By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

APCAN

APCAN Sekuriteitsgroep is ‘n gevestigde landwye maatskappy met kantore in Roodepoort, Boksburg, Pretoria, Nelspruit, Polokwane, Kaapstad en Durban.

Hulle verskaf ‘n omvattende reeks sekuriteit- en verwante dienste, onder meer, wagte, gewapende reaksie, tegnologie, ondersoeke, voertuigmonitering en -opsporing, skoonmaak asook kleinhandelbesighede. 

Die gewapende reaksie-afdeling lewer bewaringsdienste aan meer as 6000 besighede en huishoudings in die Wes-en Oosrand van Johannesburg en in Polokwane, wat insluit korporatiewe, industriële en residensiële komplekse. 

Inligting word verkry, geanaliseer en met daaglikse inligtingstukke aan kliënte versprei. 

APCAN staan aan die voorpunt van tegnologie ten opsigte van alombemande beheerkamers, kameras, hulpkreet-armbande en alarmstelsels om hierdie doel te bereik. 
 
Die groep voorsien gevorderde sekuriteitstelsels en nasionale afstandmonitering van kringtelevisiekameras vanaf hulle beheerfasiliteite. 
Kontaknommer:087 151 3933
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site