurlik 'n soort aap is, dan kan jy jouself kielie. En lag. Maar Dolf Eksteen lag nie. Daar's min rede die laaste tyd om te wil lag.

Joe Minnie se lewe raak verweef met dié van een van die rykste besigheidsmanne in die land. Sy opdrag is om Dolf Eksteen met sy lewe te bewaak. Dolf se weelderige bestaan word versuur deur bedelbriewe, afpersboodskappe en doodsdreigemente, en die beeldskone Belinda Eksteen, 'n opkomende vermaaklikheidster, is soos 'n emosionele en finansiële tikkende tydbom aan sy sy. 

Met 'n rolverdeling wat 'n deursnit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap bied - die onaantasbares, die onderdruktes, die onderduimses - word Spieëlbeeld 'n intense en meesleurende, psigologiese karakterstudie wat nog vir lank by die leser sal spook. 'n Wêreldklas spanningsverhaal waartydens die leser die speurder is.   

Slym se stories

geskryf deur Fanie Viljoen

Slym se stories

Die Slym-reeks van Fanie is baie gewild en gaan oor ’n wurmpie, genaamd ‘Slym’ en al die avonture wat hy beleef. Hierdie omnibus bevat al vier die titels wat al sedert 2004 gepubliseer is en dit sluit in: Die wêreld se eerste wurm in ’n paddakonsert, Slym en die beker van geluk, Slym en die gogga-sirkus en Slym en die towertapyt. Kinders van 7 jaar en ouer sal mal wees oor dié boek. 

16 Dinge wat ek nié moes sê nie

geskryf deur Rian van Heerden

16 Dinge wat ek nié moes sê nie

In dié boek praat Rian openhartig oor hoe sy woorde hom soms diep in die moeilikheid laat beland het. Hy openbaar wat agter die skerms gebeur het en waarom hy sekere dinge kwytgeraak het. Met sy kenmerkende vlymskerp humor vertel Rian van sy moeilike grootwordjare in Randfontein, sy studentejare, sy loopbaan in die kollig en sy jarelange worsteling met gay wees.

Kalmte in die malle gejaag

geskryf deur Johannes de Villiers

Kalmte in die malle gejaag

Jy wil asem skep en die mooi dinge raaksien. Maar soms raak die lewe  dol en jy erg gestres. Bewustelikheid (mindfulness) en meditasie kan mens help om met nuwe oë na die wêreld te kyk. Johannes de Villiers vertel die stories van gewone mense wat geleer het hoe om beter interpersoonlike verhoudings te hê, 'n positiewe bydrae tot die wêreld te maak, hul woede en stres beter te bestuur en die wonderskone in elke oomblik - ook die moeilikes - raak te sien. Dit kan ook jou storie wees. 

Frogs of Southern Africa – A complete guide

geskryd deur Louis du Preez en Vincent Carruthers

Frogs of Southern Africa – A complete guide

Hierdie boek is die mees gesaghebbende en volledige gids wat beskikbaar is oor paddas in suidelike Afrika. Al 164 spesies word in detail beskryf, wat insluit die paddavis-stadia, bewaringstatus, roep, habitat en gewoontes. Identifikasie word maklik gemaak deur pragtige kleurfoto’s van elke padda.

'n Gelukkige kind

geskryf deur Pieter van Jaarsveld

'n Gelukkige kind

Die bord pap vlieg oor die tafel en die melk spat op alles. Jou oudste klap jou jongste teen die kop. En julle is al weer laat vir skool. Welkom by die klub van ouers wat soms nie meer weet hoe nie! Dr. Pieter van Jaarsveld, ’n internasionele spreker en kenner op die terrein van positiewe denke, verduidelik in hierdie omvattende ouerskapgids hoe kinders se koppe werk en hoe jý ’n gelukkige en gebalanseerde kind kan grootmaak. Dié boek wys dat dit wel moontlik is om duidelike grense te stel, terwyl jy jou kinders met liefde, respek en koestering grootmaak.

Die ou vrou en die priester en ander verhale

geskryf deur Cecile Cilliers

Die ou vrou en die priester en ander verhale

Van 1981 tot 2014 skryf Cecile Cilliers rubrieke vir Beeld, De Kat en Sa​rie. Deur die jare het sy etlike bydraes vir verskillende bundels gemaak, maar Die ou vrou en die priester is haar eerste eie kortverhaalbundel. Verskeie klassieke temas word onder die loep geneem: dit wat in ’n huwelik ongesê bly tussen man en vrou, die oorweldigende blindheid van ’n eerste liefde, die menigte vorms wat verlies kan aanneem, en bowenal die uitdagings wat met ouderdom gepaardgaan. Verskeie van die verhale bevat ’n sterk geestelike ondertoon: bewyse van ’n skrywer wat besin, wat ondersoek, en wat nie skroom om dít wat onverklaarbaar is te probeer oopskryf nie.

Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede)

geskryf deur André le Roux

Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede)

Dié boek bevat van die laaste (en skreeusnaaksste) rubrieke wat André le Roux vir Sarie geskryf het. Wat is dit met vrouens en alewig inkopies doen? En hoekom wil mans nooit dokter toe gaan nie? En vir wat moet 'n mansmens dan nou 'n huweliksherdenking onthou, of o wee, eintlik was dit haar verjaarsdag! Met dié jongste bundel sketse kry 'n mens opnuut lag vir die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue. En waarom die liefde steeds blind is.

Maalvleis

geskryf deur Karen Hart

Maalvleis

In dié boek deel Karen meer as 100 heerlike maalvleisresepte. Sy begin by hoe jy jou eie maalvleis kan maak, basiese frikkadelle en dan gee sy 'n verskeidenheid resepte vir piekniekbederfies, pastageregte, pasteie en 'n groot verskeidenheid burgers. Met 'n hele arsenaal speserymengsels vir jou koskas, help sy jou om met die afskeepkind van die vleisfamilie iets spesiaals op te tower.

Tussen vriende

geskryf deur Derick van der Walt

Tussen vriende

Will het ’n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjóépstil.   

Asof dít nie die vriendekring genoeg ontwrig nie, sing Cassie en Phoebie se seun skielik in ’n bedenklike nagklub en Phoebie se eksie-perfeksie ma wil kom kuier in Pretoria – dalk vir báie lank. (Phoebie eet sommer ’n éclair.) Adriaan se Ingrid het pas wéér ’n knop in haar bors gevoel, hul enigste dogter is ver oor die waters, en dan’s daar boonop Adriaan se familieplaas wat verkoop moet word noudat sy broer wil padgee Australië toe.   

En heeltyd wonder Phoebie en Ingrid: Wat skort met Will se vrou, Soekie? Sy’t onlangs aan haar gesig laat werk en sy lyk fantasties, maar iets is fout in haar oë.   

Die wel en wee van drie paartjies in hul 50’s, komies, lewensgetrou en eg. ’n Storie vir almal wat al ooit oor hul vriende gewonder het, mense nes ek en jy, almal met hul eie geheime.

Kgalagadi Self-drive – Routes, Roads and Ratings

geskryf deur Philip & Ingrid van den Berg, Heinrich van den Berg en Jaco Powell

Kgalagadi Self-drive – Routes, Roads and Ratings

Hierdie boek is die mees volledige en uitgebreide reisgids vir hierdie kant van die Kalahari wat 'n mens kan hoop om te kry. Die outeurs sluit details en inligting in wat enige besoeker se reis makliker en sonder probleme sal laat verloop. En dit natuurlik saam met kleurfoto's wat dit sommer 'n pragtige koffietafelboek maak.

Ek Lees Self-reeks

geskryf deur Wendy Maartens en Zinelda McDonald

Ek Lees Self-reeks

Dit sluit in ‘Sprinkaan leer werk’, ‘Die gans wat goue eiers kon lê’, ‘Muis red Leeu se lewe’, ‘Rooi hen bak brood’, ‘Die drie Rammetjies Rof’ en ‘Padda word kwaad’. Hierdie boekies is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers om vroeg al 'n liefde vir lees te kweek en ons almal weet watse goeie ding dit is.

Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid

geskryf deur Albert Blake

Ontsnap! Boerekrygsgevangenes se strewe na vryheid

Die Boerekrygers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog uit krygsgevangekampe probeer ontsnap het was onstuitbaar en vreesloos. Niks sou hulle keer om weer vry te wees nie. In hierdie boek bring die outeur van die mees gewaagde ontsnappingspogings byeen. Hulle verstom letterlik met hul vindingryke planne om die Britse owerhede te uitoorlê en weg te kom uit kampe in Suid-Afrika en Indië, asook die eilande van Bermuda, St. Helena en Ceylon. 

Hykie Berg: My Storie Van Hoop

geskryf deur Hykie Berg & Marissa Coetzee

Hykie Berg: My Storie Van Hoop

Hykie Berg was op die kruin van die golf - hy was 'n suksesvolle akteur en in die wêreld se oë het hy alles gehad wat 'n mens kan begeer. Tot op ’n dag dat hy iemand in ’n badkamer op stel dwelms sien gebruik het en hy so hard teruggeval het in sy ou gewoontes dat hy by die dood omgedraai het. Hierdie boek volg hom deur die dwelmhole van Hillbrow, tot in Botswana en uiteindelik waar hy tot stilstand kom, in 'n maksimum-sekuriteitsel in die Weskoppies- psigiatriese hospitaal. Hier kom red God hom van 'n gewisse dood. 'n Verhaal van God se groot genade en ‘n getuigskrif dat Hy nie opgee op ons nie.

'n Trompet vir Thomas / Thomas and the Trumpet

geskryf deur Milan Murray en geillustreer deur Marisa du Toit

'n Trompet vir Thomas / Thomas and the Trumpet

Thomas is ’n tipiese avontuurlustige seuntjie wat hou van nuwe dinge verken en ontdek, maar eendag word hy gediagnoseer met asma en hy skrik groot. Wat beteken dit vir Thomas? En hoe gaan sy lewe moet verander? Hierdie boekie is spesifiek daarop gemik om kinders te leer van asma en om hulle te wys dat hulle steeds ’n normale lewe kan lei. Die boekie word ook onderskryf deur The Allergy Foundation South Africa.  

