By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Direct Productions

Direct Productions is in 2015 deur 3 vriende met ‘n passie vir musiek en klankproduksie begin. 

Hulle verskaf klanktoerusting, beligting, verhoogstrukture, dakstrukture, ‘back-line’, projektors en skerms van industrie-gehalte vir enige geleentheid, van klein funksies tot groot buitelug vertonings en feeste. 

Direct Productions doen ook skoolkonserte en korporatiewe funksies en hulle lewer dienste in Noordwes, Gauteng, Limpopo en die Vrystaat.

Direct Productions sal uit hulle pad gaan om kliënte tevrede te stel – maak nie saak hoe groot die taak is nie. Hulle is trots op hulle vriendelike en behulpsame personeel wat die vakgebied ken en streef na uitnementheid.

Die Direct Productions direkteure is ten alle tye teenwoordig by kliënte se funksies, om te verseker dat alles seepglad verloop. 
Kontaknommer:072 450 3630
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site