By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Randfontein Metal Exchange

Randfontein Metal Exchange op Randfontein vorm deel van die Roodepoort Metal Exchange Groep van maatskappye. Die hooftak, Roodepoort Metal Exchange, is in 1963 gestig en daar is tans 4 takke in die groep. Randfontein het in 2006 geopen en volgehoue groei ervaar sodat daar in 2010 van perseel verwissel is. Die besigheid het so uitgebrei dat hulle die naburige perseel ook aangeskaf het. 

Die Groep is staalhandelaars wat staal en staal-verwante hardeware aan die publiek, kontrakteurs en ander verwante industrie voorsien. Hulle voorsien ook B-Graad materiaal aan ‘n baie spesifieke mark.  
Hulle voertuigvloot waarborg snelle aflewering oor die groter Johannesburg, Ekhuruleni en Tshwane Metropolitaanse areas, die verre Wes-Rand en omliggende gebiede. 

Die Groep stel die behoeftes van hulle kliente voorop en het sinoniem geword met vinnige, vriendelike en doeltreffende diens.
Kontaknommer:011 412 3961
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site