Think Yourself Rich: A step-by-step guide to financial independence

geskryf deur Moroka Modiba

Think Yourself Rich: A step-by-step guide to financial independence

Hierdie boek is ’n stap vir stap gids tot finansiële onafhanklikheid. Die boek spreek belangrike sake aan, soos hoe om effektiewe finansiële beplanning te doen, wanneer en hoe om te begin spaar, hoeveel van jou inkomste jy moet belê, sowel as hoe om van ongewenste skuld ontslae te raak. 

Hartebreker: Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanting

geskryf deur James Styan

Hartebreker: Christiaan Barnard en die eerste hartoorplanting

Vir die vroue wat hy met sy rolprentsterglimlag betower het, was Chris Barnard ’n hartebreker. Vir sy pasiënte ’n harteheler. Dié nuwe biografie oor Suid-Afrika se beroemdste hartsjirurg vertel nie net van Barnard se kinderjare in Beaufort-Wes, sy huwelike (en egskeidings) en flambojante lewe nie. Styan ondersoek ook die impak van die historiese eerste hartoorplanting op Barnard se persoonlike lewe en op die Suid-Afrikaanse gemeenskap oor die algemeen.

Recce-resepte: Vir kos, die bos, die lewe

geskryf deur Douw Steyn en Justin Vermaak

Recce-resepte: Vir kos, die bos, die lewe

As die Recces die dag in die bos in stap, slaan die luislange, die aasvoëls en selfs die leeus op die vlug. Wat jy kan vang, kan jy eet, sê dié manne.

Recce-resepte vir kos, die bos, die lewe is vol tong-in-die-kies resepte en stories oor die Recces se ervarings gedurende die Grensoorlogjare en tot 1997. Die boek plaas jou in die skoene van hierdie legendariese en geheimsinnige Spesiale Magte-operateurs.

Ontdek wat dit verg om vir weke aaneen uit ’n rugsak te leef, hoe om te oorleef op dit wat die natuur verskaf en selfs hoe om ’n leeu kaalhand van ’n karkas te verjaag. Aasvoëlsop, enigiemand? Of wat van vlieënde vis vir voorgereg met gebraaide luislang vir hoofgereg?

Die stories oor hul waaghalsige operasies gedurende die eerste 25 jaar van die Spesiale Magte vat jou van Durban na Langebaan en deur Phalaborwa na die res van Afrika en selfs Rusland.

Hulle verklap boonop hul unieke filosofie – bly in die oomblik, pas aan en doen jou ding!

Of staan opsy, want die Recces kom verby.

Drie vroue en ’n meisie

geskryf deur Hans du Plessis

Drie vroue en ’n meisie

Dié roman vertel die lot van drie geslagte vroue wat in die misrabelheid van die delwerye van Miersehoop, wat reeds byna uitgewerk is, begin. Dit ontbloot die bittere armoede waarmee talle Afrikaanse gesinne in die vorige eeu geworstel het, ook die menslikheid van sommige en die ontmensliking van ’n klasgedrewe situasie. Hans du Plessis is al bekend vir sy historiese romans en hierdie is ’n wonderlike verhaal van hoop en liefde. 

Op Pad, ’n Reisjoernaal

geskryf deur Dana Snyman

Op Pad, ’n Reisjoernaal

Tipies Danie, sien hy dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een toer hy deur die land saam met ’n tv-span. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met ’n optelhond en’n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroeë, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Die verhale is snaaks, skerp en onthutsend eerlik. 

Die Rooitamatie Storie

geskryf deur Renette Vosloo

Die Rooitamatie Storie

Renette Vosloo en haar man Mielie (Emile) het as Tukkies studente in die tagtigerjare kookboeke in plaas van handboeke begin koop. Mielie was 'n kranige gholfspeler en het graadloos, maar as Tuks Gholfkampioen uit die stryd getree.

Renette het haar BA met Staatsleer en Internasionale Politiek behaal, maar het vinnig besef die diplomatieke diens is nie haar toekoms nie.

Pasgetroud, Renette se kop vol politiek en by albei steeds 'n brandende voorliefde vir kosmaak, sit die twee huis op in die plattelandse dorp Middelburg. Die fondasies het soms gebewe soos daar gekuier en geëet is, met stringe vriende gewillige proefkonyne vir Mielie en Renette se kookvernuf.

Renette skryf politieke briewe dat die dorp laat gons en bedryf 'n klein geskenk-en antieke meubelwinkeltjie. Mielie is die dorp se sleutelmaker en steeds kranige gholfspeler.

In 1988 begin die gesin groei... Gerhard, Marja, klein Emile (oorlede) en Emily is die spruite wat die gesin kom volmaak het. Hulle kook almal vandag met oorgawe soos Ma en Pa.

Die liefde vir kosmaak spoel oor in 'n eerste volwaardige restaurant, by die Middelburg Buiteklub (nogal)... Later volg 'n klein kabaretrestaurant met die naam Whiskers, waar Nataniel en 'n hele sous bekende Afrikaanse kunstenaars kom optree het. Nog (baie) later, is die Red Tomato in Pretoria gebore. Huidiglik is die Rooitamatie Gastehuis in Muckleneuk die plek waar mense tuiskom en ook kom aansit vir bederf-aande by hul tafel.

Hierdie storie loop langs 'n lyn van passie, van goeie en swaarder tye, van groot hoogtepunte en ook hartseer laagtepunte.

Die goue draad is die kos, die passie en ook musiek.

Renette is lief om te deel. Die spyskaart word kripties neergeskryf en dan in fyn detail deur Renette met groot entoesiasme aan restaurantgaste uitgele.

As gaste iets lekker eet, word die resep net daar vertel. Sedert Facebook die lig gesien het, deel Renette ook graag woordkos met haar vriende.

Al hierdie elemente is nou 'n droom in 'n kookpot: 'n Narratiewe kosboek, wat stories, herinneringe aan reuke, liedjies en plekke van die verlede, in resepte wat die mooiste prentjies vorm, weergee. 

Hierdie boek is nie net 'n resepteboek nie, dis 'n storie. Inspirasie vir lewe met hoop en verwagting, met proe aan prentjies wat jou dadelik kombuis toe sal vat.

Renette skryf van die huiskos by haar Ma en Ouma se tafel, bring vreemde geregte en kostendense huis toe en maak dit maklik.

Enemy of the People

geskryf deur Adriaan Basson & Pieter du Toit

Enemy of the People

When Jacob Zuma took over the leadership of the ANC one muggy Polokwane evening in December 2007, he inherited a country where GDP was growing by more than 6% per annum, a party enjoying the support of two-thirds of the electorate, and a unified tripartite alliance. Today, South Africa is caught in the grip of a patronage network, the economy is floundering and the ANC is staring down the barrel of a defeat at the 2019 general elections.

How did we get here?
Zuma first brought to heel his party, Africa’s oldest and most revered liberation movement, subduing and isolating dissidents associated with his predecessor Thabo Mbeki. Then saw the emergence of the tenderpreneur and those attempting to capture the state, as well as a network of family, friends and business associates that has become so deeply embedded that it has, in effect, replaced many parts of government.

Zuma opened up the state to industrial-scale levels of corruption, causing irreparable damage to state enterprises, institutions of democracy, and the ANC itself.

But it hasn’t all gone Zuma’s way. Former allies have peeled away. A new era of activism has arisen and outspoken civil servants have stepped forward to join a cross-section of civil society and a robust media. As a divided ANC square off for the elective conference in December, where there is everything to gain or to lose, award-winning journalists Adriaan Basson and Pieter du Toit offer a brilliant and up-to-date account of the Zuma era.

Hoe supercool goed werk

uitgegee deur Lapa

Hoe supercool goed werk

Sal ons in die toekoms met vlieënde motors ry? 
Hoe werk ’n 3D-drukker?
Kan mense regtig eendag op Mars gaan woon?
Hoe lyk dit binne-in ’n PlayStation 4?

Ontdek die verstommende tegnologiese uitvindings van die toekoms in hierdie asemrowende boek. Hoe supercool goed werk is ’n splinternuwe gids wat ongelooflike nuwe tegnologie verken, en kyk na die maniere hoe dit ons moderne wêreld vorm. Kinders sal versot wees op die prettige skootrekenaar-styl-omslag en die innoverende uitleg. 

Verstommende foto’s en illustrasies verduidelik hoe enige iets van hommeltuie en superrekenaars tot onderwater-hotelle en vlieënde motors werk. Hoe supercool goed werk onthul die geheime van die heel innoverendste nuwe idees en verken ook die opwindende tegnologie van die toekoms.

Sterre en Planete

geskryf deur Hennie Maas

Sterre en Planete

Sterre en Planete is ’n voortvloeisel uit Hennie Maas se gewilde radio­program met dieselfde naam wat weekliks op RSG uitgesaai word. Een van die uitstaande kenmerke van die radioprogram is dat die vier kundige deelnemers, prof. Matie Hoffman, Willie Koorts, Kobus Olckers en dr. Japie van Zyl, dit op ’n eenvoudige, lekker geselstrant doen. Die boek Sterre en Planete poog om tussen die akademiese, sterrekundige wetenskap en sterrekunde vir die leek ’n brug te slaan. Hierdie boek sal ongetwyfeld ’n groter gehoor as net die radioprogram trek. En met die astronomiese ontwikkeling op die gebied van ruimtewetenskap sal ’n volgende boek binnekort nodig wees!

30

geskryf deur Herman Lensing

30

In hierdie boek vier Herman sy dertigste verjaardag op allerhande maniere, maar die belangrikste daarvan het natuurlik met kos te doen. Daar is byvoorbeeld 30-minute-resepte, die 30 dinge wat jy van wyn moet weet... ook 30 goeie gewoontes, 30 dinge wat sy ma hom nooit vertel het nie, 30 maniere om gesond te bly en baie meer. Maar bo alles bly dit ’n resepteboek waarin Herman sy kennis en wenke gulhartig uitdeel en lesers nooi om ’n bietjie uit sy lewe te leer.

