By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Harry’s Wholesale Butchery

Harry’s Wholesale Butchery buite Vanderbijlpark, is al sedert 1980 aan die gang en is so 12 kilometer buite die dorp. Die verskil hier is dat hulle groothandelpryse aan die publiek bied en orals in die Vaaldriehoek ook aflewer.

Enige kliënt kan net bel of e-pos en sy bestelling word afgelaai waar ookal hy sy produk wil hê. Kliënte kan net topgehalte produkte verwag en sal  altyd die beste diens kry, maak nie saak hoe groot of klein bestellings is nie.

Harry’s Wholesale Butchery is trots op hulle kwaliteit vleis en ander produkte, en met hulle direkte verbintenis met die Rietspruit Abbatoir, kan hulle vleis teen uiters kompeterende pryse lewer.

Vir net die beste diens en blokmanne wat snitte volgens jou behoeftes sny, doen jouself die guns en bestel jou vleis by Harry’s Wholesale Butchery. En moenie vergeet van hulle watertand biltongreeks nie...
Kontaknommer:016 987 5057
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site