By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Jaco Kruger Belastingspesialis

Jaco Kruger is ‘n kundige op die gebied van belasting vir mense met gestremdhede. Sy eie seun is autisties en nou al 26. Dus ken hulle die finansiële en emosionele stryd eerstehands.

Die praktyk spesialiseer daarin om gestremde persone van alle soorte te help, insluitende belastingbetalers met gestremde afhanklikes, deur middel van eise by SARS. Die terugbetalings help om hulle daaglikse lewenskwaliteit te verbeter. 

Voorbeelde hiervan sluit in kostes van alle diensteverskaffers soos terapeute, vervoer en versorgers asook enige items wat nodig is vir die person om sy daaglikse aktiwiteite uit te voer.

Die familiepraktyk empatiseer met die belange van gestremdes en daarom loop hulle die ekstra myl saam met jou.

Jaco Kruger bestuur ‘n maatskapy wat persoonlike diens en ondersteuning bied. Kontak hulle gerus vir unieke belastingbehoeftes.
Kontaknommer:083 636 9991
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site