Garden Birds in Southern Africa

geskryf deur Duncan Butchart

Garden Birds in Southern Africa

Dit is ’n baie gebruiksvriendelike gids wat die details van 101 voëls beskryf wat ’n mens die meeste in Suider-Afrikaanse tuine vind wat natuurlik kleurfoto’s van elkeen insluit. Verder gee die gids ook raad hoe jy ’n voëlvriendelike omgewing in jou tuin kan skep deur sekere bome, grasse en plante aan te plant om voëls te lok. Hierdie boek is die ideale gids vir alle voëlliefhebbers wat nie noodwendig altyd ver wil reis om voëls te kyk nie. 

Hartlam

saamgestel deur Gerda Taljaard en Deborah Steinmair

Hartlam

In hierdie bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid, want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie. Dit sluit stories in deur Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Helene de Kock, Jaco Jacobs en nog baie ander. En almal skryf oor die liefde in sy vele gedaantes, van moederliefde en kalwerliefde tot verbode en erotiese liefde... ’n lekkerleesbundel vir die feestyd. 

Volmaan

geskryf deur Jaco Jacobs

Volmaan

’n Onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander... ’n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang... ’n Eksperiment wat jou in ’n insek laat verander... ’n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg... en ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. 

90 Rules for Entrepreneurs

geskryf deur Marnus Broodryk

90 Rules for Entrepreneurs

Marnus Broodryk is ’n sakeman en entrepreneur wat graag voornemende entrepreneurs raad gee hoe om ’n suksesvolle besigheid te bou en steeds gelukkig ook te wees. Alhoewel almal se reis tot ’n suksesvolle onderneming verskillend is, is die lesse langs die pad steeds baie dieselfde. En in hierdie boek deel hy nie net sy eie ervaring en raad nie, maar ook dié van besigheidsvriende en mede-entrepreneurs. So as jy jou sakedrome wil laat waar word... hierdie boek kan jou help om dit te doen. 

Spertyd

geskryf deur Elsa Joubert

Spertyd

Hierdie boek is die voltooiing van Elsa Joubert se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur 'n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug, alles geteken met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers.

Skepelinge: Aanloop tot 'n roman

geskryf deur Karel Schoeman

Skepelinge: Aanloop tot 'n roman

Skepelinge is ’n impressionistiese betragting van die vroeë koloniale tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gebaseer op Schoeman se kennis van die VOC-tyd en meer spesifiek die skeepvaart. Self het die skrywer dit beskryf as ’n ‘hibriede skepping . . . wat in laaste instansie beoordeel moet word as produk van die skeppende verbeelding eerder as van navorsing’.

Tydens die boekstawing van die duisende skepelinge wat oor die eeue heen na die Kaap van Storms gereis en onderweg ook omgekom het, verweef Schoeman literêre stemme soos dié van Eliot, Auden, Eybers en Melville met dokumente uit die oorspronklike dagboeke van die 1600’s en 1700’s, soos Van Riebeeck se Dagregister, Peter Kolb se noukeurige beskrywings van die Kaap en ander reisjoernale en geskiedkundige werke van die era.

Dit is geskiedskrywing soos geen ander Suid-Afrikaanse skrywer dit nog kon vermag nie. Skepelinge is ’n unieke nalatenskap – veral waar ‘oorsprong’ nou meer as ooit vantevore ondersoek word.

My ensiklopedie van baie belangrike dinge

uitgegee deur Lapa

My ensiklopedie van baie belangrike dinge

Dis ’n fantastiese boek propvol feite, perfek vir jong slimkoppe wat nie kan wag om alles oor die wêreld te ontdek nie. Die boek verken temas soos diere, mense, planete, en baie belangrik, jy! Kinders kan uitvind wat ’n woestyn is, hoeveel kontinente daar is, leer om “hallo” en “totsiens” in verskillende tale te sê, en baie meer.

Op Vlerke, Ervarings om te koester

geskryf deur André Christof

Op Vlerke, Ervarings om te koester

In hierdie boek vat die skrywer ‘n mens op reis saam met hom en sy vrou deur die Kruger Wildtuin. Sy verhale is nie die normale vertellings van gebeure en wedervaringe nie, maar indetail skrywes wat die leser die natuur waarlik saam met hulle laat beleef... Wat ‘n skilder in die natuur met sy kwas op ‘n doek doen, doen Christof met woorde op papier. Hy het al twee ander boeke ook geskryf en dis almal beskikbaar by die winkels in die Kruger Wildtuin.

Selfies, Sexts and Smartphones, A Teenager’s online survival guide

geskryf deur Emma Sadleir en Lizzie Harrison

Selfies, Sexts and Smartphones, A Teenager’s online survival guide

Hierdie boek behoort deur alle tieners en hulle ouers gelees te word. Dit dek alles van kuberboelies, verslawing, internetveiligheid, pornografie, angstigheid, depressie, privaatheid en reputasie... en doen dit boonop binne ’n Suid-Afrikaanse konteks. Die boek is toeganklik geskryf en ’n baie belangrike onderwerp in ons hedendaagse samelewing. 

Nou, hier

geskryf deur Corné Coetzee

Nou, hier

Op die oppervlak van dié hoogs afgeronde digdebuut roer daar ‘n oënskynlike eenvoud, maar onderliggend is ’n web van deurdagtheid versteek. Coetzee put uit die veeldimensionele wêreld van die vrou, die groei en verbrokkeling, vreugde en pyn van verhoudings, die Boeddha, die aarde en die hier-en-nou soos gesetel in die durende gang van lewe en dood.

Churchill & Smuts: Die Vriendskap

geskryf deur Richard Steyn

Churchill & Smuts: Die Vriendskap

Die eiesoortige vriendskap tussen Winston Churchill en Jan Smuts is ’n studie in kontraste. In hul jeug het hulle uiteenlopende wêrelde bewoon: Churchill was die weerbarstige en energieke jong aristokraat; Smuts die asketiese, filosofiese Kaapse plaasseun, wat later aan Cambridge sou gaan studeer. Daar sou hy die eerste student word wat albei dele van die finale regskursus in dieselfde jaar neem en al twee met onderskeiding slaag. Nadat hulle in die Anglo-Boereoorlog eers as vyande, en later in die Eerste Wêreldoorlog as bondgenote byeengebring is, het die mans ’n vriendskap gesmee wat oor die eerste helfte van die twintigste eeu gestrek het en tot Smuts se dood in 1950 voortgeduur het. Richard Steyn, die skrywer van Jan Smuts: Afrikaner sonder grense, bestudeer dié hegte vriendskap deur twee wêreldoorloë aan die hand van ’n magdom argiefstukke, briewe, telegramme en die omvangryke boeke wat oor albei mans geskryf is. Dit is ’n fassinerende verhaal oor twee besonderse individue in oorlog en vrede – die een die leier van ’n groot ryk, die ander die leier van ’n klein, weerspannige lid van daardie ryk.

Life on a Table & My Hungry Heart

geskryf deur Antoinette de Chavonnes Vrugt

Life on a Table & My Hungry Heart

Twee kookboeke uit die pen van een van Namibië se bekendste kosskrywers. Albei boeke bevat heerlike resepte eie aan Namibië en sy mense asook lekker vertellings deur die skrywer oor die oorsprong van sekere resepte en die kultuur van die mense... twee pragtige kookboeke.

Geological Wonders Of Namibia

geskryf deur Michel & Anne-Marie Detay

Geological Wonders Of Namibia

Dis ‘n pragtige fotoboek van al Namibië se mooiste en belangrikste geologiese landmerke. Dis beslis ‘n ‘moet-hê’ vir enige iemand wat hou van reis of selfs die mense wat net hou daarvan om in hulle leunstoele saam te reis.

Dwarsklap: Skakerings van Swart in die Nuwe Suid-Afrika

geskryf deur Piet Matipa

Dwarsklap: Skakerings van Swart in die Nuwe Suid-Afrika

Piet is jonk, swart, gay en Afrikaans en sy rubrieke in Beeld is baie gewild omdat hy werklik ‘n sonderlinge lewensuitkyk het. As skolier aan Hoërskool Waterkloof en student aan die Pukke het Piet uitgeblink. Daarna het hy in Beeld se misdaadkantoor gewerk en is tans ‘n sepieskrywer by 7de Laan. Nie sleg vir iemand wat in ’n kinderhuis grootgeword het nie! En vir één ding deins hy nie terug nie: dit is om sy mond verby te praat. Hierdie is ‘n hoogs vermaaklike boek wat die donkerte van die lewe in ligte skakerings laat glim.

Die Anglo-Boereoorlog in 100 Objekte

saamgestel deur die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke

Die Anglo-Boereoorlog in 100 Objekte

In hierdie boek word die volle drama van die Anglo-Boereoorlog ’n werklikheid in ‘n versameling ikoniese objekte uit die Oorlogsmuseum se versameling. Die boek volg grootliks die kronologiese verloop van die oorlog, maar lig ook sekere temas uit, waaronder Boere- en Britse wapens, mediese sorg en die vernaamste rolspelers in die konflik. Die 100 ikoniese items word aangevul deur aangrypende historiese foto’s.

Hermanus, Whales, Wine, Fynbos, Art

geskryf deur Beth Hunt

Hermanus, Whales, Wine, Fynbos, Art

As jy beplan om Desember na hierdie kusdorp te gaan, kry vir jou hierdie boek, want dit wys jou presies wat daar alles is om te doen en te sien in die omgewing van Hermanus en die dorp self.

Boereverneukers

geskryf deur Izak du Plessis

Boereverneukers

Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters...
 
Hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. Geleidelik palm hulle jou vertroue in. Dan, eensklaps, is jy jou geld, status en reputasie kwyt. Só oortuigend doen hulle dit dat selfs die slimste, mees ingeligte mense ’n rat voor die oë gedraai word en eers besef wat hulle getref het nadat grootskaalse skade aangerig is en die gladdebek soos mis voor die son verdwyn het. Maar selfs swendelaars kom hulle moses teë...
 
Boereverneukers  vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het.
 
