By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Meer oor Ontbytsake

Bekostigbare televisieblootstelling

7:30 - 9:00 Saterdag- & Sondagoggende op kykNET

Die Ontbytsake logo en kenmerkende temamusiek open dié een en ʼn half uur televisieprogram propvol ingeligte besigheidsvermaak.

Ontbytsake is ʼn tydskrifstyl televisieprogram wat die land en naburige Namibië deurreis om klein-en medium besighede die geleentheid vir televisieblootstelling te gee.

Ontbytsake is ontwerp om alternatiewe Afrikaanse kykgenot tydens naweekoggende op KykNET te verskaf en die programformaat en aanbiedingstyl is uniek.

Die program word aangebied deur die bekende ekonoom, Dawie Roodt, en bekendes uit die sakewêreld, kunste, sport en politiek is weekliks in die ateljee as hoofgas. 

Dawie verskaf ook oorsigte van die week se ekonomiese hoogtepunte en gee terugvoer oor die beleggingsmarkte.

Mede-aanbieder, Eloise Cupido, verleen tempo aan die program en hou die aanslag lig terwyl Klein- en Medium besighede altyd ‘n integrale deel van die inhoud bly.

Gaste wissel van sangers soos, Kurt Darren, Bobby van Jaarsveld, Adam Tas en Juanita du Plessis tot sakemense soos Steve Booysen, Nicky Oppenheimer, Brand Pretorius asook karakters soos Dowwe Dolla, Marc Lottering, Casper de Vries en Shaleen Surtie Richards om ligte vermaak te verskaf.

Daar is ʼn weerverslag aangebied deur Jan-Harm Schutte gevolg deur Landbounuus en 'n bietjie sport ook deur Jan Harm. 

Ontbytsake se sjef, die Kokkedoor deelnemer, Renette Vosloo, gee vinnige resepte en kos-idees in haar moderne kombuis, geborg deur Miele, wat sy gewoonlik saam met 'n gewilde wyn bedien.  

Die klein- en medium sake-ondernemings kry bekostigbare televisieblootstelling terwyl die kyker terselfdertyd aan die land en sy sakemense voorgestel word. Dié wenkombinasie verskaf uitstekende, ingeligte en vermaaklike kykplesier.

Ontbytsake besoek maandeliks die huise van ‘n kwart-miljoen kykers.  Die program is die perfekte platvorm vir klein- en mediumbesighede om met potensiële kliente regoor die land te kommunikeer om hulle produkte en dienste aan ‘n wye spektrum van die kykerspubliek voor te stel.

'n Verkorte weergawe van Ontbytsake, genaamd Sakefokus, word ook uitgesaai tydens die middaguur op kykNET tussen 13:00 en 14:00 en op kykNET & kie tussen 12:00 en 13:00. 
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site