By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Weervoorspelling

7 Desember 2019

Weervoorspelling

Donderweer sal vandag in 'n breë strook oor die noord en noordoostelike deel van die land ontwikkel. Dit sal lukraak en verspreid voorkom terwyl die wes en suidelike deel van die land warm droë weer kan verwag. 

Die hele land buiten die Wes-Kaap kan Sondag lukraak en verspreide donderweer verwag, maar swaar weer behoort oor die Drakensberge en KZN binneland voor te kom. Ligte reën mag vroegdag moontlik op die suidkus voorkom, maar dit behoort direk na sonop gou weg te brand. 

Donderweer sal uit die weste begin opklaar, maar die oostelike binneland kan nog groot donderselle en swaar reënbuie verwag.  

Mooiweer en warm oor Namibië, Wes- en Sentrale binneland sowel as suidweste terwyl donderweer in die ooste voortduur, maar dit sal op hierdie stadium lig en verspreid voorkom. Daar behoort ligte reënbuitjies op die suid en ooskus sowel as aangrensende binneland te wees.   

Buiten 'n paar los donderselle wat steeds oor die noordooste kan ontwikkel kan die res van die land mooiweer verwag. Temperature oor die westelike binneland sal skerp tot tussen 35 en 40°C toeneem. 

Buiten 'n paar ligte donderselle wat steeds oor Mpumalanga kan ontwikkel is dit nog 'n landwye mooiweersdag. 'n Kouefront wat suid van die land verby skuur sal koeler weer en ligte reënbuitjies teen die suidkus bring, maar dit sal lig en min bly. 
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site