By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Fliektyd: 13 April 2019

Deur Leon van Nierop

Jy’s 14 jaar oud. Jy voel dat jy nêrens inpas  nie. Een van jou grootste helde is Captain Marvel. Jy weet boonop nie wie jou ouers is nie, en beland by pleegouers. Dan, eendag, verander jy skielik in ‘n superheld as jy “shazam!” skree. Die probleem is net om in daardie maroen-rooi pakkie in te pas!  

Shazam is vet pret! Dit praat met die superheld in ons almal. Maar het jy al daaraan gedink: wat gebeur as jy skielik superkragte kry. Wat maak jy daarmee? En het ‘n mens nie eers opleiding nodig nie? Die uitbundige Shazam! spot met superhelde. Dit waarsku: moet jouself nooit te ernstig opneem nie. En hoekom ly superhelde so? Hulle moet eintlik hul kragte geniet en dit POSITIEF aanwend. Shazam is ‘n slapstick komedie vir almal wat van superhelde hou en self een wil wees. En hoe beweeg ‘n mens in daai stywe rooi pakkie?  ‘n Send-up was nog nooit snaakser nie. Jy sal jouself stukkend lag. En dalk self probeer vlieg.

Galveston kom met ‘n waarskuwing: dis nie ‘n fliek om te gaan kyk as jy bedruk is nie. Die atmosfeer is donker en gewelddadig, en die storie sal jou teister. Maar dit is ‘n kwaliteit-fliek. Weet net: Galveston stel hoë eise aan jou uithouvermoë.

Ben Foster is ‘n Hollywood hardebaard. Hierdie man neem sy rolle ernstig op en speel ‘n barshou. Hy vertolk die rol van ‘n sluipmoordenaar. As een van sy moorde skeefloop, erf hy ‘n rebelse meisie (Elle Fanning.) Die twee onderneem ‘n reis. Die helfte van die fliek speel op die pad af. Maar sy het ‘n geheim. En hy ook. Gaan hulle die rit oorleef? Galveston is neerdrukkend en dramaties, maar knap gemaak. Dis jou keuse of jy dit aan jouself wil doen.
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site