By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Emmies Verkoeling

Emmies Verkoeling  is in 1987 deur Gerhardus van Emmenis, een van die drie direkteure, in Bela-Bela begin na voltooiing van sy lugversorging vakleerlingskap in die Weermag. 

Emmies het vinnig uitgebrei om alle huishoudlike toerusting te verkoop en te herstel.  In 1990 begin hulle om koel- en vrieskamers te bou en Emmies Verkoeling het vinnig een van die grootste vervaardigers geword.  

Vandag vervaardig hulle ook Chromodeck panele vir die bou van skole, huise, en meer.   

Emmies Verkoeling het landwyd kliënte en bedien ook die buurlande met uitstekende diens en  persoonlike aandag. Hulle gee vinnig en dadelik aandag aan enige kwotasies en sodra ’n kwotasie aanvaar word, gebeur installasie so gou as moontlik. Jy gaan vêr soek vir ‘n maatskappy waar installasies deur die direkteure self gedoen word.
Kontaknommer:014 736 6918
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site