By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Camp Roadhouse

‘Camp Roadhouse’ in Oudtshoorn, is in 1940 gestig tydens die tweede wêreldoorlog toe Britse Troepe reg oorkant die pad in die weermagkamp gestasioneer was, waar die Infanterieskool vandag is. 

Al is dit vandag nie meer ‘n ware “Roadhouse” nie lewer hulle nog steeds wegneemetes. En die bakkery voorsien net die beste brood (tot 10,000 per dag), wat insluit, rolletjies, spesialisbrode, koekies, beskuit – ag, alles wat bakkerye bak en dit word gemaak met ongebleikte, steengemaalde meel...

In 1952 het hulle ‘n nabygeleë kafee in Voortrekkerstraat oopgemaak. Dit is vandag Wes-Handelshuis en die koffiewinkel Cafe-de- Move-On is daagliks oop van half sewe tot tienuur  in die aand en beide bedien enige iets – van kêffiekoffie tot ’n sigaar – met ‘n glimlag.

Camp Bakery wat in 1988 gestig is, bak met die hand, om werk te skep vir ‘n span van 80 en hulle bak soos in die ou dae - met regte bestandele. Dis kwaliteit gebak en jy kry waarde vir jou geld. Jeanette se gesegte sê eintlik alles waarvoor ‘Camp Roadhouse’, ‘Camp Bakery’ en ‘Wes Handelshuis’ werk:
Kontaknommer:Camp Roadhouse: 044 272 3831 & Wes-Handelshuis: 044 272 7681
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site