By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Decision Processes International

Wie is Decision Processes International?
Ons is deel van ʼn groep internasionale besigheidskonsultante wat in 1978 deur ons afgetrede President Michel Robert, begin is. Ons fokus op kritiese denkprosesse wat besighede help om kritiese besluite te neem, wat nuwe inkomste strome ontsluit en dit te implementeer.

Hoekom is kritiese denke vir enige besigheid belangrik ?
Kritiese denke is belangrik vir alle besighede, ongeag hoe groot of klein. Alle besighede het nodig om nuwe denke te ontsluit, asook om waarde te voeg deur middel van die ontwikkeling van strategieë om in die mark te implementeer.  Uitvoerende Hoofbeamptes is verantwoordelik vir die toekoms van die besigheid en om die strategiese groei te ontsluit.  Hulle kan dit nie alleen doen nie, hulle benodig  hulle eie mense se ondersteuning en inkoop ten opsigte van die strategie en die implementering daarvan.

Hoekom is DPI anders as enige ander konsultante?
Ons hele besigheidsmodel is gebaseer op die beginsel dat ons nie vir enige besigheid voorsê  wat en hoe hulle dit moet doen nie, maar  ons bring ʼn denkproses ter tafel en fasiliteer die proses.  Die proses en ons fasiliteringvrae vra wat besighede moontlik nie wil bespreek nie of vrae wat hulle nie gedink het om te vra nie.  Met hierdie benadering ontsluit ons die geloof, inkoop en ondersteuning vir die strategie wat onwikkel word vir die toekoms en help om die Uitvoerende Hoofbeamptes se lewens minder stresvol te maak, asook om die strategiese terroriste (mense wat altyd sê hulle inkoop en ondersteuning is daar, maar deur hulle aksies daagliks die besigheid ontwrig en nie ondersteunend is nie) aan te spreek sodat hulle meer doeltreffend is in die toekomstige strategieë en die besigheid vinniger traksie kan kry met die implementering.

Hoekom is hierdie benadering meer effektief?
Hierdie benadering is meer effektief, want in die laaste 40 jaar in globale markte en 24 jaar in Suid Afrika, het ons gesien dat ‘n wenstrategie altyd volhoubare en uitsonderlike groei lewer… maar daardie wenstrategieë bestaan alreeds in die denke van die mense in die organisasie.  In my boek “Leadership Pure and Simple” (klik hier om die eerste hoofstuk gratis af te laai) omskryf ons die leierskapsvaardighede wat mense kan leer hoe om beter strateë te kan wees en dan om ander te mentor.  Dis ‘n proses van hoe om soos n strateeg te dink, dus moet die besigheid se strategie net onttrek word met ‘n suiwer en eenvoudige proses wat verstaanbaar is vir almal.

Wie is ons kliënte?
Ons kliënte is enige besigheid, van entrepreneurs; klein, medium en groot, tot globale organisasies soos Robert Bosch, 3M, Kimberly Clark, Willis Towers Watson, maak nie saak watter industrie of geografiese gebied nie.  Besoek ons tuisblad om te sien met watter tipe organisasies ons saamwerk.  Vir ons is dit eenvoudig; as jy wil groei, hetsy produk gewys, of  deur nuwe kliënte of markte wil bedien, of selfs geografies uitbrei, dan is dit belangrik om anders te dink oor hoe jy dit kan doen.  Die ou manier van dink is nie meer van toepasing nie. Jy moet jou mense uitdaag om anders en kreatief te dink, om saam die wenstrategie te ontwerp en te implementeer.

Hoe kan jy met ons kontak maak of reël jy ʼn interaksie met DPI?
Ons het ʼn Strategiese Denke Leierskap Forum (Strategic Thinking Leadership Forum – STLF) wat ons twee maandeliks in Gauteng by die Bryanston Buiteklub en in Kaapstad by die Lagoon Beach Hotel in Milnerton aanbied.

Vir meer inligting oor wat by ons forum gebeur en wie bywoon, lees Wat is die STLF? 

Ons volgende ontbyt is Donderdag 15 November in Gauteng, waar ons gaan gesels oor die Ontwrigter Besigheid Model (Disruption Business Model) en hoe enige besigheid kan dink soos ʼn ontwrigter en ʼn nuwe strategie vir transformasie vir die toekoms kan bepaal.   As enige onderneming dit wil bywoon, kan hulle met Oriël kontak maak by oriel@dpi-ww.co.za of 011 706 8118 voor Maandagmiddag, 12 November 2018, 5nm  sodat ons jou bespreking kan bevestig. Vir meer besonderhede besoek ons blog, waar u ook direk kan registreer voor 5pm op Maandag, 12 November 2018.

Trek voordeel uit ons GRATIS aanbiedinge:
Ons bied vir kykers wat ons na afloop van die program kontak, ʼn gratis oorsig van ons dienste en Strategiese Denke (Strategic Thinking) wat ʼn wenstrategie in plek sal stel en wat altyd volhoubare en uitsonderlike groei lewer. Die oorsig wys ons proses, wat suiwer en eenvoudig is, die strategie uit die denke van die mense in die organisasie kry en die geloof, inkoop en ondersteuning van jou span ontsluit.

Besighede wat nuwe inkomste strome wil ontsluit en hul inkomste wil sien groei, kan begin deur hierdie gratis oorsig te bespreek klik HIER, en los jou besonderhede sodat Oriël jou die volgende besigheidsdag kan kontak om met jou ʼn afspraak te reël.

Ons sien uit daarna om u te help groei!
Kontaknommer:Oriël: 011 706 8118
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site