By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Daliff Precision Engineering

Daliff Precision Engineering is in 1972 gestig. In 1998 het hulle ’n bestuursverandering ondergaan en in 2007 het hulle hul strategie verskuif om 'n produksiediens vir die aanbodkettings van globale, oorspronklike toerusting vervaardigers in hoë-tegnologie bedrywe, te bied.

In 2008 is Daliff bekroon met ‘n “Aerospace” sertifisering van AS9100 en in 2014 het hulle 'n goedgekeurde Airbus verskaffer geword. Tot vandag is Daliff die enigste SMME presissie ingenieurs-maatskappy in Suid-Afrika met 'n Airbus handelaarsnommer.

Hul vermoë sluit CNC draai en vrees in (vir 4 en 5-asse), in groepe wat wissel van enkelbestellings tot groot hoeveelhede. Spesialiserings-rigtings sluit titaan en Inconel-bewerking in asook dunwandige komponente met diep sakke.

Die Daliff posisie van leierskap kan toegeskryf word aan die feit dat deurlopende verbetering, sowel as navorsing en ontwikkeling, 'n hoeksteen van hul bedrywighede is. Hulle is voortdurend op soek na die nuutste masjineringstegnologie om internasionale mededingendheid te verseker.

Hul diens en toewyding aan presissie-vereistes van die kliënt is ongeken. Daliff bedryf 'n temperatuurbeheerde inspeksielaboratorium, wat toegerus is met 'n CNC 3D koördineringsmaatmasjien en 'n volle reeks van konvensionele meet-toerusting. 

Kwaliteit is gedryf tot 'n vlak waar kliënte dit as 'n gegewe aanvaar. Kliënte verwag 'n produk vervaardig op spesifikasie onder 'n AS9100 / ISO9001 gehalte bestuurstelsel wat internasionale beste praktyk verteenwoordig. 

Daliff Precision Engineering – met globale kliënte, soos Airbus - kan jy eenvoudig nie ’n fout maak nie.
Kontaknommer:021 386 1851
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site