Van die karakters is minder bekend by die publiek, maar ander het byna mitiese status in die Afrikaanse psige verwerf, soos die kubuskoning Adriaan Nieuwoudt, die pynmasjienman Gervan Lubbe, die kamma-pediater André Esterhuizen, die Hertzogville-profeet David Francis en die Trustbank-rowers Derek Whitehead en Antonie van der Merwe.
 
Dalk het jý ook deurgeloop, maar praat tot vandag toe nie graag daaroor nie.

Karoo Hartskos

uitgegee deur die Willowmore Vroue Landbou-vereniging

Karoo Hartskos

Hierin deel die vroue nie net hulle gunstelingresepte nie, maar ook iets van hulle eie saamwees, want niemand kook of bak alleen nie... jy is altyd omring deur die ervaring van vorige kokke, die nuwe idees van huidige kokke en die entoesiasme van toekomstige kokke... en jy hoef nie ’n sjef te wees om lekker te kan onthaal nie... jy hoef net lief te wees vir ander mense en hou van saamkuier en kosbare oomblikke met familie en vriende...

Kingdom of Daylight: Memories of a Birdwatcher

geskryf deur Peter Steyn

Kingdom of Daylight: Memories of a Birdwatcher

Dis ’n pragtig geillustreerde boek met meer as 400 foto’s in wat deur Peter self geneem is van die voëls wat hy tydens sy lewenslange reis as voëlkyker gesien het.  Sy gedetailleerde en fassinerende herinneringe weerspieël ongelooflike entoesiasme vir voëls en die rol wat hulle in sy lewe gespeel het. Dis in der waarheid ‘n soort outobiografiese vertelling van sy lewe, sy navorsing en sy foto’s van die afgelope 70 jaar. 

Oepse daisy, Lulu

geskryf deur Fanie Viljoen en illustreer deur Elsbeth Eksteen

Oepse daisy, Lulu

Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Niks is vir haar lekkerder as om ontwerpe in haar rooi tekenboek te teken nie.

Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie gaan by hulle kom kuier. Tannie Tula-Belle dra die mooiste klere en sy sing soos ’n nagtegaal. Sy kom juis stad toe om in ’n groot operakonsert te sing. 

Toe sy Lulu se pragtige modeontwerpe sien, besluit tannie Tula-Belle op die daad dat Lulu vir haar ’n rok vir die konsert moet ontwerp. Lulu kan nie wag om met die rok te begin nie.

Maar dit lyk of tannie Tula-Belle haar moeilikste kliënt tot dusver gaan wees. En kort voor lank moet Lulu help om die operakonsert te red ... 

Tim Noakes, the quiet Maverick

geskryf deur die Daryl Ilbury

Tim Noakes, the quiet Maverick

Op 5 Februarie 2014 stuur die wêreldbekende wetenskaplike, Tim Noakes, ‘n twiet met sogenaamde dieet-advies aan ‘n jong ma en die nagevolge dreig om sy loopbaan te verwoes. In hierdie boek ondersoek Ilbury wat regtig agter die skerms gebeur het en hy ontbloot ‘n mengsel van wetenskaplike onkunde, akademiese jaloesie en ook die verval van media-etiek. Hierdie boek is amper net so kontroversieel soos Tim Noakes self...

Die Avonture van Grombeer

geskryf deur Gerhard Coetzee

Die Avonture van Grombeer

Hierdie boek vertel die storie van Hardus, ‘n vyfjarige seuntjie wat in sy droomwêreld ‘n dapper kryger, genaamd Grombeer, is. Hy word bygestaan deur sy maatjie, die twaalfjarige Saartjie. Grombeer word beskerm deur sy towerhoed en klankswaard en Saartjie deur haar wenswoord en ‘hop-en-klouter’ vermoeëns. Saam beleef die twee ongelooflike avonture en sal kinders ure lank vermaak. 

Kokkedoortjie

saamgestel deur Errieda du Toit

Kokkedoortjie

Dié boek volg in die spore van die Kokkedoor sowel as Koekedoor boeke wat na aanleiding van die gewilde reekse op kykNET uitgegee is. Dié kookboek is dus ‘n versamelstuk vir die aanhangers wat die Kokkedoortjies leer lief kry het en wil bak en kook soos hulle. Dis ‘n gesinskookboek, ‘n kinderkookboek, ‘n kookboek vir die kind in ons almal. Dit verweef elke dag se staatmakerresepte met ‘n unieke bestanddeel – die kleurvolle verbeelding van ‘n kind. 

My Wonders-Van-Die-Wereld-Atlas en My diere-atlas

uitgegee deur Human & Rousseau

My Wonders-Van-Die-Wereld-Atlas en My diere-atlas

Hierdie atlasse is vol fassinerende feite, geillustreerde kaarte, tekeninge en foto’s oor die natuurlike en mensgemaakte wonders van ons planeet en oor die diereryk. Jy kry boonop baie plakkers om op die wêreldkaart en in die boek te plak. Dis ‘n prettige manier om te leer waar die wêreld se wonders is en waar sekere diere voorkom. Kinders tussen 6 en 10 jaar sal mal wees daaroor. 

Groen soos die hemel daarbo

geskryf deur Eben Venter

Groen soos die hemel daarbo

Simon is ’n wêreldreisiger, vertroud met die reëls van vryheid en ongebonde plesier. Van Bali tot Melbourne, van Tokio tot Kaapstad, soek hy ontmoetings en ervarings op. Deurentyd keer herinneringe terug: kleintyd in die Oos-Kaap, sy pa, die plaas en voorligting aan die hand van ’n beesboerdery. In sy sielkundige se spreekkamer bind Simon die grepe van oomblikke en ervarings saam, met dr. Spiteri se insigte. ’n Vreeslose verkenning van moderne seksualiteit, intimiteit, en identiteit.

Dagstukkies vir besige vroue

geskryf deur Christelle Webb-Joubert

Dagstukkies vir besige vroue

Van ’n vrou word in vandag se wêreld baie verwag. Ons is ma’s, beroepsvroue, huweliksmaats, vriendinne én steunpilare vir almal om ons. Hierdie dagstukkieboek is vir elke vrou wat maar alte goed weet dit is nie altyd so maklik nie. Die lewe deel soms houe uit, en ook ma’s, oumas en ware staatmakers kan moeg, moedeloos en gefrustreerd voel. In die boek, deel bekende vroue boodskappe van hoop. Hulle wil jou herinner dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou, Hy weet wat jy nodig het en Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Begin jou besige dag met ’n oomblik van troos, vrede en vreugde.

Ratels aan die Lomba: die storie van Charlie-eskadron

geskryf deur Leopold Scholtz

Ratels aan die Lomba: die storie van Charlie-eskadron

Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron – die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep – die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die groep jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer. Op die Lomba het hulle nie net te staan gekom teen ’n Angolese mag met ’n getalsoorwig en beter wapentuig nie, maar ook teen ’n terrein wat so dig bebos was dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word. Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie. Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg op die Lomba. Scholtz se beskrywing van hierdie David teen Goliath geveg neem die leser na die hart van die aksie. Danksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor. Dit is ook ’n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood.

Knapsekêrels

geskryf deur Pieter Fourie

Knapsekêrels

Pieter Fourie is 'n Hertzog­bekroonde dramaturg wat op 77 nou die oudste debutant in Afrikaanse poësie is. Die digter Johann de Lange skryf oor die bundel dat dit lanklaas is wat ‘n digter met soveel ywer met die volkstaal omgegaan het. ‘Ons ken die hardnekkige knapsekêrels wat aan mens se klere of kouse vassit. By Fourie is dit die taal self wat so hardnekkig bly klou en gaandeweg ontplooi die digter ook ander betekenisse, ander maniere waarop die titel gelees of verstaan moet word.

Soek-Soek Inkleurboekreeks

uitgegee deur NB Uitgewers

Soek-Soek Inkleurboekreeks

Dié reeks kreatiewe inkleurboeke bevat opwindende soek-en-vind prente en aktiwiteite, ideaal vir kinders tussen vier en sewe jaar. Kinders moet die instruksies volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur inkleur. Gewaarborg om jou kleuters sommer vir ‘n hele ruk besig te hou... 

Boerekos met 'n twist

geskryf deur Annelien Pienaar

Boerekos met 'n twist

In Boerekos met ’n twist gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so 'n sosialemediasukses maak. Boerekos met 'n twist kan beskryf word as 'n kompakte 21ste-eeuse Kook en Geniet vir besige mense.

Hoezit 12: Die wonderwêreld van vreemde diere

geskryf deur Jaco Jacobs & Fanie Viljoen

Hoezit 12: Die wonderwêreld van vreemde diere

Waar sal jy vlieënde paddas kry? Watter soort bok het tande soos Dracula? Watter diertjie kan kilometers onder die see en selfs in die buitenste ruimte oorleef? Waar sal jy ’n verkleurmannetjie kry wat so groot soos ’n kat is? 
Ontdek van die vreemdste diere op ons planeet met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite! Met 48 bladsye vol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van vreemde diere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Maak van naderby kennis met vampiervlermuise, ietermago’s en tapirs – en verstom jou aan van die eienaardigste diere wat jy ooit gesien het! Die temas en aktiwiteite maak hierdie reeks boeke die perfekte hulpbron vir skoolprojekte en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.


Moordhuis

geskryf deur Madelein Rust

Moordhuis

Die sewejarige Gainsford-tweeling word op grusame wyse in ’n skuur op Mooiplaats in die Bloemfontein-distrik vermoor. Binne die opstal is vier van die welgestelde Therons vermoor, die liggame grusaam uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaatondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer.  Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die donker web, die nasleepsels van misdaad gedurende die bosoorlog in die 
tagtigs, die wêreld van kinderpornografie en pedofilie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings.  Die een geraamte na die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie, behalwe die Therons se erfgenaam, sou voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsfordseuns se dood verband met ’n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was hierdie dalk die perfekte misdaad? Moordhuis is die derde boek in die reeks met doktor Renata Malan as die hoofkarakter. Die eerste twee boeke in die reeks is Monstersaad en Bloedlyn. Renata is ’n profileerder met ’n donker verlede en ’n talent om in geweldsmisdadigers se koppe te klim. Die oorgeërfde boosheid wat in haar gene skuil, maak van haar ’n gedugte teenstander en ’n gehate vyand. 

