By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Pallet Supply Company

Pallet Supply Company in Blackheath, Kaapstad, vervaardig hoofsaaklik nuwe houtpallette en kratte vir topmaatskappye in die industriële- en landboumark. Hulle is ook een van die hoofspelers in die vervaardiging van palette vir die uitvoermark. 

Pallet Supply gebruik net Suid-Afrikaanse dennehout wat spesifiek aangeplant word vir gebruik in die meubel-, bou- en pallet industrieë.

Hulle vervaardig ook herwinde pallette met komponente van ou pallette. Komponente wat gebreek is, word versnipper en as brandstof gebruik in die oond vir die hittebehandeling van uitvoerpallette (volgens die internasionale ISPM15 standaard). Geen hout beland dus op ashope nie. Pallet Supply is een van die grootste verskaffers van tweedehandse pallette in die Weskaap.

Hulle herstel ook palette en maak hulle struktureel weer veilig. Pallet Supply Company se 30 jaar ervaring beteken uitstekende diens en betydse aflewerings volgens spesifikasie  – keer op keer.

Of jy pallette en kratte wil laat ontwerp volgens jou eie spesifikasies en of jy sakpas herwinde of gebruikte pallette soek – kontak Pallet Supply Company vir totale gemoedsrus en die beste waarde vir geld.
Kontaknommer:021 907 2300
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site