HD Telecoms
HD Telecoms voorsien bekostigbare telefoondienste aan besighede van alle groottes regoor Suid Afrika, vir enorme besparings op hulle telefoonkostes.
HD Telecoms bied ‘n omvattende telefoon-oplossing deur die 3CX Foonstelsel vir Windows teen ‘n fraksie van die koste van die tradisionele foonsisteme. Dit word wêreldwyd deur 30,000 maatskappye gebruik en is ‘n toonbeeld van innovering en snykant tegnologie.
Hulle bied ook Google se 3CX WebMeeting wat stem- en videokommunikasie vir konferensies deur die Internet moontlik maak, sonder dat deelnemers enige bykomende sagteware benodig.
HD Telecoms bied die 3CX App vir gebruik op ‘n kliënt se selfoon wat beteken hulle kan van enige plek ter Wêreld deel wees van die kantoor en oproepe ontvang, maak en terug skakel na ander personeel.
HD Telecoms se kliënte trek voordeel uit lae telefoon-uitgawes en HD se span deeglik opgeleide tegnici wat flink, doeltreffende diens verseker.