Hekel teëlmotiewe met ‘n Verskil

geskryf deur Karen Adendorff

Hekel teëlmotiewe met ‘n Verskil

Hekel is deesdae baie gewild en die bekende ‘oumablokkie’ maak weer orals sy verskyning. Hierdie hekelboek bied vars en oorsponklike idees vir motiewe, wat insluit Marokkaanse, Delftse, Persiese en Mediterreense blokpatrone met interessante tegnieke. Elke patroon bevat ‘n diagram, die grootte, die aantal kleure, die moeilikheidsgraad en die volledige patroon.

Die wêreld van Charlie Oeng

geskryf deur Etienne van Heerden

Die wêreld van Charlie Oeng

Tian Kilian se ouers is voor sy oë vermoor die aand van die vuurwerke. Nou reis hy Amsterdam toe, Ooste toe, oral op die spoor van Charlie Oeng, om daardie tyd se pyn uiteindelik te kan verstaan. Feit en verdigsel is goed verweef in hierdie roman met verskillende verhaallyne en dis beslis ‘n lekker boek vir die literêre fundi’s onder ons...  

My Ballerina Droom

geskryf deur Michaela en Elaine de Prince

My Ballerina Droom

Michaela was ‘n driejarige oorlogwesie in Sierra Leone toe sy op ‘n dag ‘n windverwaaide tydskrif optel met ‘n foto van ’n glimlaggende ballerina op die voorblad. Daardie dag het haar obsessie met ballet begin. Sy is kort daarna deur Elaine de Prince, ‘n Amerikaanse skrywer, aangeneem en toe Elaine bewus word van haar dogter se belangstelling in ballet het sy haar dadelik vir klasse laat gaan. Sedertdien het sy nog nooit ophou dans nie en vandag is sy ’n hoogs suksesvolle ballerina. Hierdie storie sal enige jong kind inspireer om groot te droom en is ook beskikbaar in Engels, Xhosa en Zoeloe.  

Vreedsame Revolusie

geskryf deur Niël Barnard

Vreedsame Revolusie

Niël was destyds Suid-Afrika se spioenbaas en senior onderhandelaar by die Kodesa samesprekings toe die NP-regering hom vasgeloop het teen die ANC. Hy was daar die dag toe die altyd-kalm Nelson Mandela sy humeur verloor en teen FW de Klerk uitgevaar het en hy het gesien hoe die morele hoë grond deur die NP se vingers glip en die ANC die oorhand kry. In dié boek gee hy dus ‘n indringende blik op wat presies agter die skerms gebeur het gedurende dié spanningsvolle oorgangstyd wat Suid-Afrika se toekoms sou bepaal. 

Field Guide to Succulents in Southern Africa

geskryf deur Gideon Smith, Neil Crouch en Estrela Figueiredo

Field Guide to Succulents in Southern Africa

Suidelike Afrika is die tuiste van die grootste en mees diverse verskeidenheid vetplante in die wêreld. Hulle kom letterlik in elke vorm en kleur en hierdie gebruiksvriendelike gids is met meer as 1700 kleurfoto’s in, wys ons 700 van hierdie vetplante. HIerdie boek sal enige tuinier inspireer om terug te keer na inheemse, waterbesparende plante in hulle tuin. 

How to become a Millionaire At 22

geskryf deur Albert van Wyk

How to become a Millionaire At 22

Albert Van Wyk has an interesting story to tell and he has done just that. His book, How To Become a Millionaire At 22, has just recently made it into book stores and is generating quite the buzz. It tells of his journey to wealth and success at a very young age. He made his first million at 22 and continues to grow in stature and influence in the world of business. 

Albert describes himself as a serial entrepreneur dating back to when he was 10-years-old and painting street numbers on his neighbours’ pavements for a few rands. He has come a long way since then, he is now 24, a UP industrial engineering graduate and looking to empower up and coming entrepreneurs with his business incubation programme.

Albert believes there is a huge gap in financial education in South Africa and he feels his book will contribute in filling the void. He said “My dad told me if you want to be the best cricket coach and if you want to become a millionaire you need to learn from millionaires”. 

Rooi Haring

geskryf deur Schalk Schoombie

Rooi Haring

Dit is ’n baie snaakse verhaal en speel af in die Suid-Afrikaanse restaurantbedryf. Die vooraanstaande celebrity-sjef, Hartman Swiegers word vermoor tydens die openingsaand van Tydloos, sy nuwe restaurant in Pretoria. Wat volg is ’n dolle vaart op soek na die moordenaar. Hierdie roman is vlymskerp met verskeie kinkels geskryf deur ’n veelbekroonde skrywer. 

’n Wolf in Skaapsklere en ander Afrikaanse Idiome

deur Kobus Galloway

’n Wolf in Skaapsklere en ander Afrikaanse Idiome

Kobus Galloway is die skepper van ‘Idees vol Vrees’ spotprente en in hierdie boek bring hy 150 idiome byeen, elkeen geïllustreer met ’n grappige volblad-spotprent en ’n kort verklaring van elke idioom se betekenis.

My bruidsboek

geskryf deur Christine Ferreira en Marielle de Vos

My bruidsboek

Dit is die ideale, omvattende trougids vir elke gelowige bruid. Hierdie pragtige bêreboek is vol raad oor praktiese dinge soos die voorhuwelikse kontrak, jou trourok en skoene, jou gevolg, blomme en dekor, foto’s en videos en die onthaal. Dit berei ook die bruid op geestelike vlak voor oor die huwelik en troubeloftes. 

JAN SMUTS – VAN BOERSEUN TOT WÊRELDVERHOOG

Hoofredakteur: Prof. Kobus du Pisani

JAN SMUTS – VAN BOERSEUN TOT WÊRELDVERHOOG

Jan Smuts, een van die bekendste Suid-Afrikaners van die twintigste eeu, bly 'n omstrede figuur. Was hy een van die uitstaande staatsmanne van sy tyd of dalk 'n verraaier van Afrikanerbelange en moontlik 'n rassis? In hierdie boek word generaal J.C. Smuts herwaardeer. Smuts se rol as intellektueel (onder meer vader van holisme), militêre strateeg (hy het 'n leidende rol tydens drie oorloë gespeel), politikus (vir 'n halwe eeu in die "era van die generaals" was hy prominent) en staatsman (hy was 'n dryfkrag agter die vorming van die Unie van Suid-Afrika, die Britse Statebond, die Volkebond en die Verenigde Nasies) word beoordeel. Altesaam 20 outeurs het help skryf.

Paaie van Hoop

Nadia Beukes-De Villiers

Paaie van Hoop

In hierdie boek vat Nadia ’n mens saam as passasier op die paaie wat sy al geloop het. Dit was nie altyd reguit maklike paaie nie... daar was kronkelpaaie, snelweë, bergpasse en ompaaie en sy deel haar hartseertye, maar ook haar vreugdetye. Sy skryf prontuit oor die dinamika van mens-wees, die kuns van die lewe en hoe mense reageer op foute en teleurstellings.

Deeg

geskryf deur Theresa de Vries

Deeg

Hierdie boek word beskryf as die enigste boek oor deeg wat jy ooit sal nodigkry. Alle soorte deeg om terte of pasteie te maak word berspreek. Dit sluit in broskors, blaarkors en skilferskors om maar net ’n paar te noem. Dit dek ook algemene foute wat by deeg kan voorkom en die oorsake daarvan. En om die terte of pasteie te laat pronk gee Therese wonderlike aanwysings oor hoe om dit alle te versier. Word ’n bobaas-bakker met hierdie boek wat selfs moeilike deegresepte maklik maak.

A man of Africa, The Political thought of Harry Oppenheimer

geredigeer deur Kalim Rajab

A man of Africa, The Political thought of Harry Oppenheimer

Hierdie boek is ’n samevatting van Oppenheimer se standpunte as dit kom by Liberalisme, Apartheid, Sosialisme, Sanksies, Unies, Opleiding, Geo-politiek en die nalating van Cecil John Rhodes. Dit is saamgestel deur middel van uittreksels uit sy toesprake en dit gee ’n mens insig in hoe een van die magtigste en komplekse besigheidsmanne van die vorige eeu gedink het en wat die rol van beginselvaste besigheid in ’n politieke ekonomie was. 

Oor Berge en Dale - Op reis met 'n monumentjagter

geskryf deur Jackie Grobler

Oor Berge en Dale - Op reis met 'n monumentjagter

Daar is nie ’n grondpad te sinkplaat, plaasdraad te hoog of aanwysings te gebrekkig om Jackie Grobler te keer nie. As hy eers ’n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy oor berge en dale van Lichtenburg in Noordwes tot die heuwels van Tabankulu in die Oos-Kaap op soek na interessante monumente en gedenkplekke.

Van die monumente is bekend en vertel van groot keerpunte in ons geskiedenis. Ander is weggesteek en bring onbekende verhale in die lig. Grobler reis onder meer op die spoor van Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal gaan hy na die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog en hy besoek ook struggle-gedenkplekke. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts.

In die Vrystaat soek hy na oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy af op monumente aan ’n Anglo-Boereoorlogkanon (die Long Tom). Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.

Elke provinsie sal ’n kaart hê wat die monumente aandui. ’n Boek vir liefhebbers van die langpad én vir leunstoelreisigers.

Op die spoor van

saamgestel deur Rudie van Rensburg

Op die spoor van

Dis ’n boeiende versameling kortverhale deur veertien bekende Afrikaanse skrywers, almal in die speurverhaal-genre. So, ’n reeks geslepe misdadigers kom te staan teen hul eweknieë aan die ander kant van die gereg wat insluit polisiemanne, privaaatspeurders of net doodgewone mense in ongewone omstandighede... dit in vyftien verskillende speurverhale... en met skrywers soos Karin Brynard, Kerneels Breytenbach en Martin Steyn, kan mens maar weet, hierdie gaan ’n heerlike lekkerlees Speurverhaalboek wees.

