By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Mono Block

Mono Block is in die 1970's in Salt Rock begin. Hulle het oorspronklik betonheinings en laekoste voorafvervaardigde betonbehuising gemaak. Daarna het Mono Block uitgebrei om verkeie betonprodukte te maak, insluitend voorafvervaardigde beton “slabs”, sypaadjiestene en plaveistene.

Vandag word Mono Block gesien as 'n eenstopwinkel vir die meeste voorafvervaardigde betonprodukte, sowel as professionele siviele, strukturele en geotegniese ingenieursdienste soos benodig in die bou- en konstruksiebedryf aan die Noordkus. In 2015 is 'n beton- en geotegniese toetslaboratorium by die maatskappy se portefeulje gevoeg.

Hulle vervaardig ook talle standaard en gespesialiseerde betonprodukte soos lintels, maxi lintels, randstene, reënkanale, balke en trappe.

Mono Block – hulle het 20 jaar se plaaslike ingenieurswese kennis met die vermoë om koste-effektiewe en vinnige siviele- en strukturele ingenieurswese-oplossings te bied. 
Kontaknommer:032 947 0716
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site