By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Nel Tenke

Nel Tenke is ‘n familieonderneming wat 33 jaar gelede deur Martin Nel en sy vrou begin is. Hulle vervaardig watertenke en ander poliëtileenprodukte.

Buiten bogrondse en ondergrondse lae digtheid poliëtileen watertenke, vervaardig die Nels vloeibare kunsmistenke, chemiese tenke, fermentasietenke vir wyn en olywe, riooltenke, drinkkrippe vir vee, silo’s en ander doelgemaakte produkte vir klante in die landbou, industriële en huishoudelike marksektore.

Tenkgroottes wissel van 50 liter tot 15 000 liter en Nel Tenke gaan jou nooit hoog en droog laat nie. Na 33 jaar van voortreflike dienslewering en ‘n fokus op gehalte produkte, kan kliënte uitsien na ‘n positiewe koopervaring en gemoedsrus wanneer hulle met die Nel-familie sake doen.

Nel Tenke – Hulle is jou water bewaringsvennoot.
Kontaknommer:021 905 1395
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site