By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Platz am Meer inkopiesentrum

Platz am Meer inkopiesentrum - die waterfront van Swakopmund - wat ook sopas die SACSC se Retail Design and Development Award vir beste Internasionale ontwikkeling losgeslaan het– het bietjie meer as ‘n jaar gelede hulle deure oopgemaak.

Hier is 70 winkels, waarvan 16 mode en skoonheid insluit. Checkers anker die sentrum tesame met verskeie winkels soos Dischem, Woolworths Foods, Cape Union Mart, Studio 88 en talle meer wat die eerste keer in Swakopmund oopgemaak het.

Bank Windhoek, Standard Bank asook FNB is deel van die inkopiesentrum en ‘Eight Plates Gym’ sorg vir gesonde afleiding.

Die promenade spog met 12 restaurante waarvan ‘Avairy Coffee Shop’ aangewys is deur FNB as die Café/Bistro van die jaar en ‘Bluegrass’ as die restaurant van die jaar. Die ontwikkeling spog ook met sonpanele wat krag voorsien, en glaspanele wat vars lug en lig inlaat, wat onnatuurlike lugversorging uitskakel.

Platz am Meer bied ook luukse woonstelle wat ’n uitstekende belleging hier op die strandfront is.

Platz am Meer – die nuwe Namibiese landmerk.
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site