By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

PathfinderZA

PathfinderZA voorsien ‘n sensorsisteem wat ‘n indringer se pad na jou (of jou bates) uitwys, nog voordat hy van jou weet. Dis toepaslik vir vee- en wilddiefstal, mynstropery en groter probleme soos plaasaanvalle en moorde.

Die sisteem is oorspronklik ontwikkel vir militêre doeleindes om basisse op die gevegsfront te beveilig. Die sensors tel menslike voetstappe of voertuie binne 'n radius van 20m op. Die sensor herlei sy opgetelde aktiwiteit na 'n toring, vanwaar daar dan outomaties waarskuwings na jou rekenaar of selfoon gestuur word. Pathfinder sensors is 24 uur per dag aktief en is 'n minimum 2 jaar aktief op een battery.

Om suksesvol te wees het ’n kriminele aanval twee faktore nodig - die verrassingselement en beweegbaarheid. Pathfinder elimineer albei en maak dit moontlik om bedreigings vas te pen en te monitor lank voordat daar enige skade of beserings aangerig is. Die sensors gebruik ’n gepatenteerde radiofrekwensie-toestel om sy opgetelde aktiwiteite so vêr as 20 km na sy toring toe te stuur. Die opgetelde aktiwiteite kan ook gebruik word om kameras, radar en hommeltuie te aktiveer.

PathfinderZA – ’n bekostigbare, eenvoudige oplossing, om misdaad te keer voor dit gebeur.
Kontaknommer:0860 401 017 of SMS ‘Path’ na 47052
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site