By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Abland se Loftus Park

Abland se Loftus Park ontwikkeling, gaan ‘n groot aanwins vir Hatfield wees. Dit bring ‘n betekenisvolle finansiële inspuiting wat die node opgradeer deur spasie te skep vir top maatskappy-kantore, winkels en restourante in die area en gaan bydra tot die verbetering van sekuriteit.

Loftus Park het sy naam gekry vanweë sy ligging direk langs Loftus Versfeld. Dit is die eerste noemenswaardige gemengde gebruik ontwikkeling in die area, sedert Brooklyn winkelsentrum, wat in die 90’s die lig gesien het.

Meer as 270 000 kubieke meter grond,is verwyder, om plek te maak vir die kelderverdiediepings, 10 meter diep. Bouwerk is nou aan die gang deur die bekwame kontrakteurs, “WBHO.”

Loftus Park gaan bestaan uit Premium graad kantoorgeboue, uitsoekwinkels, vyf restourante, ‘n Virgin Active gimnasium met swembad, ‘n bekende vier-ster hotel en ‘n sport-rehabilitasiesentrum van uitnementheid, alles gerangskik rondom ‘n opelug piazza met onhaal en ontspanning-spasie.

Abland se Loftus Park – ‘n nuwe toekoms in Pretoria.
Kontaknommer:082 044 5011
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site