By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Exxaro

Die naam “Exxaro” is saamgestel uit twee bronne: Die eerste is die Suid-Afrikaanse landswapen se leuse - “!ke e:/xarra //ke” uit die Khoisan taal wat beteken “diverse mense verenig”. Die tweede is uit die Latynse “Exaro” — wat beteken “opgrawe”. 

Exxaro Resources is ‘n groot steenkool en minerale hulpbron myngroep. Exxaro stam uit ‘n bemagtigings-transaksie. Tydens die ontbondeling van “Kumba Resources” se ystererts bates en die samesmelting van hulle nie-ystererts bates met die steenkoolbates van Eyesizwe, het Exxaro dadelik die land se grootste swart bemagtiging myngroep geword wat op die Johannesburgse Effektebeurs gelys is. 

Omtrent 25 kilometer buite Lephalale, neem hierdie oopgroefmyn 3000 mense in diens en produseer 25 miljoen ton veredelde steenkoolprodukte per jaar, met ‘n konvensionele trok- en graaf-operasie. Die myn het ‘n geskatte mynbare steenkoolreserwe van 3 261 miljoen ton en ‘n totale gemete steenkoolreserwe van 4 719 miljoen ton, waaruit semi-sagte kookssteenkool, termiese steenkool en metallurgiese steenkool geproduseer word. 

Grootegeluk het die wêreld se grootste veredelingskompleks waar 10000 ton rou steenkool per uur opgegradeer word, in agt  verkillende aanlegte.

Omtrent 20 miljoen ton van die jaarlikse produksie is kragstasie-steenkool, wat direk na Eskom se Matimba en Medupi Kragstasies vervoer word met ‘n 7 kilometer lange vervoerband, volgens die huidige voorsieningskontrak. ‘n Addisionele 1,5 miljoen ton metallurgiese steenkool word plaaslik verkoop aan die metaal en ander nywerhede op korttermyn-kontrakte. Grootegeluk produseer 2,5 miljoen ton semi-sagte kookssteenkool per jaar. Die grootste deel hiervan gaan per trein na Mittal SA volgens ‘n langtermyn voorsieningskontrak. Nagenoeg 1 miljoen ton kooks- en termiese steenkool word uitgevoer deur die Richardsbaai Steenkool terminaal, of binnelands verkoop. 

Exxaro Grootegeluk produkte, beloof kwaliteit en kwantiteit soos per kontrak. Uitstekende kliëntediens is vasgelê in hulle missie waar hulle streef na uitmuntende kliënteverhoudinge deur interaksie, ondersteuning en die verstaan van kliënte se waarde dryfvere, asook aanpasbaarheid om alle kliëntbehoeftes na te kom en die belangrikste van alles – dood eenvoudig – die kliënt kom eerste. 

Exxaro Steenkool Grootegeluk – dryf Suid-Afrika en bemagtig die Lephalale ekonomie en hef die mense se lewens in die gemeenskappe rondom hulle op. 
Adres:Lephalale
Kontaknommer:014 763 9000
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site