By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Point 3

Point 3 Investment Solutions is die samesmelting van twee onafhanklike, privaatbesit maatskappye naamlik Point 3 Financial Solutions en Point 3 Investment Solutions, wat omvattende finansiële beplanning en beleggings-oplossings vir beide individuele en korporatiewe kliënte, en beleggers bied.

Point 3 het hulleself onderskei deur hulle omvattende diensaanbiedeing, kollektiewe kundigheid en blywende passie vir hulle kliënte. Vandag is hulle is een van die voorste onafhanklike finansiële advies en beleggingsbestuur-maatskappye in Suid-Afrika.

Omvattende finansiële beplanning deur Point 3 behels baie meer. Hulle doen finansiële behoefte-ontleding, aftrede kontantvloei-analise, persoonlike en besigheidsversekering, boedelbeplanning en testamente, gesondheidsorgvoordele, aandelemakelary fasilitering, kontantbestuur, werknemersvoordele, asook belasting-, aftrede- en beleggingsbeplanning en advies.

Point 3 Investment Solutions, het 'n vennootskap met Boutique Collective Investments of BCI om hulle derdeparty naamvennote vir die bestuur van hulle beleggingsfondse te wees. BCI bied 'n kwantitatiewe en kwalitatiewe navorsingsmetodologie, sowel as 'n administratiewe fondsplatform vir Piont 3. 

Die beleggings-oplossings voorgestel deur "Fund of Funds" is teiken-opbrengs gedryf om aan die behoeftes van die kliënte te voldoen. “Fund of Funds” bied meer administratiewe en belastingdoeltreffende oplossings teen mededingende fooie.

Point 3 Investment Solutions - omvattende finansiële beplanning- en beleggingsoplossings vir beide individuele en korporatiewe kliënte. 'n Betroubare vennoot, op jou reis na finansiële vryheid.
Kontaknommer:012 346 4111
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site