Feestelike Kersfeeshappies soos Lemoen en Gerookte Varknek Lollies, Gestopte Varkfilet, Chippolata-sous, Slappap-poffertjies met 'n oepsie en Gerookte Kalkoensmeer
Bestanddele:
Lollies:
1 sny gerookte varknek of Kassler per persoon
1 dik skyf vars lemoen (sny ongeveer 5 mm ronde skywe)
Sosatiestokkies
Willow Creek Blood Orange olyfolie
Gestopte varkfilet / kottelet:
(kyk by jou slagter vir so iets) of maak self:
1 Varkfilet, druk 'n lekker groot gat deur die middel met 'n mes
Stop met 'n mengsel van bloukaas en swart kersies of bosbessies (cranberries) of soet kersies
Streepspek om die filet mee toe te draai
Slappap-poffertjies met 'n oepsie:
Afgekoelde, effens stywe, maar steeds baie sagte (wanneer warm) mieliepap
Dadels, ontpit en geweek in brandewyn
Kruiesout
1 eier
Broodkrummels
Olie vir diepbraai
Goudakaas-blokkies vir elke poffertjie
Kalkoensmeer:
1 groot gerookte kalkoenboud
1 houertjie eendvet of uitgebraaide varkvet (suet)
1 goeie gehalte Franse brood of Ciabatta in skywe gesny, liggies gerooster in olyfoliepan
Vars druiwekorrels
Chippolata-sous:
1 Chorizo-worsie, in dobbelsteentjies gesny
1 ui, gekap
1 blikkie Bosbessiesous (Cranberry jelly)
(alternatief 1 blikkie ontpitte swart kersies)
25 ml brandewyn (gebruik sommer dié waarin jy die dadels geweek het)
100 ml wit wyn
250 ml First Choice room
Metode:
Plaas 'n lemoenskyf bo-op elke stuk gesnyde gerookte varknek en ryg 'n stokkie só deur dat dit mooi saam vasgeheg is aan die stokkie. Smeer albei kante met die gegeurde olyfolie of gewone olyfolie.
Braai in 'n riffelpan eers op die vleiskant vir so 5 minute en draai dan op die lemoenkant sodat die lemoen mooi braaistrepies wys. Koel af en hou eenkant tot bediening.
Gestopte filet:
Plaas saam met 'n klein bietjie water en olyfolie op die kant waar jou spekstukkies bymekaarkom. Bedek met foelie en oondbraai vir 20 minute teen 180 grade Celcius, verwyder foelie en braai verder bruin onder die rooster. Koel af voor jy dit in skywe sny.
Kalkoensmeer:
Kook die Kalkoen sag in 'n drukkoker. Verwyder uit die kookvloeistof. Koel af en verwyder alle bene en veerpenne. Trek die vleis baie fyn en meng met 'n hele houer eendvet. Plaas in 'n mooi potjie en verkoel in die yskas sodat jy 'n lekker smeerbare patee het. Bedien saam met jou geroosterde broodskyfies en vars druiwekorrels.
Chippolata-sous:
Braai die Chorizo en uie saam. Voeg die brandewyn en room saam met die bosbessiejellie of gedreineerde swart kersies by. Laat effens opkook en roer dan die room deur. Toets vir smaak en voeg sout en peper by soos verkies.
Slappap-poffertjies:
Neem genoeg pap in jou handpalm om ongeveer gholfballetjie grootte bolletjies te kan vorm. Rol dit toe rondom 'n halwe dadel. Geur die broodkrummels met die kruiesout. Doop elke bolletjie in geklitste eier en rol in broodkrummels. Braai in warm olie net goudbruin. Steek 'n mooi houtstokkie of vurkie met 'n kaasblokkie in elke poffertjie.
Ek hou van die Chippolata sous saam met die poffertjies en ook by elke sny van die gestopte filet.