By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Accredinet

Die konsep van `n onafhanklike advies-kanaal, het reeds in 1997 beslag gekry. Toe reeds was die hoofdoel om probleme en hindernisse, in die pad van onafhanklike adviseurs, te identifiseer en oplossings te vind. So het Accredinet in 1999 ontstaan.

Accredinet, as deel van die houermaatskappy 4D, is begin na ’n besoek aan die VSA en Australië. In hierdie lande was dit duidelik dat onafhanklike finansiële adviseurs deel wou wees van ’n makelaarshuis.

Dit was dan ook die uitsluitlike doel om reg van die begin af ’n tuiste te skep vir die professionele, onafhanklike finansiële adviseur, wat ’n eenstopdiens aan kliënte wil lewer. 

Vir hulle is die sleutelwoord gepaste advies met ‘n nommerpas produk wat daarmee saamgaan. As jy 'n onafhanklike finansiële adviseur is of een wil word - voel vry om aan te sluit. 

Accredinet bied ook opleiding aan nuwelinge, wat onder toesig werk, totdat hulle bevoeg is volgens FAIS wetgewing. Opleiding vir adviseurs en hul assistente is beskikbaar. 

Accredinet -  hulle is en sal altyd die Tuiste van die onafhanklike finansiële adviseur wees.

FSP: 8933

Kontaknommer:012 991 9600
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site