By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Mpumalanga Crane Services

Mpumalanga Crane Services vervaardig sedert 2005 unieke oorhoofse hyskraan-produkte en besit ook hul eie ‘Mpumalanga Crane’ handelsnaamprodukte. 

MP Crane se mikpunt is om nuwe gebruikersvriendelike tegnologie te ontwikkel en om nuwe lewe in ou hyskrane te blaas.  Hulle doen ook alle herstelwerk, byvervaardiging, opgradering, diens en laaitoetse op oorhoofse krane.

Hulle lewer ‘n 24-uur diens, 365 dae van die jaar - van Saldanha in die Wes-Kaap tot in Mosambiek.  Elektriese ingenieurswese sowel as meganiese ingenieurswese maak deel uit van die dienste. 

Mpumalanga Crane Services word voortdurend “herskep” met opkomende tegnologie en bekendstelling van nuwe prosesse, produkte en oplossings.

Onbeperkte tegniese ondersteuning, stabiliteit en eerlikheid is die kern van alles wat hulle doen.

Mpumalanga Crane Services – Hulle leuse is “where service is a part of our name” en dit is waarna hulle elke dag strewe.  
Kontaknommer:013 246 1580/98
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site