By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Harmoniehof en Harmonie Oord

Die Harmonie Park Tuiste vir Bejaardes in Sunnyside, Pretoria, bestaan uit Harmoniehof en Harmonie Oord.

Harmoniehof lewer “Stilte in die stad” - bekostigbare verblyf vir ouer persone wat selfversorgend is, of semi-sorg of volsorg nodig het. Inwoners word bederf met etes, skoonmaak van kamers, was van wasgoed en goeie versorging, wat pastorale en maatskaplike dienste, ‘n haarkapper en ‘n snoepie op die perseel, insluit.

Harmonie Oord is ‘n “skuiling in die stad”. Hulle verskaf lae koste verblyf aan selfversorgende ouer persone wat ‘n staatspensioen van R1 510 per maand of ‘n gelykwaardige inkomste kry. Hier is ‘n veilige hawe vir persone wat anders dalk op straat sou beland het.  Etes en aktiwiteite word verskaf danksy donasies, wat hulle natuurlik daagliks benodig.

Harmonie Park Tuiste vir Bejaardes – enige vorm van donasies is altyd welkom.
Kontaknommer:012 440 3357
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site