By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Japie Stander Education & Compris Printers

Japie Stander Education in Kya Sands verrig drukwerk vir skole en ander opvoedkundige instansies.

Hulle voorsien ook ‘n verskeidenheid van publikasies wat deur vakkundige kenners opgestel word, en druk en versend dagboekies vir verskeie skole in al nege provinsies.

Verder hanteer Japie Stander Education die bestelling en verspreiding van die “CAPS” handboeke, ook bekend as die Kurrikulum- en Assesserings-Beleidsverklaring-handboeke, van die Departement van Onderwys. 

Die druk van sertifikate vir skooltoekennings, sportprogramme, briefhoofde en enige ander drukwerk wat noodsaaklik is vir die administrasie van skole of opleidings-instansies word teen billike pryse deur hulle gedoen.

Hulle bied alles, van graad 1 en 2, deur Rekeningkunde graad 8 en 9 en ook die baie gewilde Siviele Tegnologie en Graad R-werkboek, met Onderwysgids.

Japie Stander Education is verbind tot bekostigbare onderwys- en opleidingsmateriaal, en loop die spreekwoordelike “ekstra myl” vir hulle kliënte.

Kontaknommer:011 794 4033
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site