By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Willem Gee Raad

Willem Gee Raad

Verlede week het Dawie ook gesels oor die huidige rentekoers wat so laag is. Rentekoerse was in 1973 laas op hierdie vlakke en die vraag was, moet jy 'SKULD' vasmaak op hierdie vlakke? 

Die antwoord is ongelukkig nie ʼn eenvoudige JA of NEE nie. Wat WEL belangrik is, is om voorbereid te wees SOU rentekoerse weer begin opgaan en die vertrekpunt is, indien jou finansiële situasie NIE verander het as gevolg van die Covid-situasie nie, hou aan om jou skuld af te betaal teen jou oorspronklike premie. ʼn Klein bietjie ekstra NOU, het ʼn ongelooflike impak op die groter skuldpremie later. 

Terwyl ons gesels oor skuld en lae rentekoerse, kom ons praat net WEER oor jou Pensioenfonds. Sou die muntstuk vir jou verkeerd geval het en jy word afgelê by die werk of die hele besigheid maak toe en jy het nou toegang tot jou fondse in jou Pensioenfonds, dink asseblief twee keer VOOR jy DIE fondse aanwend om 'skuld' af te betaal! Die Banke is al hoe meer bereid om te onderhandel oor verskillende skuld-afbetalings strukture, maar geen Bank gaan vir jou geld gee om eendag sorgeloos te kan aftree nie en die kurwe is aan die toeneem. Al hoe minder mense kan finansieel onafhanklik aftree in SA en daar is BAIE redes hiervoor, maar sekerlik die grootste rede van almal: ek betaal en kyk na almal om my en ek vergeet om MYSELF eerste te betaal.

Besighede en individue wat 'n paar rand gespaar het deur die jare 'oorleef' hierdie 'bisarre tyd' waarin ons lewe en in 'n vorige gesprek het ek dit ook genoem: 'die Engelse gesegde van die 1500’s 'save for a rainy day'. Ons is nou in daardie rainy days en rainy days bring ook slaggate en die verkeerde aanwending van jou pensioengeld kan 'n slaggat wees waaruit jy baie moeilik kan kom so voor die oudag nader kruip.
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site