By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Elizabeth Brown’s Roomys

Elizabeth Brown’s Roomys op George is ‘n gesinsbesigheid wat ʼn smaaklike reeks roomyse van hoë gehalte vervaardig en versprei.

Elizabeth Brown’s verskaf onder meer sagteskep-roomys met unieke geure aan uitgesoekte Spesialis roomyswinkels. Dié hegte span gebruik net die beste ingevoerde en plaaslike bestanddele soos sjokolade uit Italië en volroom Jersey-melk en vars bessies uit die Tuinroete.

Hul reeks sluit ook premium- en huis- roomyse in en hul produkte strek van melkskommel- en diabetiese roomyse tot gevriesde jogurt. 

Die publiek kan die Elizabeth Brown’s fabriekswinkel besoek vir spesialis geure van die dag of unieke roomys bestel vir geleenthede soos bruilofte of verjaarsdae. 
Kontaknommer:084 571 9586
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site