Kruie, Van Toeka tot Nou: Die Boek

geskryf deur Dr. Chris Pitzer

Kruie, Van Toeka tot Nou: Die Boek

Hierdie boek is die resultaat van Dr. Chris se jarelange navorsing en sy weeklikse radiopraatjies in sy program ‘Kruie van Toeka tot Nou’ op Rainbow Gospel Radio. In dié boek verduidelik hy die gebruik van verskillende kruie en plante in die alternatiewe behandeling van siektes en kwale, want soms is die natuur net beter as die mediese wetenskap.

Vrouekeur 50 Breipatrone

geskryf deur Christa Swanepoel

Vrouekeur 50 Breipatrone

Hierdie boek bied maklike breipatrone vir die ywerige handwerker. Die projekte sluit in babamussies, truitjies, truie, serpe en musse...selfs hondejassies en katbedjies... En as deel van die bemarking van die boek, word ‘n veldtog geloods waar mense gevra word om ‘n serp te brei as deel van Mandela-dag vieringe op 18 Julie 2017. Die serpe sal dan aan relevante organisasies in spesifieke gemeenskappe geskenk word. 

As jy meer inligting daaroor soek, kliek hieronder. 

Nie vir ma’s nie – ’n kookboek vir pa’s en kinders

geskryf deur Karin Behm-Joubert en Daleen van der Linde

Nie vir ma’s nie – ’n kookboek vir pa’s en kinders

Met dié boek word ma’s tydelik uit die kombuis verban sodat die mans en kinders agter die kospotte kan inskuif om hulle staal te wys. Hierdie prettige kookboek laat enige een toe om heerlike kos te maak wat hulle sonder hulp of te veel moeite kan voorberei. Die stap-vir-stap instruksies sal selfs ’n groentjie gemaklik laat voel in die kombuis... (wys ietsie). 


Brave Lotus Flower Rides The Dragon

geskryf deur Tracy Todd

Brave Lotus Flower Rides The Dragon

In hierdie boek vertel Tracy hoe haar lewe op 28 jaar handomkeer verander het toe sy ’n kwadrupleeg geword het as gevolg van ’n motorongeluk. Sy was ’n jong ma, kranige atleet en onderwyseres en ewe skielik is alles wat sy vanselfsprekend aanvaar het, weggeruk. Soms het sy gewonder of dit die moeite werd is om te bly lewe... maar sy het uiteindelik die lewe gekies... haar storie inspireer en wys ’n mens wat ’n sterk wil en gees ’n mens in staat kan stel om te bereik.  

Die mense langsaan

geskryf deur Elsa Hamersma

Die mense langsaan

Hierdie boek handel oor die donker geheime en dodelike obsessies van gewone mense in gewone huise. Christine wil van haar man ontslae raak. Moord maak meer sin as egskeiding, veral nadat hy baie geld op die Lotto gewen het wat hy nie met haar deel nie, maar dan trek daar ’n geskeide man en sy dogter langs haar in en voor Christine enige iets kan doen, val haar man op onverklaarbare wyse van die huis se trap af. Die speurders, sowel as Christine, is agterdogtig oor haar nuwe buurman. Klink of hierdie boek ’n paar verrassings gaan oplewer... 

Vlerke vir almal

geskryf deur Marion Erskine

Vlerke vir almal

Hierdie boek spreek die tema van boelies en kuberboelies onder die jeug aan. Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg. Dis ‘n hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.

Ses blinde muise en ’n olifant

geskryf deur Jude Daly

Ses blinde muise en ’n olifant

Een warm dag kom 'n olifant vaak-vaak uit die woud en beland in 'n boer se skuur. Hy maak vir hom 'n bed en dommel weg droomland toe. Ses blinde muise sluip uit hulle gaatjie in die skuur om dié gedierte van nader te beskou. Is 'n olifant soos 'n muur? Of 'n boom? 'n Spies? Dalk 'n waaier of 'n tou? Hierin sal jou kind saam met die blinde muise die wonder van dié merkwaardige dier ervaar. 

Corli se Kombuis

geskryf deur Corli Botha

Corli se Kombuis

Hierin gee sy haar gunsteling resepte onder die volgende hoofstukke, Lank, Lank Gelede; Binne ’n uur; So ’n bietjie Frankryk; Kook saam met vriende; Suid-Afrikaans; of maak dit jou eie... en nog ’n hele paar meer. 

Dreams, betrayal & hope

geskryf deur Mamphela Ramphele

Dreams, betrayal & hope

In hierdie boek bespreek sy al die dinge wat verkeerd gegaan het in die publieke en privaatsektore sedert 1994. Sy sê dit het tyd geword om Suid-Afrika en sy toekoms te ‘re-imagine’. Ons skuld dit aan ons kinders en hulle kinders. Ons durf nie opgee nie... die land se mense moet weer begin hoop. 

Watter kleur is jou persoonlikheid?

geskryf deur Lynette de Beer

Watter kleur is jou persoonlikheid?

Almal se persoonlikhede verskil, en nadat jy hierdie boek gelees het, sal jy nie net jouself beter verstaan nie, maar ook jou medemens. En jy sal ook weet hoe om nie in jou swak eienskappe vas te val nie. Klink na iets waarmee almal van ons kan doen. 

Doodsroeper

geskryf deur Rika Cloete

Doodsroeper

Februarie, 1861. 'n Groepie trekboere maak naby die Gamagara-rivier in die Kalahari staning. Nie ver daarvandaan nie, lê Stilbos - 'n misterieuse bos sonder voëls, maar ook die skuilplek van die Doodsroeper, 'n onaardse wese wat uitroep voordat iemand sterf. Kort voor lank word die geskende lyk van een van die boere in die bos gevind. Dit is ongetwyfeld moord en Soois Bruwer, 'n verloopte wetsman, word versoek om ondersoek in te stel. Hoe dieper hy delf, hoe ingewikkelder word die saak en hoe meer besef hy dat hy eintlik maar bitter min van die mense óm hom weet. Op hul hulp kan hy ook nie juis reken nie. Daar is nou wél oom Albert Siener met sy vreemde visioene, maar daarvan verstaan Soois g'n snars nie. Dan is daar Nella Uys, 'n onkonvensionele, geheimsinnige vrou wat baie weet, maar min sê. En klein Krisjan Harmse wat die oplossing vir die raaisel ken, verraai niks. Net toe Soois dink hy is op die regte spoor, roep die Doodsroeper weer en sit hy met 'n tweede lyk op hande. Nou moet hy alles inspan om die moordenaar vas te trek, maar 'n hele klompie verrassings wag nog op hom ...

Ekseem - Jou noodsaaklike gids

geskryf deur Regina Malan

Ekseem - Jou noodsaaklike gids

Ekseem is ’n veltoestand waaraan tussen 10 en 20% van alle mense ly en dit word gekenmerk deur rooiheid en 'n gekrap. In dié boek word gekyk na presies wat ekseem is, die oorsake daarvan, hoe dit behandel en beheer kan word, asook hoe ekseem by onderskeidelik kinders en volwassenes lyk. Dit bevat nuttige wenke, gevallestudies en voorstelle en is ook beskikbaar in Engels. 

Uitgerys

geskryf deur Mareli Visser

Uitgerys

Wat is nou beter as ’n varsgebakte brood... hierin deel Mareli al haar beste suurdeeggebak-resepte. Dit sluit in resepte vir basiese brode; ontbytbrode; bolletjies, rolletjies en stokkies; brood vir braai; platbrode; gevulde brode; soetbrode en pronkbrode. Selfs vir oorskietbrood het sy wonderlike planne. Sy verduidelik ook hoe om jou eie gisplantjie te kweek en die basiese prosesse van gisting, knie, rys, vorming en uiteindelik bak. In ’n wêreld van massaproduksie is dié boek oor regte vakmanskap ’n vars briesie vir gebak.

Tracker Manual

geskryf deur Alex van den Heever, Karel Benadie en Renais Mhlongo

Tracker Manual

Hierdie boek is ’n praktiese gids om ’n mens te leer hoe om diere te volg in die bos. Dit is een van die enigste van sy soort wat beskikbaar is en maak gebruik van die wyshede van die paar oorblywende tradisionele ‘trackers’ waarvan daar nie meer baie oor is nie. Jagters sal veral die boek baie interessant vind. 

Gesloopte Lugkastele

geskryf deur Johan L. Smith

Gesloopte Lugkastele

Hierdie boek is die verhaal van die skrywer self wat na ’n amper noodlottige ongeluk sy brein so ernstig beseer het dat hy in ‘n diepe koma verval. Tien weke later word hy soos ’n pasgebore baba wakker in ’n onbekende wêreld, sy verlede verlore en sy toekoms aan skerwe. Die mense om hom is vreemdelinge, ongemaklik oor hierdie nuwe persoon wat eens hul geliefde was en nou met dooie oë na hul staar. Hy kon nie loop of praat nie en alleen moes hy opstaan en sy pad vind uit die duister, terug na die lig. Dit vertel die verhaal van ‘n lewe na so ’n ernstige breinbesering... 'n lewe waarvan bitter min mense weet....

Guide to Seabirds of Southern Africa

geskryf deur Peter Ryan

Guide to Seabirds of Southern Africa

Hierdie is die eerste boek van sy soort wat eksklusief fokus op die nagenoeg 1000 verskillende seevoëls wat langs die Suider-Afrika kuslyn voorkom.  Dit is hoofsaaklik ’n indentifikasie-gids, maar dit sluit ook inligting oor die verskillende voëls se biologie en gewoontes in en bevat ook kleurfoto’s van die verskillende voëls.

