By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Mzansi wealth Management

Mzansi wealth bied ‘n ware leefstyl-landgoed wat as Wigwam Aftree-oord bekend sal staan. Dis 15 kilo’s buite Rustenburg, sluit die opgeknapte Wigwam hotel in, en is vir mense wat die encore van die lewe in styl wil ervaar.

Elke ruim eenheid benut die natuur vir ‘n gevoel van oopte en spasie. 

Geriewe omvat ‘n eetsaal, kerk, konferensieruimte, haarkapper, geriefswinkel, squash-, tennis-, rolbal- en jukskeibane, gimnasium, twee swembaddens, drie braai-areas,  wandelpaaie op die gholfbaan en berg-staproetes.

Gevorderde 24-uur sekuriteit sal ook gesondheids-noodgevalle moniteer, terwyl ‘n kliniek, hoë-sorg-eenheid en geriewe vir spesialiste voorsien sal word.

Daar’s WIFI, skoonmaak- en wasgoeddienste en ‘n bussie wat 3 keer per dag ‘n roete verby winkels en hospitale volg. Drie gastehuise en ‘n hotel kan besoekers akkommodeer.

Die luisterryke Magaliesberg met sy bosveldklimaat bied ook drie self-onderhoudende fonteine en twaalf boorgate. 
Kontaknommer:082 826 5127
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site