By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Maningi Metals

20 jaar gelede het Frank Engelbrecht sy eerste tak van Maningi Metals in Booysens begin. Nou in 2018 het hy al vyf takke by, gerieflik geleë in Marlboro, Alexandra, Johannesburg Sentraal, Jeppe en Chamdor.

Maningi samel skrootmetaal, plastiek en papier in, met die hulp van baie mense wat andersins geen heekome sou gehad het nie.

Sonder die lojale ondersteuning van die gemeenskap, sou Maningi Metals nie so ‘n onderneming kon bedryf nie. Daarom word so baie teruggeploeg na minder bevoorregtes om byvoorbeeld Kersfees spesiaal te maak. Selfs heliopter-ritte word vir die kinders geborg.

Maningi Metals, Plastiek en Papierherwinning het oorlog teen armoede verklaar. Onthou - Enige vorm van skrootmetaal (ysterhoudend of nie) sal ’n glimlag op die mense se gesigte plaas.

Maningi plaas gratis skroothouers binne 8 uur na jou versoek by maatskappye. Bel hulle as hy vol is en hulle sal hom weer kom haal. Met hulle 13 trokke maak hulle ook sommer bouterreine skoon. Kontak Maningi Metals en help om ’n verskil te maak!
Kontaknommer:011 555 1900
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site