By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Adzam Solar

Baie Suid-Afrikaners beweeg in die rigting van hernubare maniere om hulle plase, huise, geboue en kantore van krag te voorsien. Adzam Solar ontwerp alternatiewe energie-stelsels om jou verbruik te verbeter en kostes te verminder.

Adzam spesialiseer in sonkrag-waterverhitting. Hulle het ‘n trotse naam in die Sonkrag-industrie van Suid-Afrika gevestig. Hulle Sonkrag Geyser produkte is uniek as gevolg van die unieke hoëdruk indirekte stelsels. Hulle oorskry ook die minimum vereistes vir gehalte en konformasie en die produkte word 100% plaaslik vervaardig.

Adzam Spesialiseer in die ontwerp en installering van fotovoltaïese kragstelsels: af van die netwerk, op die netwerk of  hibriede stelsels. Adzam voorsien ook Kragvervangingstelsels.

Adzam se nuutste produk is die fotovoltaïese waterverwarmingsisteem wat saam met alle plaaslike geysers werk, wat jou geld spaar en kragonderbrekings omseil. Produkontwikkeling- en toetsing is nou gefinaliseer en massaproduksie begin binnekort. 

Adzam Solar – Vanuit hulle vervaardigingsaanlegte in Tshwane voorsien hulle landwyd. Alle Adzam-produkte dra die SABS-merk van goedkeuring.
Kontaknommer:012 804 8499 of Jan Visser: 082 4479 089
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site