By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Alma Kwekery

Alma Kwekery is die grootste tuinsentrum in die Goudvelde & omgewing en word al vir byna 30 jaar bedryf deur Tjaart van der Walt snr en sy gesin. 

Tjaart  se liefde vir die natuur het die besigheid laat wortel skiet en vandag staan dit onder besoekers bekend as ‘n lowergoen en inspirerende ‘oase’. 

Alma bied ‘n onge-ewenaarde verskeidenheid plantsoorte en spesies - waarvan heelwat by Alma Kwekery self gekweek word. 

Daarmee saam is daar alles wat jy benodig om elke duim van jou tuin te omskep in ‘n lushof, van dekor en toebehore tot kenner-advies en tuinontwerp-idees.

Die troeteldierwinkel is ook die grootste in die Goudveld en het alles om na jou diere om te sien plus daar is ook ‘n binneshuise akwarium. 

Onderdak is daar binneshuise dekor, boeke, geskenke, die haarsalon, “Art2Frame” en die bekende Groenhuijs restaurant met hulle tuisgemaakte huiskos.
Kontaknommer:057 392 1940
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site