By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

HMI Lineboring & Engineering

HMI LINEBORING & ENGINEERING op Middelburg is ‘n gevestigde maatskappy verantwoordelik vir on-site line boring, boilermaking en engineering asook vervoer en ‘n uitgebreide reeks verwante take.

Hulle behartig en verrig ‘n wye verskeidenheid funksies soos herstelwerk aan oopgroef-, ondergrondse myntoerusting, grondverskuiwings- en uitgrawingstoerusting.

HMI Lineboring & Engineering lewer reeds sedert 2004 ‘n spektrum van dienste aan tevrede kliënte landwyd; geen taak is te groot of te klein vir hulle nie.
 
HMI Lineboring & Engineering is kliëntgedrewe met integriteit as ‘n kernwaarde. Hulle werknemers is ervare professionele mense wat bekend staan vir hulle vriendelikheid, kennis en begrip van hulle kliënte se bedrywe en besigheid.

Die maatskappy knap deurentyd sy masjinerie op om sy prestasie te verbeter, en die allerbeste dienste aan sy kliënte te lewer. Hulle streef daarna om vennootskappe met hul kliënte te bou en te handhaaf, en om hulle pryse ten alle tye mededingend te hou.

HMI Lineboring & Engineering beskik oor ‘n reputasie vir flink en puik diens. Hulle naverkoopdiens is uitstekend en hulle is sewe dae per week asook na-ure beskikbaar. 
Kontaknommer:013 246 2875
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site