By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hibiscus Mall

Hibiscus Mall in Wartski Rylaan, Margate, is vernoem na dié deel van die Kwazulu-Natalse suidkus wat bekend staan as die “Hibiscus Coast”.

Hier kan jy gerieflik inkopies doen by winkels wat die hele spektrum dek – mode, kruideniersware, hardeware, dienste en spesialiteitswinkels. Daar is Checkers, Clicks, Ackermans, Mr Price clothing, Rage, Pep stores, Liquor City, Postnet en ‘n Crazy Store.

Hibiscus Mall is dalk klein, maar dis soos ’n gemeenskapsentrum, met alles wat jy nodig het en ook genoeg parkering. As jy jouself wil pamperlang is daar ’n haar- nael- en skoonheidsalon en om die honger te stil kan jy inval by ‘Daily Grind Coffee Shop’ en terloops – ‘Woolworths Food’ maak een van die dae oop.

Hibiscus Mall - waar gerieflikheid blom.
Kontaknommer:039 312 0680
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site