By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Bethlehem Vurkhyser Velddienste

Bethlehem Vurkhyser Velddienste op Bethlehem diens, herstel en voorsien die onderdele van alle handelsnaam vurkhysers in die Oos-Vrystaat. Hulle verkoop nuwe en gebruikte Vurkhysers, Bobcat Skidsteer laaiers en Bobcat Mini Excavators, verhuur dit en sorg ook vir die jaarlikse vragtoets-sertifikate en tweejaarlikse vurkhyser-lisensies.
 
Bethlehem Vurkhyser Velddienste se hooftaak is om Vurkhysers en Bobcats in die veld te diens en herstel, en in geval van ernstige breuke, na die werkswinkel te bring vir herstelwerk. 

Hulle is die agente vir die TCM Vurkhyser en die Bobcat in die Oos- Vrystaat. 

Al hulle masjiene word deur hul eie trok na en van kliënte vervoer, wat verseker dat alles op die regte datum, tyd en plek afgelewer word.  

Vir Bethlehem Vurkhyser Velddienste kom stiptheid eerste; hulle doen hul bes om binne 24 uur ‘n diens te voltooi en in ‘n korter tyd ‘n breuk te herstel! 

Almal is ewe belangrik, van die boer tot die supermark, tot die fabriek. 
Kontaknommer:083 290 4544
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site