By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Airlink

Airlink is ‘n lugdiens-besigheid in privaatbesit wat 37 bestemmings in 9 Afrikalande verbind.

Airlink se direkte daaglikse vlugte tussen Pretoria en Kaapstad bied gemak en gerief aan sake- en ander reisigers woonagtig in Pretoria en omstreke. 

Vlugte vertrek op weeksdae om 06h45, 10h00, 14h15 en 17h30 van Pretoria Wonderboom Nasionale Lughawe en op Saterdae om 08h45 en Sondae om 11h15. 

Kaapstadse vlugte arriveer in Pretoria om 9h00, 14h15, 16h30 en 19h45. 

Dit neem minder as tien minute om jou bagasie te kry omdat die vliegtuig voor die lughawegebou parkeer. 

Besigheidsklas-passasiers en uitgesoekte Voyager-lede geniet gratis Wi-Fi en verversings in die Grey Sunbird Lounge. 

Met 25 jaar ervaring verleen Airlink voorrang aan gehalte, betroubaarheid en stiptelikheid. 
Kontaknommer:011 451 7300
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site