By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

NACO Engineering

NACO Engineering in Stellenbosch is nie net algemene vervaardigers nie.  Dis mettertyd deur die eienaars ontwikkel tot ’n totale omvattende ingenieursfasiliteit.

Hulle bied ‘n volledige pakket, van raadgewende dienste, konsep-ontwikkeling, gedetailleerde rekenaar ondersteunde ontwerpe, vervaardiging en installasie tot onderhoud van grootmaat hanteringstoerusting vir die myn- en water- bedryf. 

NACO het ook ‘n maatskappy in Namibië gestig wat sedert 2016 dieselfde topklas diens lewer in die waterbedryf.

Projekte word direk deur die eienaars gedryf met persoonlike aandag en gehalte werk. Kliënte kry 'n bekostigbare professionele benadering van integriteit, passie vir die werk en standvastigheid – m.a.w. langtermyn, gehalte diens. 

NACO Engineering – ‘n wye spektrum van kennis en vaardigheid in die vervaardigings-bedryf sowel as die hidro-meganiese bedryf in koolstofstaal en vlekvrye staal toepassings. 
Kontaknommer:021 883 8531
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site