Apartheid - Britain's Bastard Child

geskryf deur Helene Opperman Lewis

 Apartheid - Britain's Bastard Child

Die skrywer is ’n sielkundige en psigo-historikus en hierdie boek is ’n poging om te probeer verstaan hoekom Suid-Afrika se verlede gebeur het, soos dit het. Die gevolgtrekking is dat ons verhaal ‘n universele verhaal is van wat met groepe gebeur wanneer hulle oor 'n lang periode verneder en getraumatiseer word - hoe dit uiteindelik tot nuwe siklusse van konflik en geweld lei in 'n poging om die kollektiewe psige te herstel, maar op dié manier net nuwe vernedering en trauma skep. Dit bly dus ’n eindelose siklus - waar gister se vernederde môre se vernederaar word. Beslis ’n insiggewende boek vir almal wat die verlede probeer verstaan...

Lekker en Vinnig Kookboek-Reeks

uitgegee deur Lapa

Lekker en Vinnig Kookboek-Reeks

Dit sluit in: Lekker en Vinnig Hoender, Souse, Yskasterte, Potjiekos, Tradisionele kos en Lekkers. Elke boek bevat 20 smulresepte waarvan die bestanddele maklik bekombaar is en dis maklik en vinnig om te maak. Heerlike boeke om in jou boekrak te hê vir enige geleentheid.

Man van Cirene

geskryf deur F.A. Venter

Man van Cirene

Hierdie klassieke topverkoper is nou weer beskikbaar. Simon van Cirene word gelas om Jesus se kruis te dra op pad na Golgota. Simon, die man wat nie glo nie. Maar hoe kan ’n mens onveranderd gelaat word deur ’n ontmoeting met Christus? Hierdie is die verhaal van Christus se aanslag op ’n heidense wêreld, maar veral ‘n verhaal van verlossing: die oorwinning van die gees oor die aardse... 

Say Again, The other side of South African English

deur Malcolm Venter en Jean Branford

Say Again, The other side of South African English

Hierdie boek poog om die leser op verskeie voorbeelde van Suid-Afrikaanse Engels te trakteer. Kennis oor hoe Suid-Afrikaanse Engels van ander Engels verskil, kan nuttig wees vir Engelstaliges uit ander dele van die wêreld wat soms wonder wat op aarde ons bedoel. Die boek fokus op woorde en frases uit verskillende aspekte van die lewe – sommige is ernstig en ander minder ernstig.

History of South African cross country, middle- and long-distance running and walking

Geskryf deur Dewald Steyn

History of South African cross country, middle- and long-distance running and walking

ʼn NWU-alumnus en voormalige langafstandatleet het ʼn boek geskryf oor die opwindende geskiedenis van Suid-Afrikaanse landloop, middel- en langafstandpadwedloop.
 
Dit plaas ook die kollig op die voormalige Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) se gloriedae in dié sport. Dewald Steyn, alumnus van die voormalige PU vir CHO het ʼn onversadigbare dors en ʼn ontembare passie vir Suid-Afrikaanse atletiek.
 
Dit is juis sy passie en sy kommer oor die feit dat sommige van die kosbaarste en glorierykste sportprestasies nooit versamel en gedokumenteer is nie, wat hom finaal aangespoor het om History of South African cross country, middle- and long-distance running and walking te skryf. Die boek bestaan uit vyf volumes en is ’n dokumentering van prestige-geleenthede, grootse prestasies en inspirerende atlete.

Soek en Vind 3D Boek 1 en 2

uitgegee deur Human en Rousseau

Soek en Vind 3D Boek 1 en 2

Hierdie prettige boeke met plakkers sluit ‘n 3D bril in waardeur kinders na wonderlike 3D-illustrasies kn kyk wat lyk of hulle uit die bladsye spring. Op die besige en kleurvolle bladsye kan kinders eok na voorwerpe en die karakters wat snaakse goed in die verskillende tonele aanvang en ongelooflike avonture beleef asof hulle self daar is.

Skool is ’n riller

saamgestel deur Marianna Brandt

Skool is ’n riller

Die boek bevat 20 grillerige stories wat jou nekhare sal laat rys en jou laat wens dat die skoolklok vir huis-toe-gaan-tyd wil lui... Geluide in geheimsinnige donker gange, monsters, mummies, moordenaar onderwysers en vreemde wesens... is alles deel van hierdie heerlike boek vir kinders van nege tot twaalf jaar. 

The Historical Overberg

geskryf deur Chris Schoeman

The Historical Overberg

Ek het vandag hierdie boek, ‘The Historical Overberg’ geskryf deur Chris Schoeman. 
Die Overberg is geleë tussen die Hottentots Holland Berge en die Breederivier. Dis nie net ’n vrugbare landbou-omgewing nie, maar ook ’n gewilde wegbreekbestemming vir toeriste. In hierdie boek, kyk die skrywer veral na die geskiedenis van die Overberg-omgewing wat mense soos Bartolomeu Dias, Sir David de Villiers Graaff, Uys Krige en Audrey Blignault insluit. Sommige van Suid-Afrika se oudste dorpies en huise is ook daar geleë. 

Elders

geskryf deur Erns Grundling

Elders

Hierin vertel die skrywer die verhaal van sy 1025 km staptog langs die Camino, oor veertig dae, wat hy sonder ’n selfoon, kamera of horlosie aangepak het. In die proses ontdek hy die ware betekenis en beloning van om in die oomblik te leef. Hierdie is ’n ongewone boek – ’n reisverhaal en memoir wat behalwe vir ’n fisieke avontuur ook ’n deernisvolle blik bied op die ewe kosbare binnereis... miskien iets wat ons almal eendag moet oorweeg. 

Koeëlreën, Wapens, bloedspatsels en wonde

geskryf deur Japie Bogaards en Wollie Wolmarans

Koeëlreën, Wapens, bloedspatsels en wonde

Wollie Wolmarans is een van Suid-Afrika se bekendste forensiese deskundiges en hy was ook betrokke by Oscar Pistorius se saak. Gooi hierdie ongelooflike kennis saam met Japie Bogaards se vermoë om ’n spannende storie te vertel, en jy kry ‘n feiteboek wat soos ’n riller lees. Dis ’n fassinerende boek met sake wat reeds uit die 1800’s kom. Selfs die moord op John F. Kennedy word betrek, en natuurlik ook Pistorius s’n. Hierdie boek maak dit duidelik, feite is soms meer bisar as fiksie.

Historikus Herman Giliomee - ’n Outobiografie

geskryf deur Hermann Giliomee

Historikus Herman Giliomee - ’n Outobiografie

Hierin verweef die skrywer die verhaal van sy lewensverloop met dié van ’n land wat hom boei en besiel, ’n land waar die geskiedskrywing sentraal staan tot die hedendaagste politiek. As internasionaal gerekende historikus, was Giliomee was nog altyd uitgesproke oor landsake, voor en na 1994. Sy uitsprake is gewoonlike vars en vreesloos en enige iemand wat ’n belangstelling in ons land se geskiedenis het, sal dié boek geniet. 

Soettand

Geskryf deur Flori Schrikker en Koelsoem Kamalie

Soettand

Dis hierdie gunsteling-tannies van Bonteheuwel se tweede boek en hierin deel hulle poedings en soetgebak wat dekades lank al familiegunstelinge is, soos Ouma Rachel se doekpoeding, Mamma Rose se potpoeding, Maleise koesisters, bobaas-bollas, broodpoeding met ‘n verskil, Hertzoggies en die berugte tweegevrietjies om maar ’n paar te noem.

Sirkus

geskryf deur Irma Venter

Sirkus

Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien. Haar aktivis-pa is pas doodgeskiet en die veiligheidspolisie staan op haar drumpel met ’n ultimatum. As sy hulle nie help nie, sit sy en haar siek ma sonder ’n heenkome... en dis hoe Adriana in Berlyn beland en waar sy leer messe gooi.

Déan in Top Gear

geskryf deur Dick Beets

Déan in Top Gear

Dick het dié verhaal geskryf na die dood van sy seun, Déan, in ‘n ongeluk, maar hy sê dit gaan nie net oor die trauma van 'n kind begrawe nie, dis eintlik 'n storieboek. Die verhaal speel af in die hemel waar Déan daar rondry op ’n motorfiets. Alles is dus fiksie, behalwe die deel oor sy lewe op aarde. Die doel van die boek is om sin te maak uit die traumatiese dinge wat met ’n mens in die lewe gebeur en om daardeur te werk. Die boek sal ook vanaf Mei-maand in Afrikaans beskikbaar wees. 

Biografie van ’n Onbekende Man

geskryf deur Bennie Engelbrecht

Biografie van ’n Onbekende Man

In hierdie boek, skryf Bennie hy is nie ’n Donald Trump of ’n Richard Branson nie... net ’n gewone mens soos ek en jy, maar hy vertel sy lewensverhaal deurspek met lewenswyshede want sy boodskap is, jy hoef nie beroemd of bekend te wees om ’n biografie te skryf nie. 

Koljander, koljander, so deur die Bosch

geskryf deur Annatjie Melck

Koljander, koljander, so deur die Bosch

Die skrywer is die vrou wat Oom Samie se winkel op Stellenbosch bekend gemaak het en vir Annatjie gaan kosmaak nie oor pretensie nie, maar wel oor liefde en beskerming. Sy is lief daarvoor om haar kos in mooi en interessante houers te bedien, maar verkies dat die kos natuurlik lyk sodat die kwaliteit en smaak behoue bly. In hierdie boek is meer as 100 resepte wat wissel van kerriekos en varkrib tot souskluitjiesen Pannekoeke. 

Nuwe Alles-in-Een Voorskoolse Aktiwiteitsboek en Handleiding

saamgestel deur Mart Meij, Rina Erasmus en Amorie van Straaten

Nuwe Alles-in-Een Voorskoolse Aktiwiteitsboek en Handleiding

Hierdie boeke moedig kinders aan om te speel en bied prettige en interaktiewe aktiwiteite aan sodat leerders hulle vaardighede en koordinasie kan ontwikkel. Die klem is op speel-terwyl-jy-leer.

