By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

CaterKraft

CaterKraft is in Oktober 2006 begin toe `n behoefte vir spysenierstoerusting raakgesien is in Klerksdorp. CaterKraft het aanvanklik as Cosmos Catering & Shop Equipment bekend gestaan maar die naam is in 2014 verander.

CaterKraft se voordeel is die feit dat hulle baie voorraad aanhou. Hulle koop ook steeds goeie gehalte gebruikte toerusting en doen inruilings. CaterKraft  se wye reeks nuwe toerusting word verskaf deur die grootste name in spysenierstoerusting. 

Hulle spesialiseer ook in pasgemaakte wasbakke en tafels, asook ventilasie-sisteme en die installering daarvan.

CaterKraft se  gereelde kliënte sluit Gastehuise, Slaghuise, Restaurante, wegneem-ete besighede asook privaat individue in. Hulle diens kliënte regoor Noordwes, Vrystaat, Noord Kaap en Gauteng en het selfs kliënte in Nelspruit, Kaapstad en Namibië.

CaterKraft – Met 12 jaar ondervinding in die bedryf help hulle graag met die uitlê van kombuise en besighede en gee graag advies!
Kontaknommer:018 462 0281
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site