By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Suksesstories

Snappy Chef

Suksesstories

Vanaf ons eerste advertensie in 2010 is Snappy Chef al sinoniem as 'Ulla se stofie' (die vorige Ontbytsake Kosaanbieder het daarmee gewerk.) Nie net ervaar ons positiewe belangstelling en terugvoer van ons produk nie, maar Ontbytsake bied ook 'n groot, lojale platform van Afrikaanssprekende kykers wat vertroue plaas in die produkte wat op die program gebruik word. 

Selftrack

Ons is BAIE tevrede met die program-uitsending en het reeds heelwat navrae! Vandag was BESIG! Dra asb ons dank en gelukwense oor aan die hele span, ek dink dit was great!!

Minuteman Press

Ons kyk al vir jare Ontbytsake. Dit is almal se Saterdagoggendprogram en dis so heerlik om altyd saam met die span te kuier. Die demografiese dekking is baie goed. Toe ons die Ontbytsake voorstel gemaak het, het Afrikaans en Engelse mense soos een man saam gestem. 

Laser Lipo

Ons is baie gelukkig met die resultate en ons kry nog steeds oproepe van die `clip` wat op was. Al 4 van ons takke se fone lui baie. Die mense vra hoe dit werk en hoeveel dit gaan kos en nog baie baie meer…ons is baie bevoorreg om dit te kon doen. Ons sal graag weer een wil doen in die toekoms. Baie dankie, ek sal met die ander takke ook gesels en vir hulle wys, ons sal miskien kyk na so September se kant. Baie dankie vir julle hulp, en julle nice wees, mens kry dit nie sommer nie.

Just Water

Na 'n Just Water insetsel op Ontbytsake het ek 2 Franchises verkoop as 'n direkte gevolg van die blootstelling op die program.  Intussen adverteer ons baie gereeld 'n verskeidenheid van produkte en kry telkemale uitstekende terugvoer. 

Integrisure

Ons is baie tevrede met Ontbytsake. Dit was ons eerste TV-ervaring en die personeel was ten alle tye vriendelik en hulpvaardig. Die blootstelling het alle verwagtinge oortref. Dit het 'n situasie laat ontstaan waar ons nie genoeg personeel gereël het vir die Saterdag nie met amper 100 oproepe en smsse in die 20 minute na die uitsending wat ingekom het. Was defnitief waarde vir geld en ons gaan dit weer doen.

Bateleur Estate

Dit was maklik om te bespreek en uit te voer. Redigering en produksiespan was baie behulpsaam met die videos en onderhoude. Diens oor die algemeen was besonder goed in alle aspekte. Ons het meer as 250 navrae oor die 6 programme gehad. Dit is 'n gemiddelde van 40 tot 50 navrae per uitsending. Ons kry steeds navrae vir uitsendings van vorige jaar se episodes. 

Aosis

Ons het dit baie geniet as 'n span om die insetsels te verfilm. Dit was goeie spanbou. Die kameraman, Michael van Rhyneveld was baie professioneel en die eindproduk was baie goed. 

Americana Hardware

Die personeel was baie professioneel en hulpvaardig en die besigheid het baie belangstelling gekry asook navrae na produkte. Dit het verkope ook verbeter. 

Ahava

Almal met wie ons gewerk het by Ontbytsake was baie professioneel en vriendelik. Dis moeilik om presies te sê, maar ons het beslis nuwe kliënte gewen. 

Afsim

Ons het meer gekry as wat ons verwag het. Ons het honderde oproepe ontvang. Sodat ons met Coega Development Corporation 'n ooreenkoms geteken het en hulle nou die bemarking en verkope doen en ons tegniese steun gee en die simulators verkoop.
Copyright © Ontbytsake 2021 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site