By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Gautrain

Die Gautrain voorsien ‘n doeltreffende spoorvervoerstelsel tussen Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni.

Dit dien as ‘n vinnige, betroubare, veilige en gerieflike openbare passasiersdiens as alternatief vir die padvervoerstelsel.

Die Gautrain se diens voldoen aan die hoogste internasionale standaarde van veiligheid, met opgeleide sekuriteits-personeel sowel as CCTV- en satellietmoniteringstegnologie vir gemoedsrus

Die Gautrain vorm deel van ‘n geintegreerde stelsel met passasiersbusse na voorstede by Rosebank, Midrand, Centurion, Pretoria, Hatfield en Rhodesfield stasies, en sowel bus- as motorhuurfasiliteite by Sandton. 

Spoorvervoer is steeds die mees omgewingsvriendelike massavervoertipe, en die Gautrain voldoen aan streng standaarde.

Die Gautrain het ‘n gebalanseerde benadering tot tariewe, wat dit bekostigbaar maak vir die meeste mense, en ander vervoermiddels aanvul.
Kontaknommer:0800 4288 7246
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site