By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

AGM Saagmeule

Direk langs die N1 snelweg, 1 kilometer noord van die ou Zambezi afrit, het AGM Saagmeule etlike jare gelede al dié depot in Pretoria begin, om hout direk aan die publiek te lewer vanaf die saagmeule. 

Hulle voorsien 5 Klasse houtprodukte: 
Strukturele hout vir byvoorbeeld dakkappe, profielhout soos Knotty Pine, Wendyhuis kantplanke, vloerplanke & stoepdekplanke wat ook behandel kan word met CCA, materiaal vir die bou van houthuise, nat-vanaf-die-saag – Ongedroog en onverwerkte hout, gelamineerde balke, hoofsaaklik vir bouwerk, behandelde pale vir omheining en ondersteuning vir strukture.
Verder verskaf hulle ook Hardeware soos Vensterrame, spykers, houtbehandelings, hamers, ensovoorts.

Die AGM Sawmill Depot bied jou houtprodukte teen ‘n billike prys, aangesien die middelman uitgeskakel is. Hulle bestuur die totale produksieproses, van die boom tot die verbruiker – om jou net die beste in houtprodukte te voorsien.

AGM Sawmill Depot – besoek hulle gerus.
Kontaknommer:012 808 9900
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site