By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Fluid Kayaks

Fluid Kayaks in Parys bou al sedert 2002 hulle eie bote. Met ‘n kombinasie van roeiers en meganiese ingenieurs wat die bote ontwerp, word daar nie foute gemaak nie.

As dit kom by visvang- en plesierbote fokus Fluid Kayaks op families en liefde vir die natuur. Hulle witwater-reeks se fokus is meer op ekstreme sport entoesiaste en avonturiers - mense wat hulself wil toets.

Om te roei gaan oor veel meer as slegs die produk. Dit gaan oor die leefstyl. Om iets nuuts te ontdek elke keer as jy in die boot klim. Die bote word vervaardig uit ‘n uiters hoë gehalte, sterk plastiek. Fluid Kayaks se bote ondergaan eers ‘n ‘valtoets’ om die boot se vermoë te toets, voor hulle verkoop mag word.

Fluid Kayaks - trots Suid-Afrikaans en ’n geharde, bewese produk.
Adres:Parys
Kontaknommer:084 063 8116
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site