Die Suid-Afrikaanse Melktert-versameling

geskryf deur Mari-Louis Guy en Callie Maritz

Die Suid-Afrikaanse Melktert-versameling

Daar is ’n melktert vir elke okkasie en na elkeen se smaak: met ’n skilferkors-kraag, krummelrige broskors, koekiekrummelkors of sonder kors; gegeur met kaneel, naartjieskil, perskeblare, neutmuskaat of vanielje, amandel, karamel, sitrusskil of kardemom; gebruik as ’n tert (gebak of ongebak), nagereg, skommeldrankie, “shooter”, melkskommel of as vulsel vir ander gebak soos doughnuts: melkterte van oor die hele wêreld – Nederland, Portugal, Spanje, Amerika, Frankryk, Engeland en selfs China. Die boek is beskikbaar in Engels en Afrikaans. 

Megaboere

geskryf deur Wynand Dreyer

Megaboere

Megaboere, kykNET se gewilde reeks oor suksesvolle boere in Suid-Afrika, het kykers reeds vir drie seisoene vasgenael gehou. In hierdie boek neem Wynand Dreyer, medevervaardiger van die reeks, en sy produksiespan jou na die plaaseienaars op wie die kollig tot dusver in die reekse geval het. Hy bied nie net interessante profiele oor gevestigde en opkomende boere met uitsonderlike ondernemingsgees nie; hy probeer die suksesresep ontrafel wat hedendaagse boere in staat stel om die aarde op volhoubare wyse te benut. Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderne¬ming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou. Volg vir Wynand op paaie wat lei tot die verste uithoeke van die land en ontdek die grond¬beginsels wat van boere pro-aktiewe entrepreneurs en sakemanne met visie maak.

Ena Murray Oordenkings

geskryf deur Ena Murray

Ena Murray Oordenkings

Hierdie boek bestaan uit Christelike dagstukkies vir ’n hele jaar. Dis die ideale boek vir private stiltetyd of vir die hele gesin wat saam oor die dinge van God wil besin. 

Aspoesterskoene

geskryf deur Kristel Loots

Aspoesterskoene

In hierdie boek ontdek Sarah, ’n doodgewone voorstedelike huisvrou met ’n man in sy middeljarekrisis, weer die wonder van die liefde. Die humoristiese skryfstyl maak hierdie roman soveel meer as net ’n gewone liefdesverhaal. Dis ‘n lag-met-‘n-traan ervaring wat lesers nog lank daarna sal bybly. 

Liefde is ’n Sprokie

saamgestel deur Santie Nel

Liefde is ’n Sprokie

Dis ’n bundel kort liefdestories wat tienerlesers sal wegvoer na ’n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op ’n bekende sprokie gebaseer, maar met ’n moderne kinkel.

Of course you Can

geskryf deur Brian Adams

Of course you Can

Hierdie boek is ’n praktiese gids oor hoe om jou eie besigheid te begin en te bestuur in Suid-Afrika. Die skrywer is passievol oor entrepreneurskap en glo dat die groei en ontwikkeling van klein besighede uiters belangrik is vir ons land.

Marga en Henriëtte: in die skadu van Skisofrenie

geskryf deur Marga van Rooy en Henriëtte Boot

Marga en Henriëtte: in die skadu van Skisofrenie

In hierdie boek vertel ma en dogter elkeen vanuit hulle eie hoek watse worsteling hulle ervaar het nadat Henriëtte op agtien met skisofrenie gediagnoseer is. Die boek bied ook ‘n baie insiggewende blik op die aard van hierdie siekte en die verskillende behandelings wat daarvoor beskikbaar is. 

Tannie Poppie kook weer

geskryf deur Poppie Coetzer

Tannie Poppie kook weer

Hierdie nuwe kookboek deur Tannie Poppie Coetzer se naam is ‘Tannie Poppie kook weer’ en hierin deel sy al haar gunsteling versamelresepte. Die boek bied heerlike resep-idees vir liplekker hoender, brode, smaaklike poedings, lekkernye vir die teetafel en baie meer. Hierdie is staatmakerresepte wat jy keer op keer sal gebruik, ideaal vir beginners in die kombuis sowel as ervare kokke.

Skilder in my Taal

geskryf en saamgestel deur Tokkie du Plessis

Skilder in my Taal

Die boek is 'n handleiding vir mense wat wil leer skilder met olieverf. Dit is toegerus met mooi stap vir stap verduidelikings en kleurfoto’s om ’n mens te help deur die hele proses van olie op doek, so as jy nog altyd ’n nuwe stokperdjie wil probeer, nou is daar ’n gebruiksvriendelike handleiding in Afrikaans om jou te help. Die boek is beskikbaar by Tokkie self. 

Fotostaatmasjien

Geskryf deur Bibi Slippers

Fotostaatmasjien

Bibi Slippers se debuutbundel vier die mens en kultuur as fotostaatmasjien en die gedig as foutiewe fotostaat. Die digter neem die rol van monnik in die middeleeuse skriptorium aan, maar dié oorskrywer is gelyktydig ook ’n boorling van ’n digitale wêreld waar perfekte kopieë met die druk van ’n knoppie geskep kan word, en emoji’s, youTUBE-videos en Instagram-foto’s werklikheid word.  Fotostaatmasjien dokumenteer die skeppingsproses in afdrukke, en maak só oorspronklike fotostate.

Hekel saam met Vrouekeur

saamgestel deur Christa Swanepoel

Hekel saam met Vrouekeur

In elke boek is daar 10 splinternuwe moderne hekelpatrone en al die items is met Saprotex-draad gehekel wat oral beskikbaar is. Elkeen van hierdie boeke bied beslis ’n hekelbonanza vir die ywerige handwerker.

Die Natuurlewe van Suider-Afrika

met die redakteur Vincent Carruthers

Die Natuurlewe van Suider-Afrika

Hierdie boek is die eerste veldgids waarin diere en plante van die streek in een gerieflike volume gedek word. Dit is die ideale gids vir elkeen wat die natuur in Suider-Afrika betree hetsy as besoekers aan natuurreservate, voetslaners, vakansiegangers, voëlkykers en wildkykers.

Oepse Daisy, Lulu

geskryf deur Fanie Viljoen

Oepse Daisy, Lulu

Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word. Daarom is sy baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie Tula-Belle gaan by hulle kom kuier. Sy dra die mooiste klere en kom juis stad toe om in ’n operakonsert te sing. Toe sy Lulu se pragtige ontwerpe sien, besluit sy Lulu moet vir haar ’n rok vir die konsert ontwerp. Maar dit lyk of tannie Tula-Belle haar moeilikste kliënt tot dusver gaan wees. En kort voor lank moet Lulu help om die operakonsert te red...

Moenie hierdie boek eet nie! 'n Rympie vir elke dag van die jaar

geskryf deur Jaco Jacobs

Moenie hierdie boek eet nie! 'n Rympie vir elke dag van die jaar

Dit bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag! 

Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van ’n fynkok

geskryf deur Peter Veldsman en Elmari Rautenbach

Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van ’n fynkok

Peter Veldsman het ’n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor. Die resultaat is vermaaklike stories en staaltjies oor die kos en mense in sy lewe. Dit sluit in van sy dae as kosredakteur van Sarie, kosskrywer van Rapport  en, uiteindelik, eienaar van Emily’s, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só ’n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het. Die boek is nostalgies, humoristies en hartroerend... dit vat jou terug na Ouma se kombuis, maar ook na die wye wêreld daar buite. 

Make or Break, How the next three years will shape South Africa’s next three decades

geskryf deur Richard Calland

Make or Break, How the next three years will shape South Africa’s next three decades

In hierdie boek bespreek Calland moontlike scenarios in die politieke arena wat kan bepaal of Suid-Afrika op die lang termyn suksesvol of ‘n mislukte staat gaan wees. Die volgende paar jaar gaan krities wees  in ons land se toekoms en dit is regtig ’n maak of breek situasie. 

Pretkos – Gesonde Maaltye vir Kinders

geskryf deur Samantha Scarborough

Pretkos – Gesonde Maaltye vir Kinders

Die meeste ma’s word daagliks uitgedaag om hul kinders aan te moedig om gesonde maaltye te nuttig wat lewenskragrig en voedsaam is. Hierdie boek bied ’n skatkis van idees om gesonde, inspirerende etes vir kinders te berei, met groot pret! Dis ’n moet vir elke ma se boekrak. 

Wildlife of the Okavango

geskryf deur Duncan Butchart

Wildlife of the Okavango

Hierdie boek is ’n baie interessante fotografiese gids oor die diere wat in die Okavango Delta voorkom. Dit beskryf die geologie, klimaat, habitat en sleutelrolle wat verskillende diere in daardie gebied speel van die termiete tot die olifante. Dis ’n heerlike boek om op jou rak te hê as jy ’n natuurliefhebber is. 

Die waarheid oor verhoudings

geskryf deur Stefan Blom

Die waarheid oor verhoudings

Met hierdie boek wys die skrywer jou hoe om jou verhoudings te verbeter, hesy met jou lewensmaat, familie of vriende. Dit is ’n praktiese gids wat jou help om slimmer te werk te gaan in verhoudings, jou leer hoe om daardie hegte band, liefde, kommunikasie, vertroue en intimiteit terug te kry en te versterk. 

Tussen die Klippe

geskryf deur Hans du Plessis

Tussen die Klippe

’n Dekade ná die Groot Trek word ’n vrou voor die hof gedaag vir veelmannery. Of ’n misdaad en sonde dieselfde saak is, is nie altyd duidelik nie, maar die hof het tyd, stompe om op te sit, iemand wat kan skryf,  en getuies. En wanneer die waarheid openbaar word, is dit nie die waarheid wat mens verwag het nie. Uit al hierdie dinge probeer dominee Johannes sin maak van wat die liefde is. Lê die liefde nie dalk iewers tussen daardie twee klippe wat Moses van die berg af gebring het nie? Hierdie boek is ’n anderste soort liefdesverhaal en word gereken as een van die skrywer se heel bestes.

Indeks

geskryf deur Joan Hambidge

Indeks

Joan Hambidge is een van die bekendste literêre figure in Suid-Afrika en in hierdie bundel verken sy die aard en semantiek van digkuns en openbaar ’n feitlik mistieke bewondering en respek vir die ‘woord’. Die digbundel is meer liries van aard as haar voriges en ook meer toeganklik so kenners reken dit is beslis ’n hoogtepunt in Hambidge se digkuns.   

Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site