By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Jan Ellis afslaers en winkelsentrum

Tussen Pretoria en Witbank lê Jan Ellis afslaers en winkelsentrum. Wyle oud-rugbyspringbok Jan Ellis het hierdie eiendom in 1983 gekoop en die afslaers aangevul met ‘n vulstasie en ‘n winkelsentrum. Dis nou al 33 jaar lank ‘n familiebesigheid wat vandag deur sy seun en dogter, Jan en Petro, bestuur word.

Eerstens is dit ‘n veilinghuis. Hulle verskaf die nodige platform vir enigiemand om hulle gebruikte of nuwe goedere te verkoop, gerugsteun met professionele afslaersdienste. Die publiek is natuurlik welkom om winskope te kom uitsnuffel.

Die tafels hier is interressant en ‘n goeie rus-stop met lekker snoepie-kos, as jy dalk op ‘n Saterdag die mooi omgewing wil kom verken.

Verder bied Jan Ellis Motors puik diens en hulle sal uit hul pad gaan om enige motoris te help.

Jan Ellis Afslaers, Garage en Winkelsentrum – vir verskeidenheid en atmosfeer.
Kontaknommer:071 198 8640
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site