By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

3D Prosthetics

3D Prosthetics op George ontwerp en vervaardig prosteses deur middel van ‘n unieke en gevorderde tegnologieproses. 

3D Prosthetics wend 3-Dimensionele drukwerk aan om ‘n meer akkurate prostese te vervaardig wat pasiënte se prostese-gebruik vergemaklik.

As gekwalifiseerde prostotiste verstaan 3D Prosthetics die meganika van prostesevervaardiging en met hulle agtergrond in die kuns- en filmbedryf is hulle in staat om ook die kosmetiese aspekte van ‘n prostese te vervolmaak.

Pasiënte is self betrokke by die ontwerp van die patroon en kleur wat op die prostese aangebring word. 

Kliënte ontvang ‘n akkurate prostese wat ‘n beter lewensgehalte verseker. 
Kontaknommer:044 873 3314
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site